S365 lot 063

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

S365 lot 063

Post by Johan JvR »

Hallo manne

Is daar iemand wat probleme met S365 lot 063 ondervind?  Ek weet 061 was 'foutief', het nou paar blikke 063 gekoop en my .300WinMag skiet nie waffers met dit nie. Hy groepeer egter puik met S385.

Ek soek nou oorsaak van probleem. My 243 sukkel ook met die S365 lot 063, maar groepeer puik met S321.

Ek weet nie - dalk is dit iets anders.

Dankie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: S365 lot 063

Post by Wouter Roets »

Hallo Johan

S365 Lott63 se verbrandingseienskappe is op n druppel dieselfde as S355. Het dit self opgetel op my eie wapens en so ook op n hele paar manne wat ek gehelp het. As jy QL en die nodeprogram gebruik kan jy net so op S355 se gegewens werk. Sorry ek moes dit al n hele ruk terug genoem het!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: S365 lot 063

Post by tafjak »

Ai tog

Die Somchem(Sopchem) kan darem merakkels maak as dit einde van die jaar raak. Miskien moet hulle maar eerder by kunsmis bly!

Wonner wanneer gaan iemand seerkry?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: S365 lot 063

Post by johan »

Jare gelede toe S365 nog MR4 gewees het in die geel vierkantige blik het dit net so gesukkel met die brandspoed verskil van lot na lot.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: S365 lot 063

Post by Johan JvR »

Sjoe - ek weet nie of ek verlig of moedeloos moet wees nie! Wouter ek wou jou nie weer pla nie, maar daai Rugertjie van my wou niks weet van die lading wat jy voorgestel het nie - nou weet ek hoekom! Gelukkig skiet hy barshou met die 55gr koeltjies.

Ek sal die S355 brandingstempo ingedagte hou en saterdag gaan kyk wat hy maak. Ek het al begin wonder of dit die slagdoppies se skuld is.

Wonder of mens nie maar moet oorskakel S361 of S385 toe nie, of dink julle daai kruit is ook maar nie konstant nie?

Baie dankie vir die hulp.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: S365 lot 063

Post by Johan JvR »

My vrou reken hulle het al daai lot 061 gemeng met goeie kruit en weer aan ons terug gegee....as lot 063.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: S365 lot 063

Post by Lourens »

Johan,

Ek het dit ook agtergekom. Toe ek die eerste keer S365 Lot 063 in my 375 Ruger laai skiet hy skielik die hele papier vol met 'n lading wat met 'n vorige lot nommer mooi gewerk het. Wens ons kan op 'n punt kom waar kruit van lot tot lot konstant ontbrand en presteer. Dit sal die lewe darm baie makliker maak!!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: S365 lot 063

Post by Marc »

Naands?,

Is lot 063 die nuwe batch ? Ek laai nog met die vorige batch, maar dit gaan dalk nog net een rondte maak dan gaan ek ook nuwe kruit moet gaan loop soek. Ek het gelees dat die nuwe batch 10% warmer is as die vorige een. Ons gaan maar weer voor begin met "fine tune"

Ek wil dieselfde vraag as JohanJvR vra, moet 'n man nie maar dan oorskakel nie? Die probleem gaan net inkom as jy te veel soorte kruite moet begin aanhou en dalk oor die gewig limiet gaan.

Dankie vir al die terugvoer, so leer mens mos maar, oplet in die klas :)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: S365 lot 063

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Die goeie nuus is alles is weer back to normal met Lott 64. Hy is wel so bietjie stadiger as die normale maar niks om oor huis toe te skryf nie. Vir die meeste kalibers is dit in elk geval n bonus. Koop genoeg van een kryt om n ruk te hou.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S365 lot 063

Post by tripodmvr »

Meng 63 en 64 en miskien het jy dan die ware Jakob.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: S365 lot 063

Post by Wouter Roets »

Driepoot

Ek sal dit nie aanbeveel nie. Meskien as jy dit oor vier blikke doen maar die kans is dan daar dat jy vier goeie blikke opvoeter. Hou dit en merk dit maar as S355. Jou kanse vir onkonstante reaksie is net te groot.

Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
375Ruger

Re: S365 lot 063

Post by 375Ruger »

Goeie more,

Kan mens glad nie S365 lot 61 gebruik nie?

Ek het n blik terug geneem na die handelaar toe (waar ek dit gekoop het) wat my toe vertel dat die enigste probleem met lot 61 is dat ouens wat vir .308 laai, akuraatheid probleme ondervind het. Ek sou geen probleme ondervind het met my 30-06. Ek het n paar  Barnes 110 gr gelaai wat akuraat skiet uit my geweer. Wil nie my geweer beskadig nie, laat weet asb.

groete

Willem
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: S365 lot 063

Post by Johan JvR »

Ludwig

Ek skiet tans 180gr Nosler B-Tip (teiken en speel) en Barnes TSX 165gr (jag) gelaai met S365 en dan 210gr Bergers gelaai met S385 (puik resultate) in my 300WM.

Ek het ook gedink, soos jy voorstel, om eerder S385 vir al my ladings te gebruik.

Ek het eers begin wonder oor die S365 na ek saterdag vir die eerste keer gaan skiet het met die 210gr/S385 lading en toe die volgende groepering gekry het: (3 skote)


[img width=560 height=420]http://i494.photobucket.com/albums/rr30 ... Berger.jpg[/img]

Ek kon dit nog nooit regkry met S365 nie.

Dis in elk geval my plan met die 300WM. Ek weet nog netnie wat om te doen met my 243 met 95gr Nosler B-tip nie?? Loop se twist is 1 in 9, dalk moet ek S361 probeer.
Ek is moeg gesukkel met s365.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: S365 lot 063

Post by Johan JvR »

Dan laai ek my 300 van nou af net S385 - klaar. Net jammer dis so 'n growwe kruit. Hy kraak maar woes in my gedaan ou kruitgooier, ek weeg maar elke patroon se lading.

Wonder hoekom kan iemand nie Amerikaanse kruit begin invoer nie?
User avatar
jimkat
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Fri Jul 15, 2011 1:19 pm

Re: S365 lot 063

Post by jimkat »

hi,ek het gister met lot 64  geskiet,beste groepering ooit todat ek gechrony het.250fs stadiger.dis darem pareties dat elke blik so verskil .dit kos jo geld en jy twyfel later in jo geweer en jouself.ek het laas maand di nuwe boekie gekoop,daar sien ek my 243 lading is 2gr oor maks.ek dink ni somchem weet self wat met hulle produk aangaan ni.ek het gister 'n pak sellier en belliot patrone gekoop.skiet lekker en isR30 goedkoper as pmp.lyk my ingevoerde goed is di oplossing.
.22 brno. 223 tikka. 243 howa varminter. 7x64 brno 308 musgrave
Post Reply