Page 1 of 1
My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 1:10 pm
by Kallie Fernhout
Ek deel sommer die graag met julle.
Net so bietjie agtergrond. Ek jag al van n baie jong ouderdom en al van standard 7 in my tyd het ons nog van standards gepraat het ek gereeld saam my oom se oesspan gaan springbok uitskiet vir slaghuise en die uitvoer mark. Vandag 20 jaar later het ek seker al los oor n 1000 springbokke geskiet waarvan 95% hier in Suid-Afrika se karoo en kalahari was. Ek het ook al n paar keur in Koës in Namibie se kalahri gaan jag. Lang storie kort deur al die jare het n regte groot springbok ram my nog altyd onduik hoe weet ek nie.
So is ons vir n 3 weke vakansie nou in die mooie Namibie weereens gewees en kuier vinnig vir 4 dae by vêrlangs familie weer in Namibie se kalahari. Ry gou een middag waters om in hul wildkamp en die eienaar vra of ek nie n springer wil stamp vir die arbeiders vir n naweek vleisie nie.
Na meer as 20 jaar se springbok skiet en los oor n 1000 later skiet ek ook n ordentlike ram. 35kg Karkas aan die hak so groot soos n skaap.
Hier is hy, dit was nou vir my n groot voorreg.
Mooi Loop
WhatsApp Image 2025-07-22 at 12.37.17.jpeg
WhatsApp Image 2025-07-22 at 12.37.18.jpeg
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 1:19 pm
by henried
Wow, dis 'n bus.
Baie geluk.
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 1:49 pm
by Capt. Yoda
Baie mooi bok Kallie, baie geluk!
Dis is ook nog een regte mooi trofee wat ek op soek is na
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 2:17 pm
by Frederik
Baie netjies geluk het jy al daardie horings gemeet lyk of jy naby 15" gaan kom?
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 2:36 pm
by win270
Baie geluk, Kallie!!! Afstand, Kaliber, Ammunisie? Altyd interessant om te hoor wat gebruik die manne.
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 2:58 pm
by JohanvB
Mooi man!!
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 4:33 pm
by partner
Daai Nou n Mooi Sprinbok Ram. Baie Geluk.
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 4:37 pm
by KalahariKlong
Baie mooi ram, geluk.
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 4:58 pm
by Arnold
Baie geluk! Regtig 'n mooi bok daardie!
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 7:46 pm
by Gian_dP
Baie geluk! Pragtige bok daai
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 7:54 pm
by Lategan1
Sjoe , pragtig.
Beste.
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Tue Jul 22, 2025 7:59 pm
by Ockert1992
Netjies Kallie! Baie mooi ram!
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Wed Jul 23, 2025 7:45 am
by tau
Baie geluk Kallie
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Wed Jul 23, 2025 8:12 am
by Wouter Roets
Geluk Kallie met n pragram!
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Wed Jul 23, 2025 9:40 am
by ruaanb
Genade baie geluk Kallie!
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Wed Jul 23, 2025 10:14 am
by Geno
Baie mooi Kallie! Geluk Mater!
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Wed Jul 23, 2025 10:36 am
by sako 30-06
Monster springbok, baie geluk.
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Wed Jul 23, 2025 1:02 pm
by Kallie Fernhout
win270 wrote: Tue Jul 22, 2025 2:36 pm
Baie geluk, Kallie!!! Afstand, Kaliber, Ammunisie? Altyd interessant om te hoor wat gebruik die manne.
Win 270 hierdie is eintlik n storie op sy eie. Aangesien ons eintlik gaan vakansie hou het, het ek nie n geweer saam gevlieg nie en was ook nie lus om met die ding vir 3 weke rond te toer vir moontlik een of twee skote nie.
So klim ons die oggend in die cruiser om bietjie rond te ry en soos die boere maar daar werk daar is altyd n werks geweer in die bakkie vir indien hul dalk n vlakvark deur die dag raak ry.
Die geweer waarmee ek geskiet het is die eienaar se geweer, dit is n werks geweer soos ek nog nooit gesien het nie. Die aksie is Musgrave action/ Lyttelton RSA en loop. Die loop is so din soos spaghetti met n verfblik van n silncer. Dit lyk amper of die silncer oor die loop gepress is so min clearance daar tussen die loop en die silncer is. Daar is niks meer blue op die geweer nie hy het so rooibos tee bruin kleur van seker maar roes en bloed en sweet. Opdie geweer is daar n vaste vergroting scmidt&bender as ek reg onthou was dit iets soos n 8 x56 met n bitter lekker din kruis en n dot in die middel. Daar was maar min plekker op daai scope wat jy nog swart kon sien hy was al meer blink geskuur en gestamp as wat daar swart oor is. Die kaliber is n 243. Sneller was vir my maar swaar gevoel of jy hom met n Cruiser moet aftrek.
So vra ek die einaar hoeveel skote het hy deur die geweer. Hy sê vir my hy weet nie al wat hy vir my kan sê hy het die geweer by sy pa gekry en daarna het hy al 6000 vlakvarke die laaste 20+ jaar met hom geskiet. Ek vra toe wanneer laas hy die geweer skoon gemaak het wat hy toe noem nog nooit. My raad was dat hy dit ook nooit moet doen nie anders is dit verby, Haha.
Elkgeval bokkie was naby het so op 130m gestaan, daar waar ek gemik het het die geweer geskiet. Hy skiet net 85gn bruinboks Pmp wat hy koop van die inkomste wat hy maak uit die verkoop van die vlakvarke.
Nooit in my lewe sou ek kon raai dat n 243 6000 skote kan skiet nie en dan nog op 130m skiet presies waar jy mik nie.
Re: My Groot sprinbok ram
Posted: Wed Jul 23, 2025 1:40 pm
by win270
Mooi storie, Kallie!!! Hoop jy het foto geneem van daardie geweer!!
