Roep klanke...

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Roep klanke...

Post by Cobus(Cobb) »

Ter interesantheid wil ek weet wie neem die klanke op wat gebruik word in die roep toerusting.Waar kom die name vir die klanke vandaan.?
Wie "ontwikkel" 'n nuwe klank of hoe word die klank "uitgedink" en beproef?

Ek luister graag

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Roep klanke...

Post by Ponkie »

Cobb

Die voltydse jagters soos Oom Hein,Taffie en Jason neem baie van die klanke self op. Kombineer 'n 5sek van een klank met 5sek van 'n ander klank. Hulle ruil BAIE klanke onder mekaar uit waarvan meeste van ons nie eers weet nie.

Weet Jason en Oom Louis werk tans aan 'n nuwe CD klanke. Elke jagter het maar sy eie unieke benaming.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Roep klanke...

Post by Cobus(Cobb) »

mmm, interessant, dankie Ponkie
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Roep klanke...

Post by Arno Pienaar »

Middag manne.        Ek wil net by julle hoor ek het by n proffesor van stelenboch papiere gekry oor jakkals jag en op daardie papiere praat hy baie van n rondloper teef klank ek het hom gevra op wiese cd is daardie klank maar hy kan my toe nie andwoord nie maar as een van julle weet laat weet my asb
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: Roep klanke...

Post by jeep »

Pienaar
Sal self van daai en wil weet .
Ek dink so by my self dat daai klankie nogal die manne regop sal laat sit
JEEP
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Roep klanke...

Post by Boertjie »

Jeep en ander

Hoe sal julle se, jakals huil, is dit n teef of n reun?

Boertjie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roep klanke...

Post by Louis102 »

Ponkie wrote: ... Weet Jason en Oom Louis werk tans aan 'n nuwe CD klanke ...
Aitsa Ponkie, lyk my jy is ingelig?  Nee, dis geen geheim dat ek 'n geruime tyd reeds klankies opneem, meng en toets nie.  Sommer 'n stokperdjie, wat ek baie geniet en omdat dit vir my interessant is.  Ek het van die goed begin toets en gevind dat ek nogal sukses met van die klanke het.  Dog toe ek sal dit vir 'n paar "pro's" gee om te toets, met die idee dat ek wil uitvind wat (in die bestaande roepklanke en nuwe opnames) dit is, wat die rooies "tickel".  Hoekom werk sekere klanke beter as ander?

Ek het toe navraag gekry om 'n paar praatjies oor ongedietes te lewer en selfs 'n kursus of twee aan te bied en dit het gelei tot die gedagte dat ek dalk so paar klanke wat vir my werk saam met die kursus kan uitdeel.  Ek was ook nog altyd bereid om ander te help om hulle opnames "skoon te maak" en te "edit".  Jason is een van die manne wat my gevra het om te help (ek dink ek het 3 klanke vir hom skoongemaak).  Blykbaar het hy nog ander klanke opgeneem wat baie goed is, maar dit het ek nog nie gesien nie.

Alhoewel ek vir persoonlike gebruik bestaande klanke vermeng het en sulke klanke vir van die "pro's" gegee het om te toets, is dit nie vir die algemene mark of om te verkoop, beskikbaar nie.  Om eties redes sal my "kursus-CD" (as jy dit so wil noem) slegs oorspronklike roepklanke bevat.  Ek kan mos nie die vermenging / redigering van ander se klanke sonder toestemming, in die algemeen beskikbaar stel nie.  Dit sal mos nie reg wees nie?

Die bestaande klanke van Heinrich en Taffie is uitsekend en 'n paar van Tewis se klanke werk baie mooi.  Dis eintlik al wat 'n man nodig het, want dit is van die beste.  Wat ek probeer doen is om 'n paar alternatiewe vir bestaande klanke beskikbaar te maak, vir daar waar die bestaande klanke so bietjie "moeg" begin raak.

Vra maar, daar is geen "geheime" hierdie kant nie.

Mooiloop
Louis

Ns.  Ek het ook al agter gekom dat van die goed, soms die rooies wegjaag eerder as inroep, wees maar versigtig as jy van die beproefde we? afdwaal.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Roep klanke...

Post by Arno Pienaar »

Ek is bly daar is nog manne wat nuwe klanke uitbring en wat jakkals jag laat aangaan nuwe klanke laat rol maar altyd dai ou slim jakkalse
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Roep klanke...

Post by iceman1982 »

Louis102 wrote:


Ns.  Ek het ook al agter gekom dat van die goed, soms die rooies wegjaag eerder as inroep...

Ons luister...?
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Roep klanke...

Post by Rooies »

dit is, wat die rooies "tickel".

LOUIS

Solank sy n donkerkop het en mooi glimlag, "tickel" sy my> ;)


Groete daar op Kuduberg.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roep klanke...

Post by Louis102 »

Rooies wrote: Solank sy n donkerkop het en mooi glimlag, "tickel" sy my> ;)
Reds, jy's t? maklik, Afrikaanse Sokkie-treffers op die roeper en 'n aapsap en pannekoekie vir lokaas.  Dis jou dood, ek weet. 
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply