Fluite
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Fluite
Ek verneem hier is firma wat roepfluite plaaslik vervaardig,weet julle van die fluite? werk dit? wat kos dit? as dit werk,waar kry ons dit?
Taffie ek het n voeltjie hoor fluit dat jy die alleen verspreider van die toerusting in die land gaan word?
johan...QBE

"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Fluite
Enige iemand wat kennis dra hiervan.... ons wag in spanning. 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
tafjak
Re: Fluite
Jooooohan!
Ek wetie dat ek die verspreider gaan word nie, maar sal nie omgee nie. Sal dan almal aan een of ander land bemaak wat nie jakkalse het nie dat hulle dit vir ornamente kan uitstal. Die goed wat jy van die Wille Weste (darem nie almal in die wille weste nie) se kant af kry lyk en is nie die goed wat kan werk nie.
Kry 'n man met 5 fluite, 3 lyk soos gebrande bokhorings en 2 soos hierdie teddiebeer, badgansie modelle. Prys nogal R850 vir die spulletjie en een was 'n geskenk omdat die vrou glo vir haar man 'n geskenk wou koop. Na 'n uur kon die man, ek, die seun en vrou nie 'n halwe klank uit die bokhorings kry nie, nee ek lieg, vir 'n oomblik kon een van ons amper iets soos 'n lokasievark uit een kry.
Ek weet nie manne.
Taffie

Termo
Jy moet kyk of die lokasievark klank nie moontlik n bosvark sal nadertrek nie,klink heel moonlik vir my as jy die fluit kan bemeester.Daai vark se blaaie gaan brand met n 110gr V-MAX
johan...QBE
Jy moet kyk of die lokasievark klank nie moontlik n bosvark sal nadertrek nie,klink heel moonlik vir my as jy die fluit kan bemeester.Daai vark se blaaie gaan brand met n 110gr V-MAX
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Fluite
Sover ek weet maak Gary Laubsher van die weskaap sulke modelle.
Groete
H
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Fluite
Julle manne moet mos darrem nou al wragtag by hierie tyd 'n jakkals ken as julle hom sien, ha!!!
Caller
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Fluite
Taffie
Permit of de not, ek raak sommaar roekeloos as ek sulke jakkalse naby my gewaar.
Hy sal maar swaar leef in my geweste. Ek waarsku almal so ver ek gaan.
Caller
Permit of de not, ek raak sommaar roekeloos as ek sulke jakkalse naby my gewaar.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Fluite
Volksblad 11 Feb 09
JAKKALSJAGTER het n slim plan bedink.
"die beste tegniek is egter om n klein digitale speler te koop en as n jakkals die aand roep,dit op te neem en sy eie geluid deur n versterker te speel.Hy kom elke keer.dit werk,dis die GEHEIM."
"Die grootste geheim met jakkalse is die geluide.Jakkalse ken al die CDs wat mense speel.As jy hulle daarmee probeer roep,kom hulle nie uit nie.Ek het baie jakkalsgeluide,een vir elke seisoen soos as hulle paar.Hulle is uitgeslape"
"Op plekke waar hy vroeer een rooijakkalsmannetjie geskiet het,sal hy nou vyf in een aand kry"
Aldus n Noordkaapse jagter,Mnr Gary Laubscher
Sir Tuffy lyk my jy was reg,daai fluite werk nie,hoe meer dae hoe meer dinge
Caller lyk my jy het n kenner oppad Vrystaat toe,hy maak solank voorbrand,Meso hys op jou
JAKKALSJAGTER het n slim plan bedink.
"die beste tegniek is egter om n klein digitale speler te koop en as n jakkals die aand roep,dit op te neem en sy eie geluid deur n versterker te speel.Hy kom elke keer.dit werk,dis die GEHEIM."
"Die grootste geheim met jakkalse is die geluide.Jakkalse ken al die CDs wat mense speel.As jy hulle daarmee probeer roep,kom hulle nie uit nie.Ek het baie jakkalsgeluide,een vir elke seisoen soos as hulle paar.Hulle is uitgeslape"
"Op plekke waar hy vroeer een rooijakkalsmannetjie geskiet het,sal hy nou vyf in een aand kry"
Aldus n Noordkaapse jagter,Mnr Gary Laubscher
Sir Tuffy lyk my jy was reg,daai fluite werk nie,hoe meer dae hoe meer dinge
Caller lyk my jy het n kenner oppad Vrystaat toe,hy maak solank voorbrand,Meso hys op jou
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
tafjak
Re: Fluite
Manne
Jong weet julle Vrystaters dan nie dat daar jakkalsprobleme is nie, kyk hoe waarsku die man julle. Ek dink ons moet 'n kursus by hom ook doen.
Ek sal die fluitkursus 'n pass gee, lyk my daai goed kan jou eelte op die lippe toedien. Sal sommer 'n foto plaas van die fluite.

Die een heel links is vir grootkatte, die een naas links vir jongkatte en die klein swartetjie vir kleinkatjies.
Daars ook n salf vir die eelte op die lippe verkrygbaar.

Last edited by tafjak on Sat Feb 14, 2009 11:12 pm, edited 1 time in total.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Fluite
Taffie
Wat kos die lot fluite?Hoe weet jy voor jy begin fluit of die kat groot,middel of klein gaan wees?
Sal n klein kat op groot fluit reageer? en andersom?
Wat is die doel met die 1/2" swart pvc pyp?Werk dit soos n doedelsak?of blokfluit?
Is die fluite beter as bv die Crittercall?
Wat kos die lot fluite?Hoe weet jy voor jy begin fluit of die kat groot,middel of klein gaan wees?
Sal n klein kat op groot fluit reageer? en andersom?
Wat is die doel met die 1/2" swart pvc pyp?Werk dit soos n doedelsak?of blokfluit?
Is die fluite beter as bv die Crittercall?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Fluite
hy is op ons in woord ...wanner kom dit by die daad
Ek het hom al persoonlik genooi om sy skills te kom ten toonstel maar reageer nie eens op uitnodigings . dalk is hy so besig dat hy nie kans sien vir die vrystaan nie..
ek sluk maaar swaar aan die feit war hy sukkel om een te skiet hy sommer nou 5 skiet.....hy vergeet seker om te se dis 5 jaar later na n doodse stilte van 5 jaar eerder ....
maar ek kan verkeerd wees.

Shoot straight and tell the truth!
-
tafjak
Re: Fluite
Jakes
Nee pappa, ek loop ook maar lig vir die ou. Verkoop die klompie fluite aan 'n ou waar ek in die begin 2009 gejag het vir R850.
Taffie
Nee pappa, ek loop ook maar lig vir die ou. Verkoop die klompie fluite aan 'n ou waar ek in die begin 2009 gejag het vir R850.
Taffie
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Fluite
'n Jakkals bly mos maar glibberige ding, Jacques.
Johan
Ek wag vir daai bekvegter hier anderkan die Groot Gariep, wil sy tjank aftrap as hy die jagters/boere hier wil kom leer sonder dat ons daarvan weet.
Caller
Johan
Ek wag vir daai bekvegter hier anderkan die Groot Gariep, wil sy tjank aftrap as hy die jagters/boere hier wil kom leer sonder dat ons daarvan weet.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Fluite
hoor hoor, alreeds die drif deur getrap, sommer van dag een..tafjak wrote: Jakes