Afkook van Eland bene resep asb

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2591
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Afkook van Eland bene resep asb

Post by JohanvB »

Kan iemand my asb resep gee vir afkook van Eland bene vir pastei maak.

Dankie
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Supacow »

Meng n warm vuur met n groot pot en sit n knippie geduld by. Vingerlek lekker.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2941
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Lategan1 »

Ek volg saam vir kundige insette…

Volgens wat ek plaasmanier onthou, knippie sout en klein doppie asyn in die kookpot saam met water. Dit maak die wildsvleis mak.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by sako 30-06 »

Ek gooi altyd, sout, peper,paprika, knoffel, koriander, uie, wortel, selery en n bietjie asyn of worcester sous in.
So dis basies n bees aftreksel resep, dit gee die vleis n baie beter smaak en die voordeel is die water (aftreksel) word dan nie weg gegooi nie maar kan gebruik word in souse ens. Die aftreksel met n bietjie koekmeel of bisto maak n lekker gravy.

Vir pastei, haal jy die vleis van die bene af, dis nou as dit nie afgekook het nie. Braai dit vinnig in n pan met n bietjie botter of beesvet om die vleis net so bietjie kleur te gee, gooi bietjie aftreksel by met bisto tot die sous dik genoeg is volgens jou smaak. Sit dan die vulsel in jou deeg en jy het n pastei wat enige ''garage pie'' se gat sal skop.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by tripodmvr »

Lategan en Sako gee albei goeie raad. Die speserye trou dan mooi met die vleis en smaak beter as om dit later by te voeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1346
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Toxxyc »

Die lekkerste wat ek al gemaak het, was 'n groot bak, maak vol vleisbene, gooi genoeg karringmelk (cultured buttermilk, nie amazi of maas nie) bo-oor om die vleis heeltemal toe te maak. Los oornag in die yskas.

Die volgende dag, was die vleisbene mooi af. Die vleis moenie meer van die karringmelk enige plek op he nie. Braai dan die vleis in 'n warm pot tot lekker donkerbruin. Warm. Hitte. Meneer Maillaird moet trots wees op jou. As jy dit stuk-stuk moet doen, doen dit.

Sodra alles reg is, gooi al die vleis terug, bedek met water en kook met sout tot sag. Net sout is belangrik, aangesien ander speserye jou pastei later sal beinvloed. As jy weet waarvoor jy gaan kan jy egter ander speserye byvoeg. Ek gooi gewoonlik uie, knoffel, seldery, wortels en rooiwyn by so binne die laaste 90 minute van die gekook, dan is alles lekker gemeng en sag teen uitskeptyd.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2941
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Lategan1 »

Die oorsprong van my onthou, was tweeleding.

Een soos reeds genoem, maar twee vir skoon vleis. Wildsvleis se bene met vleis aan is nie noodwendig so higienis nie. Die asyn & sout ontsmet darem so ietwat ook, behalwe vir vleis mak maak. Gooi die orige kookwater uit, nie vir hergebruik vir sous nie.

Ek persoonlik sal pot aan stoom kry, vuil water uitgooi en weer begin met water wat dan gebruik kan word vir die kosmaak. Ek dit so gedoen vir my redes, ek sê nie dit is die regte/beste manier nie. Goed moet skoon wees met geen vuilhande daaraan gevat nie.[bene val ook graag op die vloer]

Beste.
Last edited by Lategan1 on Fri Jul 04, 2025 7:07 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Jassie »

Lategan ek hou baie van hoe jy dink, veral as jy nie self gewerk het nie.

Met kook rondte nr. 1, kan jy sommer ook van die "trensies" wat baie vroeg in die kookproses opkom en bo dryf ook ontslae raak.

Ek hou ook van net sout en paar naeltjies vir die afkook proses. Dan kan jy daarna met hom maak wat jy wil soos jy die gevriesde fynvleis ontdooi.
Last edited by Jassie on Fri Jul 04, 2025 6:10 am, edited 1 time in total.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
ghriesman
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Mon Jun 05, 2023 2:27 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by ghriesman »

More manne, ja ek maak ook elke jaar fynvleis van die bene. Ek kook ook bene af in groot pot met bitji sout en asyn
Ek hou daarvan om smaak neutraal te hou. Die fynvleis gebruik ek dan in verskillende resepte. Gunstelinge is lasagna en dan "braai pie"
Vir die braai pie Kerrie ek hom met Heidelberg se Meat en Vegetable Curry.
Vulsel moenie te nat wees nie.
Ek maak sommer so 4 braai pies op n slag en vries dit.
Sy groote pas mooi in n toeknyp rooster.
Braai sommer van gevries af saam n vars groenslaai.
Dit is baie gewild...
Mooi dag

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk

ghriesman
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Mon Jun 05, 2023 2:27 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by ghriesman »

More manne, ja ek maak ook elke jaar fynvleis van die bene. Ek kook ook bene af in groot pot met bitji sout en asyn
Ek hou daarvan om smaak neutraal te hou. Die fynvleis gebruik ek dan in verskillende resepte. Gunstelinge is lasagna en dan "braai pie"
Vir die braai pie Kerrie ek hom met Heidelberg se Meat en Vegetable Curry.
Vulsel moenie te nat wees nie.
Ek maak sommer so 4 braai pies op n slag en vries dit.
Sy groote pas mooi in n toeknyp rooster.
Braai sommer van gevries af saam n vars groenslaai.
Dit is baie gewild...
Mooi dagImage

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk

ghriesman
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Mon Jun 05, 2023 2:27 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by ghriesman »

More manne, ja ek maak ook elke jaar fynvleis van die bene. Ek kook ook bene af in groot pot met bitji sout en asyn
Ek hou daarvan om smaak neutraal te hou. Die fynvleis gebruik ek dan in verskillende resepte. Gunstelinge is lasagna en dan "braai pie"
Vir die braai pie Kerrie ek hom met Heidelberg se Meat en Vegetable Curry.
Vulsel moenie te nat wees nie.
Ek maak sommer so 4 braai pies op n slag en vries dit.
Sy groote pas mooi in n toeknyp rooster.
Braai sommer van gevries af saam n vars groenslaai.
Dit is baie gewild...
Mooi dagImage

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2137
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Ds J »

Enkele gedagtes:

- Hou die bene redelik heel (moeilik met eland), ander is die vleis vol fyn beentjies
- kook BAIE STADIG teen 'n lae temperatuur (120° vir 8 ure)
- wildsvleis se senings krimp en word taai as dit te vinnig verhit
- 'n prutpot (slow cooker) werk goed
- wildsvleis werk saam met vrugte-smake
- gebruik suiwel (Karringmelk soos hierbo genoem, maar jogurt, maas, suur melk ens werk ook) om die wilde smaak weg te kry
- bietjie wyn werk ook saam met die mengsel
- versigtig met donker kruie soos naeltjies, anys ens - dit maak die vleis bedompig; gebruik eerder groen kruie soos tiemie, roosmaryn ens
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by jdpretorius »

My eerste try met eland het lekker uit gekom, en proe vir my baie naaby aan bees... maar luister saam by die draadloos.

Ek't bietjie pork belly in klein blokkies gesny en eers saam met uie & 6gun gebraai, voor ek die eland bene by gegooi het. Bietjie vetterige bees kan dalk nog beter werk.



Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Ockert1992 »

Wild en varkspek loop mooi saam.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1346
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Afkook van Eland bene resep asb

Post by Toxxyc »

Ockert1992 wrote: Tue Jul 08, 2025 10:27 am Wild en varkspek loop mooi saam.
Kyk in my opinie is die meeste lekker kossoorte maar net soos 'n goeie man.

Daar moet so bietjie vark in hom wees.
Post Reply