Mening oor rooikat in hok!?!?
-
fiela
Mening oor rooikat in hok!?!?
HOE MAAK JULLE N ROOIKAT WAT IN JOU HOK IS DOOD?
Ek skuif hulle oor na n tweede hok toe en gaan skiet die kat dan n ent weg.
Wil graag hoor hoe maak julle?

- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Klap net daar in die hok.
Het nog nie te veel gevang om n hok te los nie, hulle pla maar min hier.
Dis gewoonlik net 1 kat wat droogmaak, dan moet hy maar van kant gemaak word.
Groete,
Peet

Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
- Arno Pienaar
- Sr. Member

- Posts: 280
- Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Fiela. Ons los hom in die hok vir n dag of 2 dat hy al sy dinge daar doen en dan skiet ons hom in die hok verkieslik n kop skoot dat hy minder bloei en dan haal ons hom so gou as moontlik uit en dan stel ons die hok dadelik weer daar op die selfde plek het nogal n paar weer so na mekaar gevang. Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Edenburg
Suid-Vrystaat
-
fiela
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Dankie peet en pienaar.
Ek het al gehoor ( Garry Laubcher ) dat mens hom moet wurg met n tou en dan uithaal sodra hy sy bewussyn verloor het.
Julle plan is maar beter. Ek het al n kat verloor met die oorskuif na n ander hok toe. Dit het nogal gebeur by n oubaas wat baie skade gekry het. Die ergste van als is dat die oubaas bygestaan het toe die kat uitspring!! Ek het darm baie simpel gevoel! Daar staan ons en kyk vir die kat wat hol. Die oubaas het sy kop gekrap en gese: "As ek dit geweet het, het ek lankal die demitse hok self kom oopmaak!"
So leer mens ook maar op die harde manier!

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Dankie Fiela,fiela wrote: Ek het al gehoor ( Garry Laubcher ) dat mens hom moet wurg met n tou en dan uithaal sodra hy sy bewussyn verloor het.
My keyboard is nou vol koffie soos ek gelag het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
My genade!!! Ek skud maar net my kop en lag!fiela wrote: Ek het al gehoor ( Garry Laubcher ) dat mens hom moet wurg met n tou en dan uithaal sodra hy sy bewussyn verloor het.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Ook net GL wat reken jy moet iets dood wurg... Ai.
Ek kan jou wel s? dat 'n 6" gong ook iets maklik doodslaan, het dit die naweek agtergekom.

Goed, beter, 6millimeter!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
HAHAHAHAHAHA Geno!!! Ja nee jy het mooi gemaak met daai gong!Geno wrote: Ook net GL wat reken jy moet iets dood wurg... Ai.
Ek kan jou wel s? dat 'n 6" gong ook iets maklik doodslaan, het dit die naweek agtergekom.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Wat het jy doodgeslaan Geno?Geno wrote: Ook net GL wat reken jy moet iets dood wurg... Ai.
Ek kan jou wel s? dat 'n 6" gong ook iets maklik doodslaan, het dit die naweek agtergekom.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Cabous,
'n Jakkalsteef watse rug afgeskiet was.
'n Jakkalsteef watse rug afgeskiet was.
Goed, beter, 6millimeter!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Fiela
Die kat moet in die hok waarin hy gevang word, net aan die agterkant van die trapplaat (weg van die bek van die hok) geskiet word. Die bloed en urine/mis is 'n aantrekking vir die volgende kat wat verbykom. Die storie dat jakkalse en rooikatte vir bloed skrik is 'n groot miete. Ek het werklik 100de jakkalse bymekaar doodgeskiet waar die een aan die ander geruik het of die ander se bloed geruik het.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Niel Viljoen
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Wed May 05, 2010 9:21 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Fiela
Katte is wel vroer in hokke met toue gevang. Ons het dit gewoonlik gedoen as jy geen vuurwapen by jou het nie en jou hok staan redelik hoog in die berge en ver van die huis af. Baie van ons arbeiders gebruik vandag nog hierdie metode en dit is niks vreemds nie.
Gewoonlik is daar van n besemstok gebruik gemaak en met draad n ronde oog gebuig omtrent die grootte van n vyfrand stuk dit is dan aan die een kant van die besemstok vasgemaak n stuk tou is teen die besemstok af gevoer deur die oog met n groot "loop" en dan weer terug deur die oog en op met die besemstok tot by die hanteerder se hand. As die kat in die hok was is die besemstok deur die hok se dak gedruk en die" loop" voor is groot genoeg oopgestoot sodat die kat se kop daardeur kon gaan, die" loop" is oor die kat se kop gesit en styf getrek, sodoende is die kat gevang. Die kat is dan nader na die bokant van die hok se dak getrek en met n kierrie gepiets, net hard genoeg om nie die hok te beskadig dan is die kat uitgehaal en vankant gemaak.(Kat nie in hok dood gewurg nie)
Persoonlik het ek n 25mm swart pyp verkies waardeur die tou gevoer word om n "loop" aan die een kant te vorm.
Bloed in hokke het vir my ook geen negatiewe uitwerking op jou suksesfaktor nie. Die tou metode is maar net vroer jare gebruik en soos reeds gese is vandag ook nog deur ons arbeiders.
n Ander manier is om sommer die hok se deur voor oop te maak in te klim en die kietsie te vang
?
Groete
Niel

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Persoonlik dink ek dit is meer menslik om 'n dier dood te skiet eerder as om hom te verwurg of dan nou flou te wurg. Indien 'n werker 'n kat hier sou doodwurg moet hy redelik vinnig uitvind waar die plaas se hek is.
Nog nooit kon ons met sekerheid se dat bloed in hokke katte afskrik nie, 'n dooie kat agter die hok lok defnitief ander katte , by geen van my hokke is aas in nie, net gedeelte of hele kat agter die hok, jy doen dit so elke 3-4 jaar.
Moet byse hier in ons wereld is weinig katte oor, die jakkalse vreet die kleintjies eenvoudig op, vir elke kat wat geskiet word word seker +- 25 jakkalse geskiet.
Sal later foto's opsit van Kerneels 10mnde en Noodle 7 weke, baie interesant om te sien hoe 'n rooikat se maniere ontwikkel soos hulle ouer word.
Groetnis
MEERKAT

Baie dankie julle. Ek wardeer dit dat julle raad deel.
Die catnip wat Ian van praat: Hoe bery mens dit voor?
Julle praat ook van: 'Agter die voetplaat" My hok het albei kante deure wat gelyk toeval. Moet ek een hek toehou?
Sit ek die hok in die oopte of tussen bosse? EK het altyd altwee oop. Het al gevang, maar voel of ek nog te min vang.
Nog bietjie hulp en raad sal wardeer word. Mens kan nooit genoeg weet nie!
Die catnip wat Ian van praat: Hoe bery mens dit voor?
Julle praat ook van: 'Agter die voetplaat" My hok het albei kante deure wat gelyk toeval. Moet ek een hek toehou?
Sit ek die hok in die oopte of tussen bosse? EK het altyd altwee oop. Het al gevang, maar voel of ek nog te min vang.
Nog bietjie hulp en raad sal wardeer word. Mens kan nooit genoeg weet nie!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Hallo Fiela
Die hokke met 2 deure het 'n voordeel indien dit in 'n voetpad, paadjie, by 'n draad deurgang ens, gestel word. Die hokke met 'n enkel deur word verkieslik gebruik indien jy die hok in 'n bos naby 'n pad stel. (Hoe nader aan die pad hoe beter) Die lokaas binne, kat urine, catnip, ens word dan agter die trapplaat gestel dat die kat oor die trapplaat moet beweeg om die ander kat se reuk te ruik of te merk. Die kante en agter moet goed toegepak word met takke om te verhoed dat die kat nie van langs die kant die reuk "dood/oor merk nie. Die kat moet in die hok inbeweeg om by die lok middel uit te kom. Die trapplaat moet liggies met sand/blare/gras bedek word en baie belangrik, die hok moet nie beweeg as die kat ingaan nie, maw werklik op gelyke grond gestel word. Maak gelyk met graaf indien ongelyk. Gooi die onderkant van die hok ook met 'n lagie grond om die sif/yster te bedek.

- basie
- Full Member

- Posts: 172
- Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Die catnip waarvan julle manne praat, waar kan ek van dit in die hande kry?
Mooiloop
Basie
Mooiloop
Basie
Last edited by basie on Thu Jan 19, 2012 8:43 pm, edited 1 time in total.
Elke Rooihond kry sy dag!!
-
fiela
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Dankie Jaracal.
Ek het die hok gaan stel naby n voetpad. Het paar dae terug n kat op my trail-cam afgeneem. Het nou als gedoen soos oom se. Sal nou wag en kyk. Ek wil net graag weet hoe presies die catnip moet wees?? Ek het vandag by n kwekwry klomp takke met die blare afgesny.
Ek het bietjie van dit ingesit. Ek wil net weet of ek die goed moet droog en dan fyn opkap, of wat? Ek het ook in pick a pay katkos gekry wat met regte catnip gemeng is. Moet ek van dit ook in die hok sit?
Basie, Ek het maar onlangs gehoor van die catnip. Vra vir Ian, Ek het dit op een van sy insetsels gelees.

Ian, kan jy nie vir ons bietjie meer inligting gee oor dir catnip nie?, asseblief.
Oom Heindrich, ek wou ook nog vra; Sal gewone huiskat uriene ook werk of raag ek nou heel simpel?!

Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Beste Fiela
Daardie Catnip wat jy nou vars gesny het moet jy net so bo-op of agter die trapplaat strooi. Onthou om 'n stukkie foil bo die trapplaat te hang om die kat se aandag trek. Moenie die hok met takke toemaak nie. Hoop jy vang die bogger.
Daardie katkos kan werk, ek gooi altyd ook 'n blikkie sardines met olie agter in die hok.
Groete Ian

Last edited by Ian on Thu Jan 19, 2012 10:26 pm, edited 1 time in total.
-
fiela
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Dankie Ian,
Ek het die trailcam so entjie van die hok af. Hoop ek kan gou n foto van rooikat kry.
Dink dit kan nice wees om so stel 'before and after' kiekkies van die kat by die hok te kry. Wel, dis nou as hy kom.
Sal jou laat weet.

Ian,
Dit het nou weer by my uitgewaai. Die res van daai catnip, moet- kan ek dit gebruik as dit droog is of sit mens net vars gesyde catnip in?
Dit het nou weer by my uitgewaai. Die res van daai catnip, moet- kan ek dit gebruik as dit droog is of sit mens net vars gesyde catnip in?
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Fiela
Dit werk beter as dit nat is. Probeer 'n jong plant in die hande te kry en plant hom agter die trapplaat. Net 'n waarskuwing, daar gaan niks van hom oor wees nie. Huiskatte vewoes so 'n plantjie as dit in jou tuin staan.
Ek het dit al gebruik in enige vorm, droog, fyn, in lusern vorm en ook nat en het al sukses met almal gehad maar die meeste is in 'n nat vorm gevang.

Last edited by Ian on Thu Jan 19, 2012 11:15 pm, edited 1 time in total.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Fiela
'n Vriend van my kry huiskat uriene by sy veearts en hy het al sukses met dit gehad. Ek weet van een persoon wat 'n wilde huiskat gevang het en het die agter die vanghok in 'n ander hok gesit met ook sukses. Daar is baie baie maniere om die rooikatte te vang maar die meeste wat ek mee sukses gehad het is die Catnip.
Groete.
'n Vriend van my kry huiskat uriene by sy veearts en hy het al sukses met dit gehad. Ek weet van een persoon wat 'n wilde huiskat gevang het en het die agter die vanghok in 'n ander hok gesit met ook sukses. Daar is baie baie maniere om die rooikatte te vang maar die meeste wat ek mee sukses gehad het is die Catnip.
Groete.
- basie
- Full Member

- Posts: 172
- Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
Ian
Jy het nie dalk 'n foto van die catnip (plantjie) nie? Miskien weet 'n ou nie eers jy het van dit in jou tuin nie.
Dankie
Basie
Jy het nie dalk 'n foto van die catnip (plantjie) nie? Miskien weet 'n ou nie eers jy het van dit in jou tuin nie.
Dankie
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Mening oor rooikat in hok!?!?
More Basie
Die kweekery hier in Klerksdorp bly nie voor met die Catnip. Dit verkoop soos soetkoek onder die huiskat eienaars. Ek sal vanoggend probeer 'n plant in die hande kry en 'n foto vir jou laai. Hoor later van my.