HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
-
BOKRAM
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm
HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Dagse Manne,
Ek's n amateur nagjagter, maar geniet dit baie !! Het geen probleem om doodstil in die ounag te sit en koud kry nie.....
Ek jag ook in die Suid-Vrystaat, my probleem egter: Ek roep met n jakkals huil geluid......sekondes dan roep daai manne terug(met dieselfde huil). Wat nou?? Hou ek aan met my roep, verander ek, en vir hoe lank??????......want die manne is oppad, op n stewige draf na my toe!!
Telkemale, breek hul nie die 200 meter lyn nie, dan begin hul sirkel,en skiet kans maar min......ho gemaak?roep verder??????watse roep dan??
Wag op jul hup !!!
Dankie,

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Bokram
My eerste vraag is of jy 'n remote het of nie. Tweedens gebruik jy 'n dimmer of 'n rooilig. Dit gaan bepaal wat se raad ek jou kan gee. Eerstens is my eerste reaksie nadat jakkalse my geantwoord het om stil te bly vir ten minste 10-15 min. Indien die jakkalse wind af of half wind af is roep ek glad nie verder nie. Hulle sal dan te vinnig wind af werk en jou ruik.
Indien hulle wind op is en jou nie kan ruik nie kan jy na 15 minute 'n haas, springhaas, bokkie of enige distressklank speel. Dit behoort hulle vinnig nader te bring as hulle nie reeds ligsku of roesku is nie.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
BOKRAM
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Heinrich,
dankie vir die vinnige 'reply'.Ek gebruik n rooilig, bakkie se CD-speler, met verlenge luidsprekers sommer op die dak v.d voertuig(geen remote) Remote die geld werd, en watse afstand v.d voertuig??
Dink ek roep te vinnig na hul geantwoord het..... het reeds jou CD, sal DVD nog moet aanskaf! DVD beskikbaar in Bfn?
Groete,
dankie vir die vinnige 'reply'.Ek gebruik n rooilig, bakkie se CD-speler, met verlenge luidsprekers sommer op die dak v.d voertuig(geen remote) Remote die geld werd, en watse afstand v.d voertuig??
Dink ek roep te vinnig na hul geantwoord het..... het reeds jou CD, sal DVD nog moet aanskaf! DVD beskikbaar in Bfn?
Groete,
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Bokram
die remote is wel die geld werd. dit voorkom dat die jakkalse jou ruik as jy dit reg opstel. Die DVD is by skietwinkel en kloppers beskikbaar. Dit sal jou 'n goeie agtergrond gee wat en wanneer om dit te doen
Skietwinkel het ook versterkte luidsprekers wat jy met 'n cd-, MP3 speler gebruik. Dit is noodsaaklik dat jy beheer oor die speler het vir hard en sag sit asook stop ens.
Groete
H
die remote is wel die geld werd. dit voorkom dat die jakkalse jou ruik as jy dit reg opstel. Die DVD is by skietwinkel en kloppers beskikbaar. Dit sal jou 'n goeie agtergrond gee wat en wanneer om dit te doen
Skietwinkel het ook versterkte luidsprekers wat jy met 'n cd-, MP3 speler gebruik. Dit is noodsaaklik dat jy beheer oor die speler het vir hard en sag sit asook stop ens.
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Izak02
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Bokram
Ek kan beaam wat Hein s? van die remote, dit is oor en oor die geld werd. ( Maak net altyd seker hulle is gelaai) Wat is die naaste wat julle ouens al kwaaddoeners aan die remote geskiet het?
Ek was een aand by dieselfde buurman van vroe?r. Hy was seker dis `n kat wat vang, want hy het `n stukkie vel onder aan die hakkiesdraad gekry. Na omtrent 30min toe ek weer een slag lig besef ek in die verby gaan maar daar is nou 2 geel o? waar die remote staan. Met die terug swaai sien ek dis ta wat so 2m van die remote af sit en kyk na hom, wat `n foutjie! Met die deur kyk het ons die stukkie vel se plek gekry, mooi tussen sy blaaie soos hy onder die draad deur is.
Izak H

tafjak
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Bokram (pragtige naam)
Almal wat my ken, weet dat ek baie praat en baie keer iets se waaroor ek later spyt is. Ek aanvaar egter alle verantwoordelik daarvoor en dit is die rede hoekom ek jou gaan antwoord.
Jy moet besluit hoekom jy jakkalse en katte wil roep, vir die plesier of om 'n spesifieke probleem op te los/loopbaan. As dit vir die plesier is wat in elk geval so bietjie later sal oorwaai is jy op die regte pad. Hoef nie veel geld uit te gee op uitrusting nie ( dit kos nogal 'n arm en 'n been).
As jy 'n probleem wil oplos, koop ten minste die "Roep Uitdaging" dvd van Hein. Die dvd sal meer werd wees as jy die roepkursus doen ( jy moet dit doen na my mening). My naam is al ten minste op 5 van Hein se kursusse en gaan nog meer keer daar verskyn!!. Koop die nodige uitrusting want dit is die beste belegging wat jy in hierdie onsekere tyd ooit sal maak. Ek hoop daar is iemand wat sal saamstem. Leer jakkalse se gewoontes so goed dat jou vriende later gatvol vir jou raak omdat dit al is waaroor en waarvan jy kan en wil praat. Ek was in die gelukkige situasie dat ek eers Hein en Hendrik Van Rensburg geken het voordat ek my hand aan roepery geslaan het. My bestuursvernuf is seker nie van die beste nie, maar as daar 'n drywer nie beskikbaar was nie het ek myself onmiddelik genomineer en terselfdertyd gesorg dat ek alles moontlik kon opslurp wat hulle oor jakkalse kwytraak. As ek die besluit weer moet neem om te begin roep sal ek die situasie PRESIES weer so oordoen as dit moontlik is.
Ek se nie jy wil en het dit nie gedoen nie, maar gebruik ek jou geval om my stukkie verhaal aan mede gebruikers van die FORUM te vertel en hoe dit my sukses bring.
Ek is altyd bly as iemand in hierdie tipe jag belangstel, dit is vir my die toppunt van my jagtery. Ek is nie iemand wat met 'n 375, 460 Watherby M, 500 NE of soortgelyk 'n eland of buffel wil aanpak nie. Ek geniet egter om saam met vriende die ervaring te deel, sonder my geweer. So ek hoop mede jagters sal my verskoon as ek dit se en dit ook so sal sien.
Dankie
Taffie

johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Taffie
Baie mooi gestel en waar ook.
johan...QBE
Baie mooi gestel en waar ook.
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Hein
Wanneer en waar word daar weer n kursus/opleiding in probleemdierbeheer deur jou aangebied?
Groete
Kk
Wanneer en waar word daar weer n kursus/opleiding in probleemdierbeheer deur jou aangebied?
Groete
Kk
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Kieterkat
Soos die behoefte opduik so doen ons kursusse. Ek sal dit op die board plaas wanneer en waar ek weer een gaan doen. Moontlik moet ons 'n saamtrek hou soos wat Meso voorgestel het dan doen ek sommer 'n kursus vir die ouens wat belangstel.
Indien enige van die ouens wel belangstel kan hulle my 'n personal message stuur en ek sal dan 'n sentrale plek kies wat vir die meeste ouens sal pas. Dan kan ons 'n datum vasmaak en die kursus doen.
Groete
Hein
Soos die behoefte opduik so doen ons kursusse. Ek sal dit op die board plaas wanneer en waar ek weer een gaan doen. Moontlik moet ons 'n saamtrek hou soos wat Meso voorgestel het dan doen ek sommer 'n kursus vir die ouens wat belangstel.
Indien enige van die ouens wel belangstel kan hulle my 'n personal message stuur en ek sal dan 'n sentrale plek kies wat vir die meeste ouens sal pas. Dan kan ons 'n datum vasmaak en die kursus doen.
Groete
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
bokram:
in bloem is daar n vrystaat probleemdier jagtersvereeniging, ek weet caller het al hulle kontak besonderhede al op die forum geplaas. Die manne kom eenkeer n maand bymekaar met volmaan dink ek en gesels oor roep en alles soos toerusting, prakties skiet , rooiligte, witligte, dimmers ens...so maak n draai daar hulle sal bly wees om jou raad te gee oor die sirkel jakkalse.. EN ook die manne op die forum sal jou van genoeg raad bedien lees sommer so tussen die lyne ook.. daar kom so skerp stukkie op nou en dan..
As jy met my wil gesels ,, my email is op die forum , ek weet nie veel nie, maar sal help as ek kan...of jou vertel van iemand wat jou kan help.. groetnis

Shoot straight and tell the truth!
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: HELP: Jakkalse begin sirkel ?!
Bokram, ek is ook nog maar nuut in die ding maar ek kan vir jou s? die remote is dit oor en oor werd. Maak ?n sommetjie ? die jakkals kom in op die roeper ? jy skiet hulle partykeer daar waar hulle aan hom probeer ruik ? nou as die jakkals 200m van die roeper af begin sirkel en jy is s? so 90m van die roeper af, dan sirkel daai jakkals 110m van jou af ? heeltemal skietbaar.
Om die waarheid te s? en hy moet nou maar verskoon en selfs kwaad wees as dit moet, maar krediet waar dit toekom ? ek het al vir Taffie gedryf waar hy twee jakkalse met twee skote geskiet het wat ek op die GPS gemeet het (2m akkuraatheid) waar die een op 297m en die ander op 305m was. En die langste een waar ek by was en gemeet het was 357m.
Nou ek probeer nie s? dit is die algemene afstand nie en jy moet die geweer en die scope ? EN die skietvermoe? h? om die te kan doen ? maar tot so 150m behoort nie vir enige iemand wat redelik kan skiet te veel van ?n probleem te wees nie.
Die ander ding wat ek jou kan s? is dat ek ook al dieselfde fout gemaak het ? te vroeg weer begin roep het en dan sirkel die jakkals ? veral as jy die verkeerde klank en te hard roep. Party klanke werk om die hakkerige jakkals in te bring ? soos ?n kat en jakkals wat baklei maar dit hang ook maar af ? dit kan ?n jongetjie wees wat dan eerder padgee voor hy ook slae kry. Beste is speel veilig, wag lank genoeg en speel dan iets kosserigs ? ?n haas ens ? en nie te hard nie.

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...