300WM punte en scope
- Hennie Oelofse
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm
300WM punte en scope
Goeie dag manne,
Ek het n nuwe 300WM op pad en beginne nou kyk na scopes en jag punte, ek is opsoek na n bietjie raad omdat ek nie veel kennis van die 300WM het nie.
Ek wil die geweer gebruik vir langer afstand jag, maar ook vir die bosveld so nou en dan. Ek het daarom gedink dat n swaarder punt dalk die oplossing sal wees. My geweer het n 1/10 twist.
Is daar dalk iemand wat ondervinding het met die 200gr krieg LRH. Ek dink dis n punt wat moontlik kan werk vir bos en vlaktes. Ek vermoed dat die monos ook bietjie minder vleis skade sal maak.
Dan wil ek ook net hoor oor scopes, ek gaan die geweer vir jag gebruik so ek het daaraan gedink om n 4-16 scope te kry wat goed sal werk vir bos en vlakte.
Enige raad sal waardeer word.
Groete,
Hennie

CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13513
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 300WM punte en scope
Jy gaan ongelukkig sukkel om n LR 300wm suksesvol in die bosveld te gebruik tensy jy verder skote in die bosveld wil vat, daai 200LRH koele van Johan werk lekker maar dis nie uit en uit n LR koel in die sin van die woord nie, tot op 500m sal ek hul nog gemaklik skiet uit n 300WM maar as jy n BWB of Koedoe met daai koel uit n 300WM op 85m in die bos skiet gaan dit maar nog n snotterige spul wees, gaan natuurlik werk soos hy moet maar jy gaan nie met al 2 voor blaaie weg stap nie.
Jy het mos n 9.3 en 7mm vir die bos so stel daai 300WM op om tot sy reg te kom, 208gr ELD bo op n vol dop N560 en sit n lekker scope op.
Jou budget gaan maar n taamlike groot rol met jou scope speel en dan natuurlik moet jy seker maak die scope kan darem stel tot waar jy wil skiet, ek geniet Leupold scopes die laaste tyd en daar is n magdom wat by meeste budgets sal in pas

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300WM punte en scope
Ek jag met Barnes 150gr koeëls teen 2860vps en vleisskade is aanvaarbaar met lyfskote. 'n 200gr koeël teen soortgelyke spoed gaan nie sommer meer skade aanrig nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13513
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 300WM punte en scope
Oom al met Johan se 200gr LRH koele gejag?tripodmvr wrote: Wed Aug 21, 2024 9:48 am Ek jag met Barnes 150gr koeëls teen 2860vps en vleisskade is aanvaarbaar met lyfskote. 'n 200gr koeël teen soortgelyke spoed gaan nie sommer meer skade aanrig nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300WM punte en scope
Nog nie, maar het hulle 'n plofkop wat ekstra vleisskade gaan maak?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
300WM punte en scope
Ek jag met hulle in my 300wsm. Loop mooi en skade is wat jy van n mono sou verwag. Ek skiet hulle teen 2730-2750fps avg.
Eland koei op 25m geskiet en skade was min gewees. Foto’s is hier iewers op die forum.

- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: 300WM punte en scope
Naand Hennie
My 180, 190 of 200gr LRH'e behoort goed te werk. Ek forseer natuurlik niemand om my koëels te gebruik nie. Dit moet jou eie besluit wees. Die LRH is, soos Cappie tereg sê, nie 'n ware LR jag koëel nie, maar met die verandering in ontwerp wen jy in meeste kombinasies 50 na 150m bruikbare jag afstand oor my oorspronklike ontwerpe in dieselfde gewig klas.
Wat ek wel met Cappie verskil is die uitsonderlike baie vleis skade wat jy sal ondervind met my koëels. Cappie, het jy dalk voorbeelde vir my?
'n Koëel van my wat wel ontwerp is om uitsonderlik baie skade te maak is die Havoc. Dis 'n brass koëel wat die punt heeltemal laat opbreek en die skag dan dieper penetreer. Ek stel hom gewoonlik ook nie voor vir jag nie, maar meerendeels ongedierte beheer. Daar is wel mense wat met hulle jag ook.
Sent from my BV8900 using Tapatalk

Johan, ek het nie regtig bedoel dat dit net jou koels is nie maar dat iets soos n 200gr Mono uit n 300WM op 85m nie enige vleis skade gaan veroorsaak as jy n groot been slaan nie is n miete.Aceofspades wrote: Wed Aug 21, 2024 11:38 pm Naand Hennie
My 180, 190 of 200gr LRH'e behoort goed te werk. Ek forseer natuurlik niemand om my koëels te gebruik nie. Dit moet jou eie besluit wees. Die LRH is, soos Cappie tereg sê, nie 'n ware LR jag koëel nie, maar met die verandering in ontwerp wen jy in meeste kombinasies 50 na 150m bruikbare jag afstand oor my oorspronklike ontwerpe in dieselfde gewig klas.
Wat ek wel met Cappie verskil is die uitsonderlike baie vleis skade wat jy sal ondervind met my koëels. Cappie, het jy dalk voorbeelde vir my?
'n Koëel van my wat wel ontwerp is om uitsonderlik baie skade te maak is die Havoc. Dis 'n brass koëel wat die punt heeltemal laat opbreek en die skag dan dieper penetreer. Ek stel hom gewoonlik ook nie voor vir jag nie, maar meerendeels ongedierte beheer. Daar is wel mense wat met hulle jag ook.
Sent from my BV8900 using Tapatalk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: 300WM punte en scope
Ek het verstaan soos dit geskryf is. Maar dit daar gelaat, jy het dit anders bedoel.
Enige been wat jy tref is 'n veranderlike. En met meeste gevalle gaan daar meer vleis skade wees, maak nie saak of dit 'n 40gr koëel of 'n 725gr koëel is nie. Maar gaan die koëel steeds diep genoeg penetreer om organe te kan beskadig? Want dis wat ons eintlik wil doen.
Sent from my BV8900 using Tapatalk
Enige been wat jy tref is 'n veranderlike. En met meeste gevalle gaan daar meer vleis skade wees, maak nie saak of dit 'n 40gr koëel of 'n 725gr koëel is nie. Maar gaan die koëel steeds diep genoeg penetreer om organe te kan beskadig? Want dis wat ons eintlik wil doen.
Sent from my BV8900 using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300WM punte en scope
Kappetijn, ek is met jou oor die been tref. Ek het verlede week 'n rooibokooi 'n hoë nekskoot probeer gee, maar dit was toe net onder die oor. Die Barnes het ongelooflike skade met die uitgaan gemaak. Helfte van die kop omtrent verwyder.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: 300WM punte en scope
Lank terug, toe ons nog blikkies kos by mekaar gemaak het, was die buzz word "fluent shock wave", en dink nou weer daar aan met die.tripodmvr wrote:Kappetijn, ek is met jou oor die been tref. Ek het verlede week 'n rooibokooi 'n hoë nekskoot probeer gee, maar dit was toe net onder die oor. Die Barnes het ongelooflike skade met die uitgaan gemaak. Helfte van die kop omtrent verwyder.
.....so het n rooibok of twee al n kop skoot gekry met n 140gr Sierra GK teen so amper 2900fps, op bosveld afstand. Die skade was baie minder as wat ek verwag het, met so n een rand grote gat by die uit gang. Op n ander geleentheid het n ou met n 6.5neeedmore so jong sopkop rooibok ram ook met n Sierra in die kop gepiets en die skade was woes.
Daarinteen het my 270 gehou van VRG4's maar daai eerste koeëls het na my mening nie baie mooi oop gemaak nie, en vleis skade was aan die min kant.
Nou as n ou been tref met n goeie mono, wat mooi oop maak gan daar besmoontlik vleis skade wees.
Ek gee eerder 2kg (dalk 4kg) se vleis vir die honde as wat ek na n bok moet soek.....net my 1/2c
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan