dagroep sukses

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

dagroep sukses

Post by cassie_calvinia »

soos jul weet boer ek in roggeveld tussen calvinia en sutterland. staanplek maar 'n moeilike aspek van my jag. elke keer as ek in 'n sekere gebied jag, hoor ek jakkalse (ander gesinnietjie) antwoord my. het toe gistermiddag besluit op 'n kans te gaan vat. die bobbejane loop daar met kieries, daar geen paaie naby nie. nevermind staanplek, jy sukkel om sit plek ook te kry, bosse is dood eenvoudig te hoog. ek kry toe vir my 'n oop kolletjie. roep vlekkie D, so halfpad deur vlekkie D antwoord hul my so rof, dat ek ophou roep. dit was so half6. 30 sekondes toe kom hol daar 1 in, steek agter 'n bos vas vir 2 sekondes, en hol weg. ek probeer tevergeefs om hom te stop. 'n minuut later kom nog 1, stop hom, en skiet hom. speel soe vir 30sec baklie4, toe kom daar nog 1. skiet toe 2 jakklse binne 5 minute van roep.
1 ding wat ek gister weer geleer het, as jy in die dag roep, en jy kannie ver sien, moenie wag totdad hy vas steek, want dit sal agter 'n bos wees, en, as hy daar weg vlieg, is dit verby. probeer hom stop voor hy vanself stop!!! onthou, hy gaan stop bitter na aan die roeper, hyt net 'n sekond of 2 nodig om te besef hier is nonsens. die manne wat nog nie in dag geroep het nie, pasop, dis nie soos in dag, die ding verskyn soos mis voor die son, bittervinnig. en, die adrenalien is oorweldigend. my 1rste dagroep jakkals het ek los mis geskiet. jy sien nie die oe op 400m inkom, teen die tyd wat hy skiet afstand is, is jy lekker rustig. dagroep moet jy skiet deur die adrenalien. maar....dis bitter lekker
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Bok
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Mon Jun 20, 2011 3:21 pm

Re: dagroep sukses

Post by Bok »

Goed gedoen man. ekt dieselfde probleem met staanplek.

wil net gou by 'n paar van julle manne hoor tot waneer kan mens nog vlekkie D gebruik.

groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: dagroep sukses

Post by Monrique (SJ) »

Cassie

Baie geluk man en kap hulle solank dit nog maklikke tyd is!!

Maak mooi.


Groetnis
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: dagroep sukses

Post by Rooies »

Cassie

Daai is n rush wat net jyself kan beskryf as jy dit al beleef het. my eerste dagroep een het 15 meter voor my verskyn terwyl ek nog teen die rand na hom gesoek het. Eerste skoot los bo oor hom, en terwyl ek my bearings regruk en hy wonder wat klap dan nou so, kon ek hom darm omdop!!

Geluk daar en rook hulle.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: dagroep sukses

Post by Mac »

Cassie,

As jy weer so roep, probeer jou roeper so hoog moontlik sit, dit gee jou nog n sekond of twee, ander ding wat mooi werk, bere een van die jakkalse wat jy skiet in die vrieskas, net so, bloed en al. As jy dan weer in 'n beknopte gebied roep, gooi die dooie jakkals in die oopte naby die roeper, hulle sal amper altyd daaraan gaan ruik.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: dagroep sukses

Post by cassie_calvinia »

mac
'n mens kan seker sommer 'n haas ook gebruik vir bait. ek het al lis gehad om 'n boerbok lam vir life bait te gebruik. hy kan skree! hoekom se jy roeper moet hoog wees? hoog teen 'n koppie, of op 'n bipod?s
HOU HOM DAAI DIKTE
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: dagroep sukses

Post by Mac »

Kry net 'n meer gereelde reaksie met 'n dooie jakkals, maar jy kan seker enigiets gebruik wat jy wil.

Sit jou roeper in 'n boom, draad of ander plek wat hoog is sodat hy hom nie onmiddelik sien nie, jakkals kyk nie sommer op nie..
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: dagroep sukses

Post by Jeep 1 »

Kan daai jakkie nie agter kom dat die haas baie hoog skree nie (as roeper in boom is) vra maar net

Groete
Jeep
25 06 !
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: dagroep sukses

Post by Mac »

Ek vind dat as hulle naby is, steek hulle eerder vas om te bepaal wat aangaan, nog nie agter gekom dat dat dit nadelig is nie, maar het wel jakkalse geskiet wat ek reken die oorsprong probeer soek. Moet ook byse dat ek nooit in die dag sonder 'n decoy roep nie, en daar kan ek beslis bepaal dat dit goeie rusultate lewer.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: dagroep sukses

Post by Arno Pienaar »

Ek moet se ek gebruik ook as ek n dagroep doen n Decoy of gewoondelik hang ek net n paar vere wat aanmekaar vas gemaak is in n bos solank hy net lekker kan wapper in die wind.                          Mooiloop
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: dagroep sukses

Post by Raven »

Decoys - as julle hierdie nagemaakte wollerige sterte wat vir keyrings gebruik word in die hande kry kan dit ook werk. Maak 2 vas aan 'n lang staaldraad( so 1.2m) - maak staaldraad mooi vas op stewige houtplank - Die patent laat waai die stertjies sommer met 'n ligte windtjie. Hoop julle verstaan wat ek bedoel.

Die roeper hoog in die boom is 'n goeie tip van Oom Mac, het al in die nag gesien hoe jakkie heeltyd rondom die boom draf om die haas te soek - dit het nogals geneuk om hom te skiet, hy wou nie stilstaan nie, ek dink daai jakkals het dronk geword van heeltyd in die rondte hardloop om daai boom. kon hom darem later omdop toe hy stilstaan.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: dagroep sukses

Post by SmitH »

Het ook een geskiet waar die roeper so 1.8m hoog in die boom was en waar ek so 20m weg agter n spekbos gestaan en wag het. Het klein hasie gespeel vir so 30 sek toe die teef reguit na die roeper toe storm sy het nog so gestaan en opkyk na die roeper toe kap ek haar
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: dagroep sukses

Post by Arno Pienaar »

Ek het al my roeper in n besembos gehang omtrent 1.5 m hoog en toe die teef so binne 15m van hom af is het sy begin twyfel en het baie stadig nader gestap en 4 tree toe laat val ek haar so my ding is ek dink n jakkals kom dit agter as die ?haas? hoog in n boom of iets is maar ook net op binne 15m.  Mooiloop
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: dagroep sukses

Post by johans »

ja hier by ons is die bome maar min arno
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: dagroep sukses

Post by hebron »

Cassie
Mooi man looi hulle; wil ook net byvoeg dat n mens se huiswerk deeglik gedoen moet word vir n dagroep om sukses te behaal. Baie geluk met daai 2 !! Maak dood daar; hier is genoeg in Suth..

Groete Willem
LAAT-LOOP
Post Reply