Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Ek is 'n aspirant jakkalsjagter in die Wes-Kaap en vind dit betreklik moeilik om inligting en hulp rondom die topic te kry. Waar klop ek aan vir leiding en riglyne. Is daar 'n plaaslike video of cd beskikbaar waar ek hulp kan kry. Ek het geduld, is nie bang vir koud kry, weet waar die voor- en agterkant van 'n geweer is en het nie 'n werklike probleem om 'n relatief klein teiken op 350m vanuit my skietstoel raak te skiet nie. Is daar hoop vir my en ander soos ek in jul geledere?
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! 
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Welkom Kopskoot 1WP
Jy is welkom om te kyk na http://www.jaracal.com en het ek ook 'n opleidings dvd en 'n roep cd beskikbaar. Die koste beloop R500-00 vir albei, posgeld ingesluit. e-pos my as jy sou belangstel. Jou probleem op die stadium is dat CapeNature vanaf 1 Jan 2009 nag jag waaronder roep val aan 'n permit koppel en ek weet nie wat die kreteria is waaraan jy sal moet voldoen om 'n permit te bekom nie. Jy het nie 'n permit nodig in die FS, Noord-Kaap en sover ek weet, in die Oos-Kaap nie. Jy sal die roep in die Weskaap in die dag kan doen sonder 'n permit, kyk gerus na die video onder die Members area. Jy is welkom om vrae te vra en ons sal dit so goed moontlik probeer antwoord. Hendrik van Rensburg by Safari and Outdoor te Stellenbosch is 'n ou jakkals jagter en sal jou ook van hulp kan wees.
Laat weet en sterkte vir 2009
Hein

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Kopskoot,met watter kaliber en telleskoop beplan jy om te jag?Optics is deesdae bitter baie geld.Om op 350m by te kom so ek reken gaan jou in die omgewing van R20 000 + kos.
johan
johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Hein, Johan, dankie vir jul terugvoering, Hein, ek is tans met verlof en werk met 'n laptop en selfoon om op internet te kom, maar ek sal die lyne optel tov die video en cd wat jy beskikbaar het. Dankie vir die verwelkoming ook. Ek neem kennis van die permit storie en sal sodra ek sien ek die roepery onder die knie het en die toerusting reg is, uitvind wat my te doen staan met die permit en wat dit behels.
Johan, ek beskik oor 'n aantal kalibers wat ek na gelang van die terrein en omstandighede beplan om te gebruik. Ek is versigtig met my volgende stelling want dit kan uit verband geruk en heelwat kritiek uitlok as dit nie in die regte konteks gesien word nie. My gunsteling is 'n betreklike ou BSA Hunter in 222Rem waarvoor ek self 'n kolf gebou en 'n blitsbrekertjie opgesit het. Met 'n klompie lood voor en agter in die kolf en 'n 6-24 Lynx, skiet ek baie lekker met hom en is dit my gunsteling springbok geweer as die wind nie waai nie. Met 55gr Hornady s/p is hy dodelik akkuraat, met feitlik geen recoil en ekonomies om mee te skiet. Ek het egter ook 'n 6mm PPC, Remington 700 in 243Win, 308, 30-06, 300WM & 35Whelen, maar die 222 of PPC (20X fixed) sal my algemene keuse en voorkeur wees.
KS 1 WP
Johan, ek beskik oor 'n aantal kalibers wat ek na gelang van die terrein en omstandighede beplan om te gebruik. Ek is versigtig met my volgende stelling want dit kan uit verband geruk en heelwat kritiek uitlok as dit nie in die regte konteks gesien word nie. My gunsteling is 'n betreklike ou BSA Hunter in 222Rem waarvoor ek self 'n kolf gebou en 'n blitsbrekertjie opgesit het. Met 'n klompie lood voor en agter in die kolf en 'n 6-24 Lynx, skiet ek baie lekker met hom en is dit my gunsteling springbok geweer as die wind nie waai nie. Met 55gr Hornady s/p is hy dodelik akkuraat, met feitlik geen recoil en ekonomies om mee te skiet. Ek het egter ook 'n 6mm PPC, Remington 700 in 243Win, 308, 30-06, 300WM & 35Whelen, maar die 222 of PPC (20X fixed) sal my algemene keuse en voorkeur wees.
KS 1 WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! 
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
KS
Jou arsenaal is goed vir jakkalse en/of katte. Ek weet nie of die teleskope die "target" kruishare in het nie. 'n Te fyn kruishaar kan weg raak in die nag veral as jy 'n rooi lig gebruik of met 'n dimmer op dof gestel. Die beste geweer bly ook maar die een waarin jy vertroue het. Die 222 is ook nie so erg op velskade, as jy die velle wil laat brei nie.
Groete
hein
Jou arsenaal is goed vir jakkalse en/of katte. Ek weet nie of die teleskope die "target" kruishare in het nie. 'n Te fyn kruishaar kan weg raak in die nag veral as jy 'n rooi lig gebruik of met 'n dimmer op dof gestel. Die beste geweer bly ook maar die een waarin jy vertroue het. Die 222 is ook nie so erg op velskade, as jy die velle wil laat brei nie.
Groete
hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Kopskoot,moet tog asb nie my skrywe as kritiek sien nie.Ek twyfel egter of jy 350m met veiligheid sal haal,ek reken eerder jy moet probeer om rondom 200-225m te bly.Die 222 BSA is dit die een waarvan die slot so moeilik uithaal?
n Ander beter opsie sou die REM 243 wees met 70gr Sierra Blitzking,of jy kan selfs die kamer laat uitruim na 243Ackley toe,die REM aksie is een van die beste op die mark.Maak kontak met Tafjak hy skiet met n 243Ackley,en boeta as daar n 350m roer is dan kan Taffie dit aan jou bevestig!!
Die 6mmppc weet ek is vreeslik akuraat,maar of dit n 350m roer is?????
Kopskoot het jy al redelik skote in die nag geskiet?nie noodwendig na jak of kat nie,rede waarom ek vrae,met die Lynx is enige vergroting groter as ontrent 13-14 onbruikbaar(die beeld is te donker in n vol skietlig,met n dimmer sal ek werklik nie vir ou jakkie sien nie)
My mening,laat Ackley jou 243,pas n knaldemper,gebruik 70grBlitzkings of 68grVmax.
Pas n telleskoop met n 30mm buis+ontrent12x vergroting en ten minste n50mm objektief.
En skiet dan die rook uit al die skaapvangers uit!!
n Ander beter opsie sou die REM 243 wees met 70gr Sierra Blitzking,of jy kan selfs die kamer laat uitruim na 243Ackley toe,die REM aksie is een van die beste op die mark.Maak kontak met Tafjak hy skiet met n 243Ackley,en boeta as daar n 350m roer is dan kan Taffie dit aan jou bevestig!!
Die 6mmppc weet ek is vreeslik akuraat,maar of dit n 350m roer is?????
Kopskoot het jy al redelik skote in die nag geskiet?nie noodwendig na jak of kat nie,rede waarom ek vrae,met die Lynx is enige vergroting groter as ontrent 13-14 onbruikbaar(die beeld is te donker in n vol skietlig,met n dimmer sal ek werklik nie vir ou jakkie sien nie)
My mening,laat Ackley jou 243,pas n knaldemper,gebruik 70grBlitzkings of 68grVmax.
Pas n telleskoop met n 30mm buis+ontrent12x vergroting en ten minste n50mm objektief.
En skiet dan die rook uit al die skaapvangers uit!!
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Hi Johan
Dankie vir jou insette, ja die BSA is die ou met die slot, maar ek het geleer, tilt die geweer 45? na onder, plaas druk op sneller, span die slot, maak toe en oop sonder om die druk op die sneller te verlig en siedaar, uit is hy.
Johan, ek dink ek gaan eers my tegniek en apparaat probeer op standaard kry en 'n paar van die skaapdiewe probeer uitoorl? alvorens ek na die Ackley opsie van die 243 gaan kyk, dalk kry ek die knape naby genoeg geroep dat ek nie so vreeslik wyd hoef te skiet nie, die 243 is nou die een geweer wat ek juis nie aan wou karring nie, behalwe vir die Leupold VX3 14X B/C, knaldemper en Harris 2-poot wat reeds op hom is nie, maar ek hou jou raad in my agterkop. Ek het al 'n keer of wat in die Karoo in die nag geskiet met 'n lig, en dan die target dot op die 222 se versterking afgedraai na so 12x, want jy is heeltemal reg, die kolletjie en fyn kruisdraadjies verdwyn maklik in die swakker lig, ek het nie baie ver hoef te korrel nie en glo dit was nie meer as 120-150m nie, onder die omstandighede is hy vir my aanvaarbaar, maar ek glo verder en met 'n adrenalien rush, gaan dit maar sukkel.
As mens 'n elektroniese koordlose caller gebruik, wat is die minimum afstand, as daar so iets is, wat die transmitter en receiver van mekaar moet wees. Ek is tans besig met 'n koordlose caller van my "eie" wat ek met 'n betreklik goedkoop koordlose mikrofoon, een van my kinders se oortollige walkman cd spelers, 'n klein 2watt selfbou klankversterker, 'n horingluidspreker en 'n ou UPS van 'n rekenaar, aanmekaar geflans het. Ek het die UPS se omhulsel gebruik om alles in te monteer, dit is lekker kompak en die bestaande 12v battery in die eenheid werk goed en is herlaaibaar. Ek kry gemaklik 35-40m voor die sein begin opbreek en dit het 'n redelike uitwerking op die straat se honde. Die besigheid is nog nie klaar nie en my twee dogters het aangebied om die eenheid te camo, maar na enkele minute is hul aandag eers weer afgelei, dalk kan hulle dit gedurende die vakansie klaar verf, ek sal dit graag op 'n stadium in die veld wil gaan toets. As die afstand te min is, oorweeg ek om die binnegoed van die goedkoop 2-rgting radios wat nou op die mark beskikbaar is te gebruik en aan te pas om binne dieselfde omhulsel te pas.
Is daar 'n maklike manier om 'n foto geplaas te kry, ek sal graag vir wat dit werd is, 'n foto van die halfvoltooide caller wou plaas sou iemand anders ook belang stel in so 'n projek, dit is veral die omhulsel wat baie gerieflik is, moontlik is daar iemand wie beter binnegoed het en dan kan ons gedagtes uitruil.

Lynx het my 6-24 se targetdot destyds vir n baie billike prys vervang met n deul-x,glo my dit werk baie beter in die nag.Tom Rogers het heengegaan,ek sien sy seun is nou die eienaar van Lynx SA.
Ek gebruik een van Tewis se callers,met sukses sonder probleme,het eenslag die antena gebreek,Tewis het dit onverwyld herstel.Dis een ding van Tewis hy is presies en stiptelik.
In die nag plaas ek die caller so 100m windop en in die dag partykeer verder.(kom ons kry een van die profesionele manne se sienning hieroor) Ek sou ook voorstel dat jy die radios gebruik,40m is te knap na my mening.
Wat die foto plasing betref is HEIN jou man.
Die meeste jagters wat ek ken begin ook maar met hul eie opgeboude callers en verbeter dit met die tyd,wat vir my egter van belang is, is dat 99.9% van hulle maar opeindig met of n TEWIS of n FOXPRO.
Dit is en bly altyd n uitdaging om mens se eie toerusting te maak en op te bou.Watse hout het jy vir die kolf gebruik?
johan
Lynx het my 6-24 se targetdot destyds vir n baie billike prys vervang met n deul-x,glo my dit werk baie beter in die nag.Tom Rogers het heengegaan,ek sien sy seun is nou die eienaar van Lynx SA.
Ek gebruik een van Tewis se callers,met sukses sonder probleme,het eenslag die antena gebreek,Tewis het dit onverwyld herstel.Dis een ding van Tewis hy is presies en stiptelik.
In die nag plaas ek die caller so 100m windop en in die dag partykeer verder.(kom ons kry een van die profesionele manne se sienning hieroor) Ek sou ook voorstel dat jy die radios gebruik,40m is te knap na my mening.
Wat die foto plasing betref is HEIN jou man.
Die meeste jagters wat ek ken begin ook maar met hul eie opgeboude callers en verbeter dit met die tyd,wat vir my egter van belang is, is dat 99.9% van hulle maar opeindig met of n TEWIS of n FOXPRO.
Dit is en bly altyd n uitdaging om mens se eie toerusting te maak en op te bou.Watse hout het jy vir die kolf gebruik?
johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Gelamineerde marine ply wat ek met waterbestande Alcolin skuimgom gelamineer het, dit was as 'n probeerslag en toe werk dit heel goed. Bietjie sag wat stampe en stote aanbetref, maar werk heel goed op beide die 30-06 en 222. Ek beplan om eersdaags 'n klompie okkerneut te lamineer en dan om 'n thumb- hole kolf te probeer maak. Vat maar lank want ek moet alles met die hand doen.
Groete
Kopskoot 1 WP
Groete
Kopskoot 1 WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! 
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
KS
Probeer asb vir ons n foto plaas van jou roeper en kolwe.
johan
Probeer asb vir ons n foto plaas van jou roeper en kolwe.
johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Geen probleem, Hein moet net laat weet hoe om die foto te plaas, want die tegnologie ontbreek my wat dit aanbetref.
Groete
Kopskoot 1 WP
Groete
Kopskoot 1 WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! 
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
KS
gaan na www.photobucket.com en open 'n rekening. Upload jou fotos daar, jy sal sien nadat jy dit opgelaai het is daar 'n direct link adres onder die foto. Copy dit past dit na die reply box nadat jy die insert image blokkie net onder die I gedruk het. Die adres moet tussen (img) (/img) staan. Op die wyse kry ons die fotos op die forum sonder om te veel memory te gebruik en die forum stadig maak.
Hoop om jou fotos te sien. Indien jy nie regkom nie kan jy dit vir my e-mail en ek sal dit vir jou opsit. Maak die fotos net kleiner asb. Click deur Ctrl in te hou op die fotos wat jy wil stuur. (dit select almal waarop jy click) Click nou links onder file and folder tasks "e-mail this file. Dan kom die keuse op "make all my pictures smaller of keep original size" click op eersgenoemde radio button en click ok. Outlook express maak dan oop en jy tik my adres daar in "hein at jaracal dot com".

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
GEEN KRETIEK SLEGS OPMERKING,,, MIN LIGTE KAN TOT OP 350 SKYN OM N KLEIN KOLLETJIE TE TREF....
EN EK VERKIES OM ROOIKATTE EN JAKKALSE SO NABY AS MOONTLIK TE SKIET....EK WEET NIE OF DIT IS DAT EK SWAK SKIET OF REDELIK ROEP NIE....(GRAPPIE)
EK DINK HEINRICH SAL KAN BEAAM DAT DIE GEMIDDELDE SKOOT OP JAKKALSE EN KATTE IN DIE OMGEWING VAN 150 METER IS.....EN EK HETAL EEN OP 40 METER GEMIS...OEPS OEPS OEPS....GELUKKIG IS DIE VRYSTAAT PLAT EN HET HY WEER OP 200 METER VINNIG GESTOP VIR OULAAS.....
EK WONNER OF DAAR NOG LEDE IS WAT AL JAKKALS KOORS GEKRY HET,, DAAI WAT AS DAAI JAKKALS INKOM JY BEGIN BEWE DAT JY HOOR HOE JOU SKOENVETERS TEEN JOU SKOENE KLAP SOOS JY BEWE....

Shoot straight and tell the truth!
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Meso
Hier in die isten cape kolonie is nie tyd vir bewe nie,jy moet lood gooi boeta!
En soos Tafjak gese het July-siekte help nie meer om die jakkals getalle te beheer nie
johan
Hier in die isten cape kolonie is nie tyd vir bewe nie,jy moet lood gooi boeta!
En soos Tafjak gese het July-siekte help nie meer om die jakkals getalle te beheer nie
johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Kolwe en remote van KS WP1

Groete
Hein

Groete
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Dankie Hein
KS,daai geel karabyn is my gunsteling,ek hou veral van die handgreep en en lekker kam op wangstuk, maar net nuuskurig hoekom is die grendel so ver vorentoe?
Watter grote en maak telleskoop is daarop?
Mooi man!!
johan
KS,daai geel karabyn is my gunsteling,ek hou veral van die handgreep en en lekker kam op wangstuk, maar net nuuskurig hoekom is die grendel so ver vorentoe?
Watter grote en maak telleskoop is daarop?
Mooi man!!
johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Lourens G
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Koskoot
Ek hoop nie jy het al die goedkoop stel handradio's gekoop nie. Dit is bekend dat hulle komponente uitbrand, veral die sender raak te warm omdat dit net gemaak is om vir kort periodes te send, en die ander probleem is suising.
Daar is makliker maniere om 'n betroubare "home made" afstandbeheerder te bou. Die details is te lank vir die forum. Kontak my indien jy belangstel in inligting. Ek myself het al twee jaar gelede 'n MP 3 afstandbeheerder gebou (geen bewegende dele nie). They do not call me caller for nothing!!! ha,ha,ha.
Caller
Ek hoop nie jy het al die goedkoop stel handradio's gekoop nie. Dit is bekend dat hulle komponente uitbrand, veral die sender raak te warm omdat dit net gemaak is om vir kort periodes te send, en die ander probleem is suising.
Daar is makliker maniere om 'n betroubare "home made" afstandbeheerder te bou. Die details is te lank vir die forum. Kontak my indien jy belangstel in inligting. Ek myself het al twee jaar gelede 'n MP 3 afstandbeheerder gebou (geen bewegende dele nie). They do not call me caller for nothing!!! ha,ha,ha.
Caller
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
caller:
jy moet ons meer van jou toerustig vertel en ek dink ook jou navorsing/waarnemings vir die beste tyd van jag /roep
ek dink baie sal dit leersaam vind , ek ken min manne wat soveel aandag gee aan detail en wat so in diepte die roep en jakkalsgewoontes en manier bestudeer en waarneem as jy...
moet nie skaam wees nie man vertel alles vir ons hier, ek leer altyd iets by ander, seker omdat ek nog nie so ervare is nie ...
vertel ook sommer vir ons oor probleemdiere in reservate en of dit teelaarde is vir ons maaikies of nie....
ek dink persoonlik die probleem is meer by die plase wat nie meer bewoon word nie......in my tydjie wat ek jag sien ek dat al hoe meer boere in die dorpe en stede gaan bly en net naweke boer of so een of twee keer n week plaas toe gaan...(vrystaat) ek se nie dis die geval oral in S A nie...
en ook (in die vrystaat) dat meer boere oorslaan na bees boerdery en al minder skaap het...Wat dit baie moeilik maak as jy met skaap boer en al 50 boere om jou net bees het.
Hoe lyk dit is dit ook die geval in ander dele van die land?

Ja dankie Hein vir die fotos
Johan, die geweer of aksie is 'n 1904 Port Mauser, die slot hefboom sit bietjie meer vorentoe as bv 'n ander mauser of Sako, maar dit word op die foto bietjie oordryf weens die hoek waaruit die foto geneem is, in werklikheid is dit heelwat meer agtertoe as op die foto sigbaar, weet nie wat se scope dit is nie, 18x vergroting met 50mm objective, het al oral gekyk, gekoop gemonteer op my 300WM en toe geskuif na die 30-06. Opties baie nice. Ek is ook erg oor die geweer, het al heelwat gemsbokke in die kalahari laat val. My verste kopskoot tot op hede ook met hom geskiet, blesbok op 354m.

Hi Caller
Nee ek het nog nie maar ek is bitter dankbaar vir jou waarskuwing, nooit daaraan gedink dat die tipe van apparaat nie gemaak is om konstant te transmit of wat ook al nie, maak vir my sin. Dankie vir jou offer, ek gaan jou beslis kontak tov jou caller en sien ook uit om meer inligting van jou op die forum te sien, smaak my daar skuil meer agter die Caller as wat hy wil voorgee as ek so na die ander por-mail kyk.
Groete
KS 1 WP
Nee ek het nog nie maar ek is bitter dankbaar vir jou waarskuwing, nooit daaraan gedink dat die tipe van apparaat nie gemaak is om konstant te transmit of wat ook al nie, maak vir my sin. Dankie vir jou offer, ek gaan jou beslis kontak tov jou caller en sien ook uit om meer inligting van jou op die forum te sien, smaak my daar skuil meer agter die Caller as wat hy wil voorgee as ek so na die ander por-mail kyk.
Groete
KS 1 WP
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! 
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
EK HET NA PHILLY VAN VUUREN SE STRICTLY HEADSHOTS VIDEO GEKYK EN SIEN DAAR HOE SKIET HY IN WINDERIGE TOESTANDE TOT 620 METER KOPSKOTE MET N 22-250..
DALK MOET HEINRICH VIR ONS N STUKKIE HIER OP DIE FORUM LAAI...
MY SIENING IS MAAR MYNE , MAAR AS EK NA DIE KLANK LUISTER (SLEGS OP KLANK) EN DAAROP GAAN , DAN LUISTER EK NA DIE KLAP GELUID VAN HEIN SE 400M PLUS SKOOT EN HOOR DIE KLAPGELUID VAN SY VIDEO EN EK LUISTER NA DIE 500M SKOOT VAN DIE VIDEO, VERMOED EK DAT DIE 500M SKOOT OP DIE BLESBOK EN DIE 400M PLUS SKOOT OP DIE JAKKALS DALK MET VERSKILLENDE KAMERA'S GENEEM IS. DALK SKIET HEIRICH SE GEWEER NIE DIESELFDE SPOED AS DIE ANDER 22-250 (3700 VOET PER SEKONDE) NIE.
MAAR EK VERMOED KAMERA'S KAN OPTIESE ULISIES SKEP...MAAR IN "STRICTLY HEADSHOTS" SKIET DIE MAN ONGELOOFLIKE SKOTE...620M, 580M,550M EN SO AAN ..
DALK MOET HEINRICH VIR ONS N STUKKIE HIER OP DIE FORUM LAAI...
MY SIENING IS MAAR MYNE , MAAR AS EK NA DIE KLANK LUISTER (SLEGS OP KLANK) EN DAAROP GAAN , DAN LUISTER EK NA DIE KLAP GELUID VAN HEIN SE 400M PLUS SKOOT EN HOOR DIE KLAPGELUID VAN SY VIDEO EN EK LUISTER NA DIE 500M SKOOT VAN DIE VIDEO, VERMOED EK DAT DIE 500M SKOOT OP DIE BLESBOK EN DIE 400M PLUS SKOOT OP DIE JAKKALS DALK MET VERSKILLENDE KAMERA'S GENEEM IS. DALK SKIET HEIRICH SE GEWEER NIE DIESELFDE SPOED AS DIE ANDER 22-250 (3700 VOET PER SEKONDE) NIE.
MAAR EK VERMOED KAMERA'S KAN OPTIESE ULISIES SKEP...MAAR IN "STRICTLY HEADSHOTS" SKIET DIE MAN ONGELOOFLIKE SKOTE...620M, 580M,550M EN SO AAN ..
Shoot straight and tell the truth!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Die Blesbok op die forum is met 'n 7x64 geskiet en die jakkals met 'n 22-250. Klank trek konstant teen 330m per sek, en is die skote nie geredigeer wat tydsverloop betref nie en my 22-250 loop of sal ek se draf teen 3700f/sek.
H
H
Last edited by jaracal on Fri Jan 09, 2009 8:57 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
tafjak
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Meso
Jong die kopskoot ding is nogal kwaai vir my, sukkel maar daarmee. Ou Johan se afdeling darie, bokskieter en roeper is nou eintlik sy 2de naam, wonder net wanneer ons iets onder die oester hofie sal sien. Dit is noual bekend dat daar nie baie manne by blinkroer kan bykom as dit by bokke kom nie.
Willebeeste word glo agter die kop geskiet en as hy nie dadelik val nie, nog 'n 55gr agter die eerste een in dieselfde gat om 1ste 55gr dieper te stoot.
groetnis
Taffie
Jong die kopskoot ding is nogal kwaai vir my, sukkel maar daarmee. Ou Johan se afdeling darie, bokskieter en roeper is nou eintlik sy 2de naam, wonder net wanneer ons iets onder die oester hofie sal sien. Dit is noual bekend dat daar nie baie manne by blinkroer kan bykom as dit by bokke kom nie.
Willebeeste word glo agter die kop geskiet en as hy nie dadelik val nie, nog 'n 55gr agter die eerste een in dieselfde gat om 1ste 55gr dieper te stoot.
groetnis
Taffie
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Nagskiet van swartrugjakkalse en ander probleemdiere
Tafjak
Is waar ja,verskil is ek meet nie hoe ver ek elke bok skiet nie,ek meet hoe vol die koeltrok is.Ek kry al baie ver diskant 300m krampe op die maag,as jy daai dier raak maar nie dood nie,se my waar kry jy hom weer op se nou maar my buurman se 35 000ha.Ek gaan jou se,jy gaan hom met jou tjekboek soek en dis seer baie seer.(Bygese ek het al n bekskootbok in n 100ha kampie verloor!)Ek val nie in daai kategorie nie.As dit jou kos is om op lang afstand te jag,niks daarmee verkeerd nie,maar ek so reken omdat n mens na n lewende wese skiet,skiet dan na die hart long area om die bok n billikke kans te gee om salig te vrek as iets aan jou kant verkeerd loop.
Ek stel dit duidelik ek is nie n langafstand jagter nie.Het so n ruk gelede het ek vir n week lank elkeen van die 500 sbok gemeet met gps en op 187m gem uitgekom,en ek se vir jou met die isten cape se fourseasons winde moet jy aanmekaar afmik,tot so ver as 3duim,met 223.
Iemand wat kopskote teen die horlosie skiet gaan beslis n paar kwesskote skiet wat hy sal moet regmaak op n bok wat nou n stywe draffie vang.Dit gaan beslis ook so wees vir diegene wat dit oor 300m waag na n brein.En van die bekskote hoor n mens nie

Johan
Dink jy die ouens sal ons van hulle misskote laat weet? Kyk ek skiet ook kopskote, maar hulle is almal mis. Jong darie 400m + skoot op die jakkals moes iets vreesliks geweet het.( Hein se video)
En jy moenie kom nonsens gesels nie, ek wil die ou in die bokskietwereld sien vashou saam met jou. Ek wonner of mr mojet iets kan laat weet?
Vriendelike groete