Tyd vir geweerpermitte reël was min, so ons het sommer met sy gewere geskiet.
Vleispermit se aansoek was vinnig en pynloos, totdat Courier Guy my drop met die optel daarvan en dit nie betyds by my sou wees nie.
Ek bel toe vir Boetie Kirchner by SA Jagters en vra of hy en Vanessa my kan help om die permit betyds op te tel en te koerier na Upington. Weereens sou Courier Guy te stadig wees en kon my nie waarborg van 'n oornag diens nie. Netwerk Koeriers was ysters en het toe daarmee gehelp. Ons het Woensdag oggend 10h die permnit in Upington gekry na ons net na 4 uit Bloemfontein is.
Rietfontein grenspos was maklik en pynloos soos altyd. Maar met die bek-en klouseer in RSA, mag jy nie vleis, suiwelprodukte en eiers oorvat nie. Ek het wel 2 boksies laktose vrye melk vir my laaitie kon deurvat na ek dit verklaar het.
Oppad terug het hulle ook die een springbok se kop gekonfiskeer aan die Nam kant, al was daar skedels en horings op my invoerpermit aan die RSA kant. Hulle het iets gemompel van "special permit" toe sit ek die effens bloederige kop op haar lessenaar neer en stap eerder uit
Heelpad vanaf Griekwastad tot by die plaas kan mens sien die Kalahari het fantastiese reën gekry. Op die plaas self, die meeste in 20 jaar. Die veld is geil van die gras, en die skape rol omtrent van die duine af, so vet is hulle.
Donderdag-oggend skiet Lila en die kinders gou elkeen 'n skoot om te kyk hoe die .223 die kinders pas en die 7mm Tombi vir Lila werk. Met my aankoms-aggressie die Woensdag aand het ek eerder die rondte uitgesit en met die verkyker gejag
Maar 200m op 'n 3" gong was maar redelik straight forward en was daar geen doppies gemors nie.


Daar was 'n spesefieke ou gemsbok bul wat moes plek maak vir 'n jonger een, en hy was toevallig 'n goue bul, in die "royal face" variasie.
Lila kry 'n skoot seker op so 280m en skiet hom in die kop met die 7mm Tombi / 180gr ELDM kombinasie.

Video: https://imgur.com/e1jIH9q
Jolene kry kans met die .223 en skiet 'n springbok ooi. Haar eerste geweerbok na sy nog net met die kruisboog bokke geskiet het al.

Video: https://imgur.com/E48gS4m
Na nog so ent se kuier-kuier waters om ry kry EJ 'n kans op 'n bok.


Die volgende dag ry ons 'n draai en kry ek ook kans met die .223 op 2 bokke.
Die ou stomp horing ram het 'n groot vergroeisel in sy buikholte gehad toe word hy rantsoen vleis, en ek skiet toe nog 'n groot ram, maar neem nie foto nie.

Die Kalahari het maar net 'n bekoring aan hom, en moet so 'n ervaring op elkeen se bucket list wees!



