Page 1 of 1

Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 9:52 am
by Geno
Ons sou verledemaand ons jaarlikse boogjag hou, maar die ander lede van ons groep is saaiboere en kon nie betyds klaar stroop om te kan saamgaan nie. Ons kanselleer toe die boogjag, en ek reel toe 'n kuier by 'n groot pel van my naby Koës met die idee om 'n draai te ry met 'n roer tussen die kuier deur.
Tyd vir geweerpermitte reël was min, so ons het sommer met sy gewere geskiet.
Vleispermit se aansoek was vinnig en pynloos, totdat Courier Guy my drop met die optel daarvan en dit nie betyds by my sou wees nie.
Ek bel toe vir Boetie Kirchner by SA Jagters en vra of hy en Vanessa my kan help om die permit betyds op te tel en te koerier na Upington. Weereens sou Courier Guy te stadig wees en kon my nie waarborg van 'n oornag diens nie. Netwerk Koeriers was ysters en het toe daarmee gehelp. Ons het Woensdag oggend 10h die permnit in Upington gekry na ons net na 4 uit Bloemfontein is.

Rietfontein grenspos was maklik en pynloos soos altyd. Maar met die bek-en klouseer in RSA, mag jy nie vleis, suiwelprodukte en eiers oorvat nie. Ek het wel 2 boksies laktose vrye melk vir my laaitie kon deurvat na ek dit verklaar het.

Oppad terug het hulle ook die een springbok se kop gekonfiskeer aan die Nam kant, al was daar skedels en horings op my invoerpermit aan die RSA kant. Hulle het iets gemompel van "special permit" toe sit ek die effens bloederige kop op haar lessenaar neer en stap eerder uit

Heelpad vanaf Griekwastad tot by die plaas kan mens sien die Kalahari het fantastiese reën gekry. Op die plaas self, die meeste in 20 jaar. Die veld is geil van die gras, en die skape rol omtrent van die duine af, so vet is hulle.

Donderdag-oggend skiet Lila en die kinders gou elkeen 'n skoot om te kyk hoe die .223 die kinders pas en die 7mm Tombi vir Lila werk. Met my aankoms-aggressie die Woensdag aand het ek eerder die rondte uitgesit en met die verkyker gejag :laugh:
Maar 200m op 'n 3" gong was maar redelik straight forward en was daar geen doppies gemors nie.

Image

Image

Daar was 'n spesefieke ou gemsbok bul wat moes plek maak vir 'n jonger een, en hy was toevallig 'n goue bul, in die "royal face" variasie.
Lila kry 'n skoot seker op so 280m en skiet hom in die kop met die 7mm Tombi / 180gr ELDM kombinasie.

Image

Video: https://imgur.com/e1jIH9q

Jolene kry kans met die .223 en skiet 'n springbok ooi. Haar eerste geweerbok na sy nog net met die kruisboog bokke geskiet het al.

Image

Video: https://imgur.com/E48gS4m

Na nog so ent se kuier-kuier waters om ry kry EJ 'n kans op 'n bok.

Image

Image

Die volgende dag ry ons 'n draai en kry ek ook kans met die .223 op 2 bokke.
Die ou stomp horing ram het 'n groot vergroeisel in sy buikholte gehad toe word hy rantsoen vleis, en ek skiet toe nog 'n groot ram, maar neem nie foto nie.

Image

Die Kalahari het maar net 'n bekoring aan hom, en moet so 'n ervaring op elkeen se bucket list wees!

Image

Image

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 11:13 am
by JohanvB
Mooi!!

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 2:05 pm
by sako 30-06
Damn, dit lyk nou lekker.
Mooi bokke, hulle lyk sommer lekker vet.

Kopskoot op 280m, WOW.

Kalahari jag is verseker nog op my bucketlist

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 2:16 pm
by J le Roux
Baie geluk, lekker tye so saam met 'n man se gesin.

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 3:07 pm
by Riaan Kriel
Lekker man lekker... Dit is nou spesiale tye met lewenslange herinneringe wat gemaak word in die rooi sandduine.

Dankie vir die deel!!

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 3:54 pm
by ruaanb
Lekker Geno Ek en my bul was self bevoorreg om n paar dae in die Kalahari te kan spandeer aan die SA kant. Dit is maar net n ander mooi!

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 4:22 pm
by JF123
Ek sien julle jag lekker met die .223. Wat is die grootste bok wat mens gemaklik kan neertrek met die kaliber?

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 4:37 pm
by Geno
JF123 wrote: Mon Jul 14, 2025 4:22 pm Ek sien julle jag lekker met die .223. Wat is die grootste bok wat mens gemaklik kan neertrek met die kaliber?
Daardie .223 met die 55gr Nosler Ballistic Tips het al groot eland bulle platgeskiet. Maar dis 'n baie, baie ervare skut...

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 4:49 pm
by partner
Dankies vir Mooi Fotos en Storie.

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 14, 2025 5:33 pm
by Frederik
Mooi baie netjies spesiale plek.

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Tue Jul 15, 2025 8:42 am
by Capt. Yoda
Lekker mater, julle het n paar mooi bokke gejag

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Tue Jul 15, 2025 9:50 am
by Gian_dP
Sjoe, sommer jaloers! Mens besef fotos kan nie die absolute wonder van so plek oordra nie. Ek was baie lanklaas in die Kalahari , maar is genooi om begin Augustus in Namibia te gaan jag. Sien nou ekstra baie uit!

Geluk met die mooi bokke!

Ek sal graag daai gesig wou sien toe jy die kop daar los!

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Wed Jul 16, 2025 1:44 pm
by Hansieslim
Wow!! Lyk seskantig lekker daar.

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Thu Jul 17, 2025 9:27 am
by Wouter Roets
Lekker Geno

Was self daar in Mei maand en ek moet bieg dis die mooiste wat ek Nam nog gesien het in meer as 25 jaar. Hemel op aarde!

Groetnis
Wout

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Thu Jul 17, 2025 10:00 am
by Lategan1
Baie lekker, mooi en welgedaan Gino.

Ek was self so 20 jaar gelede op ‘n jag in Karasburg distrik.
Boer en sy seun skiet alles en beide met ‘n .223Rem vanuit voorste plekke oor ‘n ordentlike geboude rus. So 23 000ha in die klip Kalahari - kwes is nie ‘n opsie nie. Hulle afstande geskiet was wel nie wyd nie, alles tot Eland. Baie van julle sal die plaas ken.

Beste.

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Sat Jul 19, 2025 2:58 pm
by Flip Fouche
Lekker Geno

Was baie lekker om julle nog daar te kon kry.
Wat 'n besondere plek om springbok en gemsbok in die rooi duine van Nam te kan jag. Die Engels broers maak dit altyd baie lekker.
Stem saam met Wouter " die mooiste nog in 25 jaar"

Groete

Flip

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 21, 2025 8:07 am
by Geno
Oom Flip, ja dit was 'n aangename verassing! Ek is bly die laaities het ook lekker gejag. Die manne skiet mooi!

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Mon Jul 21, 2025 5:36 pm
by Chevvy SS
Lekker Geno!
Die Kalahari het 'n bekoring van sy eie...

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Tue Jul 22, 2025 4:37 pm
by KalahariKlong
Paar mooi bokke in die mooiste Kalahari. Baie geluk.

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Wed Jul 23, 2025 7:52 am
by tau
Wie is daai maer mannetjie tussen jou en jou vrou in die foto Geno?

Ag lekker man jammer ons het mekaar met dae gemis. Die Kalahari en Namibië is vanjaar extra mooi.

Ek het student saam geneem Koës toe vanjaar en hy is jag mal. EK sê hom hy moet daai man met die groen Uri gaan vra hoeveel bokke sy Pa al geskiet ..... die engelsman het nie gedink 53000 Springbokke sou die antwoord wees nie:)

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Wed Jul 23, 2025 8:14 am
by Geno
tau wrote: Wed Jul 23, 2025 7:52 am Ek het student saam geneem Koës toe vanjaar en hy is jag mal. EK sê hom hy moet daai man met die groen Uri gaan vra hoeveel bokke sy Pa al geskiet ..... die engelsman het nie gedink 53000 Springbokke sou die antwoord wees nie:)
Ja daar gaan nie gou iemand wees wat kan kers vashou by Oom Johan se nommers nie!

Re: Vinnige Namibie jagtrip

Posted: Thu Jul 24, 2025 9:54 am
by Ben Remington
Goeie môre...

Dis besonders mooi.

Groetnis