Herlaai data 300 H+H Magnum

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Herlaai data 300 H+H Magnum

Post by BLOK »

DAGSE

Graag vra ek enigeen se hulp met die herlaai data van n 300H&H. Ek het die geweer gekoop met 200 klaar self gelaaide patrone en het nou maar nog so 3 pakke oor.

Die doppe wat die vorige eienaar gebruik het is die meerderheid PMP doppe.
Indien enige iemand al ladings beproef het van ongeveer 150gr tot 200gr laat my asb. weet. Aangesien ek nou heelwat PMP doppe het wil ek dit vir eers gebruik.
Gee asb. enige punte wat julle voorstel, asook kruit en primers wat n mens kan gebruik.

Aangesien ek die geweer gebruik vir omtrent alles skiet van springbok tot eland het ek ook gedink dit sal raadsaam wees om twee stelle te maak een met n ligter en een met n swaarder grein punt gee asb raad of dit weis is of nie en voorstelle.

Dankie

Blok.

Dankie en groete
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: 300H&H

Post by WillJak »

Blok, ek hou baie van die 180gr Barnes X punt, al is hy bietjie duur en het al baie goeie resultate met hulle gehad. Persoonlik sou ek eerder iets soos die 180gr Barnes laai en daarby bly - jy behoort so tussen 2800 en 3000 fps uit hom te kry - hy skiet plat genoeg vir Springbok en omdat hy 'n lekker ho? SD het penetreer hy lekker op die groter goed.

Begin met so 57gr S365 en werk stadig op met 65gr as max, veral in die PMP doppe. Ek gebruik CCI 200 primers en is heel gelukkig met hulle.

Jou ander opsie is om te kyk na GS Custom se 160gr HV punt - hy is nou wel ligter maar hy't ook 'n lekker ho? SD en jy behoort so 3300 fps uit hom te kry met so rondom 65gr 365. Ek het hulle nog nie self gebruik nie maar ek hoor hulle penetreer dat dit bars.

Onthou om die Barnes so 1 tot 1.25 mm van die groewe af te laai - die HV se data is op GS se webtuiste.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
rockrabbit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Tue Mar 17, 2009 10:37 pm

Re: 300H&H

Post by rockrabbit »

My ladings is veilig in my RSA aksie 300H+H.  Begin tenminste 5gr laer as wat ek gebruik en werk stadig op.  Ek het 'n 27duim 1-14 twist Ferlagh loop.  Hierdie ladings werk goed in my geweer, maar ek sal nie mengladings aanbeveel nie.  Probeer eerder 70gr tot 74.5gr maks met 'n 150gr punt. nr1. 155gr Sierra PALMA Match BTHP, PMP doppe, CCI 250 primer, 36.5gr S365 onder en 36.5gr S385 bo, 3350 fps.  nr2.  200gr CLAW Spitzer flatbase, PMP doppe, CCI 250 primer, 67gr S385, 2940fps.
User avatar
rockrabbit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Tue Mar 17, 2009 10:37 pm

Re: 300H&H

Post by rockrabbit »

Blok, ek het 250gr Claw punte gelaai teen 2350fps, een uit drie wou nie mooi stabeliseer nie (1 op 14 twist). Ek het wel goeie resultate gesien met 'n 1 op 10 twist in 'n 308 Norma Mag, van 'n jagmaat, teen 2380 fps. Met die punte het hy 'n swartwildebees op die knoppe getref, min vleis skade, die uitgaan gat het 14mm gemeet so daar was wel omklinking.
ben
Post Reply