vlakvark selamie...
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
vlakvark selamie...
Naand manne.
Ek het woensdag n vlakvark by die slaghuis ingegee en vandag gaan haal nou hulle het vir my selamie gemaak en toe ek dit gaan haal se hulle ek moet hulle nog kook????Hoe lank kook mens dit?dit is so 50mm tube selamie.
Hoor graag van julle.
Groete FB

blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: vlakvark selamie...
Word selamie nie gerook nie
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: vlakvark selamie...
FB jy het 'n lui slagter daar beet.

Hier by ons doen hulle asl vir jou en jy moet net wegval aan die salami.
Soos ek verstaan is daar die 2 tegnieke van salami maak. Die een word gekook en di3e ander een is om te rook. Deesdae is dit niemeer regte beroking nie maar eerder die chemiese goette waarin dit gedoop word. Weet nie presies hoe dit werk nie.
Feit bly staan, slagter doen dit gewoomlik vir jou.
Peet

Work to live, don"t live to work
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: vlakvark selamie...
Hoe lank en hoe berg jy selami
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: vlakvark selamie...
Soms kry ek dit vakuum verpak en dan vries ek dit net so.
Ander kere kry ek dit net so in die "casing" dan draai ek hulle toe in bruin papier en dan in foelie. Dis die resep wat ek by 'n baie ervare slagter gekry het wat soms salami vir my maak.
Beide maniere werk vir my. Ek vind egter dat die in die foelie bruin papier na so 3 maande effe vog verloor en dan raak die buitenste skilletjie so klein bietjie droog maar te min om oor te kla.
Ek vries nie sommer langer as so 5-6 maande nie, hou in elkgeval nie so lank in my huis nie. Ek, vrou en seuns kan die goed nie uitlos nie

- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: vlakvark selamie...
Ons het die jaar 'n varkie laat salami maak, met spices ens wat ek gekoop het by freddy hirsch. Die oompie het net vir my gemaal en gestop. Ek vat toe die salami's na iemand om te rook. Hulle rook hom dan totdat hy sekere temperatuur binne is. Jy moet hom egter nogsteeds kook, as ek reg onthou moet die "core" temp so 63grade wees. Dan hang jy hom weer so drie dae soos jy droewors sou hang. Jy kan die res vries en hulle net hang soos jy dit nodig kry. Die tyd van die jaar moet jy net baie seker maak van ventilasie en koel genoeg, vlie? op mdie salami is darm nie so erg nie, oor dit in 'n "casing" is, maar 'n ekstra waaier op dit sal net goed wees.
Groetnis
Douw
Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: vlakvark selamie...
M?re Francois
Ek dink jou slagter wou seker net gaan rus.
My varkie van so 35 Kg by my slagter ingegee vir salami ( die hele varkie ). Paar dae later gaan afhaal - klaar gekook, gerook en gekous.
Vrieskas toe met die hele lot net so in die kouse , ongeveer 1 Kg elk. Haal gewoonlik een uit en hang hom buite in die kombuis tot die kousie buite-om begin krimp ( droog ) so drie tot 4 dae. Dit gee die speserye ook beter kans om tot hul reg te kom. Haal die hele kousie dan af - sny in wieletjies - plaas in redelike groot bord - enige warm sousie bo-oor - GENIET !!!
Wat die mense net moet besef voor hulle die salami roete vat. Dis nie 'cheap' nie !!!! Maar nog steeds die moeite werd.
Volgens my is dit natuurlik al waarvoor vlakvark geskik is. Bosvark salami sit hom natuurlik sleg ore aan !

Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: vlakvark selamie...
Jis Oom Henslin,
Ek stem selami is lekker maar moet ook net se 'n Vlakvarkboud opgestop deur my moeder is darrem maar Baaaaaaie beter. Soos ons hom nou net genuttig het hier op die mooi nuwejaarsdag.
Groete
JP
Ek stem selami is lekker maar moet ook net se 'n Vlakvarkboud opgestop deur my moeder is darrem maar Baaaaaaie beter. Soos ons hom nou net genuttig het hier op die mooi nuwejaarsdag.
Groete
JP
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: vlakvark selamie...
Jp.
Kan jy nie dalk die resep hier plaas nie?
Groete FB
Kan jy nie dalk die resep hier plaas nie?
Groete FB
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: vlakvark selamie...
FB
Ek sou met Graagte, maar daar is nie 'n geskrewe resep nie. Ma maak hom so uit haar kop uit. Ek het baie manne wat al vir my gevra het om langs haar te staan volgende keer as sy hom maak en dan neerskryf
Ek het net nie die tyd nie.
Sal by ma bietjie hoor of sy hom sal neerskryf. Ek weet net die geheim is in die sous wat h bak deurnag. Daar is kerriepoeier, uie, so 1kg bacon, 1liter Old brown sherry etc. Etc. In die boud I'd met bacon gestop.
Toe ek die boud sny het ek so kwart pad opgegee selfs met vlymskerp mes het hy uitmekaar geval as jy sny.
Skiet elke jaar so een of twee varke vir my ma, vleis rolle, en boude en blaaie word met haar resep gemaak.

- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: vlakvark selamie...
Dis meer n stoom daai, en doen dit buite.Francois Briedenhann wrote: Naand manne.
Ek het woensdag n vlakvark by die slaghuis ingegee en vandag gaan haal nou hulle het vir my selamie gemaak en toe ek dit gaan haal se hulle ek moet hulle nog kook????Hoe lank kook mens dit?dit is so 50mm tube selamie.
Hoor graag van julle.
Groete FB
Vriend van my het sy salami van die kombuis se ceiling af geskraap met gewone kook. Sy mammie vir weke lank kwaad gewees
Vat n 210L drom, bietjie water onder en gasbrander...hy moenie oor 65 grade gaan nie? (as ek nou reg onthou) (iemand help my gou weer reg hier asb)
Dis so 7 ure se "kook".
Jy kan hom ook "cold smoke". Dieselfde drom met klein vlammetjie onder, saagsels in die drom (kry van die tipe wat daarvoor gemaak is) en nat streep sakke oor.
Die salamis kan van rods af hang, en moenie aan mekaar raak nie.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: vlakvark selamie...
Francois
Sit in houer met water alles moet bedek wees.
Kook tot water klein borreltjies begin maak.
Weet nie van die grade.
Laat afkoel vir 1 uur.
Kook weer tot klein borreltjies maak.
Laat water koudword.
Haal uit.
Hang vir so dag of 2.
Fries of eet.
101

Knou die gediertes AF.
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: vlakvark selamie...
Molopo,
Ja jou idee is reg daar en dalk is dit een van jou geheime resepte...hoe sal ons nou weet... maar die rook gedeelte hou ek baie meer van want ek dink persoonlik dit gee net meer karakter en smaak aan die salami dus word die beroking van die worse so net oor die 4 ure gedoen met nie veel hitte nie. Dan word dit in n koel plek, gewoonlik waar die "safe" is gehang om af te koel en n bietjie mooi te droog. Hang vir n dag of wat. Kan dan gevries of geeet word.

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: vlakvark selamie...
Dawid wrote:
Molopo,
Ja jou idee is reg daar en dalk is dit een van jou geheime resepte...hoe sal ons nou weet...
Ek is nog n novice, maar dis hoekom ek nie te veel detail kan gee nie.
Ek sal vorentoe bietjie n foto opsit van die salami roker wat mens in die agter tuin kan bou en werk uitstekend.
Kostes is ook net n paar threaded rods. Drom...kry by n boer en somer n streep sak of 2.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: vlakvark selamie...
Manne maar die selamie is klaar gerook maar die man se ek moet hulle nog kook of stoom maar het een gekook in n lae tempratuur toe bars hy so wil nie nog mors nie.
Groet FB
Groet FB
- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: vlakvark selamie...
Francois Briedenhann wrote: Manne maar die selamie is klaar gerook maar die man se ek moet hulle nog kook of stoom maar het een gekook in n lae tempratuur toe bars hy so wil nie nog mors nie.
Groet FB
Hopelik nie die ceiling gehaal nie. Dis hoekom ek op my post gesit het jy moet dit stoom...dis salamie se kook.
Vat n groot drom, boor threaded rodds deur sodat die salamis kan hang, sonder om onder te raak, en ook nie aan mekaar nie.
Gooi n bietjie water onder in, ek sou se laat hy so +-5cm diep is.
Sit n gas brandertjie onder en laat sak n termostaat tot so in die middel. Moenie laat hy oor 65 grade gaan nie. (iemand besvestig net gou daai grade asb, ek is nou onder koreksie dalk)
Sit nou n deksel op en daar gaan jy...so +- 6 tot 7 ure later sit jy met hulle.
Nou kan jy daai drom ook as n roker gebruik.
Jy vervang net die water met saagsels. Logies
En vervang die deksel met klam/nat streep sakke...en jy kan alles daarin rook (cold smoke). Cabarnossi, vlakvark boud, bosvark rib...dit wat die verbeeling in jou kop kry. Tot chillies gerook en gedroog so bietjie in jou wors resep sal baie mooi loop
Hoop ek kon help,