Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT p
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Baie dankie vir jou moeite en tiktalent. Het jou skrywe gecopy en sal dit bestudeer en dan vrae vra as daar is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ludwig,
Baie dankie vir jou moeite en uiteensetting hier.
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Om Quickload te kalibreer is nie eenvoudig nie en dit moet gedoen word vir elke geweer lading kombinasie.
Om dit te doen het jy spoed vs. lading data nodig. Ook nie net by een lading nie maar by tenminste twee of meer. So kan jy Quickload opstel dat hy baie nader aan die waarheid is as die weergawe wat van die cd af kom.

- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ludwig
BAIE DANKIE - nou verstaan ek ook...
BAIE DANKIE - nou verstaan ek ook...
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ludwig - Baie dankie vir die tut!! MAAR EK HET NOU MY GAT AFGESKRIK!!
Ek het gelaai vir my 308 (24") met 150gr Sierra SPBT en PMP doppe (H20 = 56gr)
My QL gee die "Ratio of specific heats" van S335 aan as 1.2240. Indien ek dit verander na jou tabel se 1.240 dan spring die drukvlak vanaf 59578 psi na 66728 psi
vir dieselfde lading wat ek alreeds gebruik het :o Die 308 se maks is 60191!!
Die node wat ek gejaag het was 1.102 vir 'n spoed van 2852 fps (kon net tot 1.104 OBT kom met 46.6 gr S335) Ek kon nie verstaan hoe ek 'n gemid. spoed van 2953 (5 skote) uit die lading gekry het nie (sonder enige druk tekens)
Nou weet ek hoekom!!!! Deur jou tabel te gebruik en die ratio te verander van S335, voorspel QL 2956 fps!! MAAR die druk is skyhigh!!
Die OBT is nou ook 1.050, wat verduidelik hoekom die lading nie baie lekker gegroepeer het nie.
Manne - ek wil julle sterk aanraai om Ludwig se tabel te gebruik - ek kon baie maklik 'n groot fout gemaak het!!!

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Gerard
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Soos QL uit die pakkie kom is die gscustom.bul file, soos in 1.4 van Ludwig se oorpronklike post, heeltemal verkeerd. Vee dit uit en vervang met die een wat op ons webwerf beskikbaar is. Ek opdateer die gscustom.bul van tyd tot tyd en die datum is by die skakel.
http://www.gsgroup.co.za/10stuff.html
http://www.gsgroup.co.za/10stuff.html
-
Gerard
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ludwig, Kan ek asb ook daardie tabel van jou kry. Mens vra vir Somchem net soveel keer en dan gee mens op.
-
Gerard
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Dankie, ek het afgelaai. Ek het gehoor hulle noem dit Alzheimers Light. 
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ek lees die goed met graagte en is vir my baie leersaam...net 1 ding pla my hier...
Die excel sheet met veranderlike barrel length wat hier as 'n link http://dl.dropbox.com/u/39344711/QuikLo ... 20Time.xls, is en die tabel Table 1 - Predicted Optimum Barrel Times in die ander link, stem nie oorreen nie...watter een gebruik mens dan??
Ek hoop ek stel my vraag duidelik..
Cheers

Last edited by Cobus(Cobb) on Wed Dec 14, 2011 3:46 pm, edited 1 time in total.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ek sien,sien ook sy verduideliking... dankie Ludwig
Cheers
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ek is besig om al die verskillende koels wat ek het by te voeg in die databank
Ek wil net weet of doen ek dit reg
Ek gebruik die vyfde icon van regs n dop met vernier oor hom
Hier vul ek Boonste lyn al die koel gegewens in bv. .244, 36, Barnes HP 22456 Myne
Ek sit die Myne agter aan die inligting sodat ek
laater weet wat het ek by gesit.Dan die lengte 17.40mm
Die projectile diameter 5.66
Die projectile Weight 36.0gr
Die BC .149
Die shot start/ init presure word aan gegee as 250 Bar
Die res is nie nodig want dit is flat base dan druk ek add new en daar is hy by gevoeg tot databasis
DOEN EK DIT REG veral daai shot start / init presure los mens hom maar altyd soos hulle hom aangee
Ek wil net weet of doen ek dit reg
Ek gebruik die vyfde icon van regs n dop met vernier oor hom
Hier vul ek Boonste lyn al die koel gegewens in bv. .244, 36, Barnes HP 22456 Myne
Ek sit die Myne agter aan die inligting sodat ek
laater weet wat het ek by gesit.Dan die lengte 17.40mm
Die projectile diameter 5.66
Die projectile Weight 36.0gr
Die BC .149
Die shot start/ init presure word aan gegee as 250 Bar
Die res is nie nodig want dit is flat base dan druk ek add new en daar is hy by gevoeg tot databasis
DOEN EK DIT REG veral daai shot start / init presure los mens hom maar altyd soos hulle hom aangee

-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Dankie Ludwig
Ek sien nou die ''Hover'' oor die blokie met verskillende waardes
Dankie
Ek sien nou die ''Hover'' oor die blokie met verskillende waardes
Dankie

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Barnes se bullet file tref wel die onderskeid met ou Xbullet en nuwe TSX as dit by shot start pressure kom..
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Hi Tripod het jy die hele Barnes bullet file
en as jy hom het kan jy dit hir plaas of email aan my
Dankie Gerhardt
en as jy hom het kan jy dit hir plaas of email aan my
Dankie Gerhardt

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Stuur vir jou al die files wat ek het. Sien nou dat jy al hierdie files kan edit met notepad of wordpad en sodoende parameters regstel wat verander. Kan die file dan met jaartal by stoor om die opdaterings aan te toon en die oue behou. Dieselfde kan met die kruit files gedoen word - kyk na wat Ludwig netnou geskryf het oor die regstel van die Somchem data.Vlakvark wrote: Hi Tripod het jy die hele Barnes bullet file
en as jy hom het kan jy dit hir plaas of email aan my
Dankie Gerhardt
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ludwig
As jy by QL kyk is daar 2x223 kal nl 223 rem en 223 saami wat is die een wat ek moet gebruik.
Dankie
Beretta
As jy by QL kyk is daar 2x223 kal nl 223 rem en 223 saami wat is die een wat ek moet gebruik.
Dankie
Beretta
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Dankie Tripod Ek het hom
Ek gaan nou kyk hoe ek n file op sy eie oop kan maak so dat die inligting daar in bly en nie met QL se file meng nie
Ek is bly die kleaner werk ek was nogal bang dat die ouens ontevrede kan wees
. ek sien die mandjie in die kleaner maak dat jy 30% werking verloor so ek gebruik myne sonder die mandjie
Ek gaan nou kyk hoe ek n file op sy eie oop kan maak so dat die inligting daar in bly en nie met QL se file meng nie
Ek is bly die kleaner werk ek was nogal bang dat die ouens ontevrede kan wees
. ek sien die mandjie in die kleaner maak dat jy 30% werking verloor so ek gebruik myne sonder die mandjie

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Hy reageer op my e-pos aan hom. Het sonic cleaner deur hom aangekoop en hy praat oor die' se werkverrigting. Jy kan maar nog een vat. Die vorige was nie werklik so sterk nie.Ludwig wrote:Vlakvark, dalk is dit al laat op 'n Saterdag middag en het al my slukkies te veel geraak, maar waarvan praat jy hier??Vlakvark wrote: Ek is bly die kleaner werk ek was nogal bang dat die ouens ontevrede kan wees
. ek sien die mandjie in die kleaner maak dat jy 30% werking verloor so ek gebruik myne sonder die mandjie![]()
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ludwig
dis vir Tripod op n email wat hy vir my gestuur het

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
ek dink nie dis nodig om n nuwe topic te begin nie, en waaroor ek wil vra kom juis van die topic af. die pdf wat ek afgelaai het wat handel oor die OBT was een van die mees praktiese en informatiewe stukke wat ek nog tee gekom het sedert ek herlaai.
ek en Dok praat vanmiddag oor juis die inligtingstuk. die skrywer se dat die kroon tydelik effens vervorm as die koeel die loop verlaat. hoe kleiner die verandering aan die kroon,hoe akurater die geweer. as jy dan na n kd kyk, wat op die kroon op vas draai en jy kyk na die uiters steweige konstruksie van n kd dan voel dit vir my een van die redes dat gewere neig om beter te groep bloot as n kd opgedraai word, is omdat die kd die kroon "houvas". die kd beperk dus die tydelike vervorming van die kroon. kan dit wees?
die ander navraag wat ek het, terwyl ek die OBT onder die knie probeer kry is ook oor kd's. die golf/puls gaan deur die loop en kom weer terug sodra dit die kroon(kom ons praat met vir die oomblik van die punt van die loop) bereik het. nou as jy dan n kd op draai wat kan ek verwag gaan die invloed wees op die golf? maw , die loop het nou langer geword en die punt is nou verder weg. gaan die golf nogsteeds tot by die kroon gaan of nou tot by sy nuwe punt waar die kd eindig? as ek moet raai dan dink ek die die kd is so styf vas dat die golf nie anders kan as om oor te beweeg na die kd toe nie.
nou as dit so is, dan kan dit tog nog n rede wees waarom kd geneig is om gewere akurater te maak. daar is seker baie gewere wat sonder die eienaar se wete, n terugkerende golf oor die kamer kry voordat al die kruit ontsteek is. kry jy nogtans aanvaarbare akuraatheid uit so n geweer, en die golf gaan nou eers in kd in en kom dan terug is dit dalk net daardie ekstra bietjie tyd wat ontbreek het om al die kruit te onbrand voordat die golf weer by die kamer is? nou net deur die kd by te sit en die "loop te verleng" het jy tyd gekoop vir die ontbranding om te voltooi en n matige akurate geweer is nou meer akuraat?
dit sal seker meer korrek wees om te se dat: jy die afstand wat die golf moet afle ,voordat dit terug beweeg, verleng het. as wat n mens se die loop is verleng.

Last edited by James Wilson on Thu Mar 08, 2012 5:10 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
James
Skielik gaan daar ligte aan die kant ook, hoop iemand kan die "flood lights" bring
Mooiloop
Marc

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
Ludwig, die ander ding oor die golf en die ontbranding wat voltooi moet wees voor die golf terugkeer: as jy na die optimum laai resepte kyk dan wil jy altyd so n vol dop as moontlik he. met q/load op my 300H&H is dit dan ook so dat die dopvulling met die S385 die beste is. ek het dan ook die q/load aanbevole ladings geskiet met S385 maar kry nie sukses nie. doen ek egter n q/load op S365 dan kry dadelik goeie resultate. my waarneming en my vraag is: die 300H&H wat se dop so uitermatig lank is, maak ek die afleiding dat nognie al die kruit(s385) volwaardig ontbrand het wyl die golf oor die kamer terug keer nie? is dit dus die rede dat ek beter akuraatheid kry op die S365?
die s365 ladings is heelwat minder kruit en ontbrand bietjie vinniger, maar natuurlik met swakker dopvulling. miskien is die lang 300H&H dop die uitsondering wat die reel bewys.
die s365 ladings is heelwat minder kruit en ontbrand bietjie vinniger, maar natuurlik met swakker dopvulling. miskien is die lang 300H&H dop die uitsondering wat die reel bewys.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Quickload Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die OBT proses
LudwigLudwig wrote: Hierdie is maar die nadele van die magnums met die lang doppe wat baie kruit moet verbrand, en een van die groot redes hoekom die moderne kort magnums nou so gewild raak.
ek het aanvanklik nie die nut van die nuwe kort magnums gesien nie, en dit afgemaak as nog n Amerikaanse foefie, maar hoe meer ek die herlaai begrip probeer bemeester hoe meer besef ek die waarde van die nuwe magnums. of kom ons se n mens kry waardering vir dit wat hulle poog met die nuwe dop ontwerpe.
ek het met alles in gedagte, het ek gister n lading uitgewerk vir n Barnes tsx 180grn my eerste groep was 17mm @ 2923f/s. in die verlede as ek n nuwe lading koeel gewig probeer het sal dit my maklik 30 patrone of meer gekos het om by selfs net moa te kry. dit wil tog voorkom of ek tussen die herlaai handleidings ,Jaracal se insette en baie advies, besig is om vordering te maak met korrekte herlaai tegnieke.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O
Hallo Manne en Maninne
Ek rig hierdie skrywe net weer om n paar dinge onder julle aandag te bring met die gebruik van QL. Hierdie moet asb na opgelet word want dit is n baie belangrike aspek.
Wanneer n persoon vir QL en Nodespoed raad hier vra ontvang hy n spoed waarna toe moet opgewerk vanaf sy huidige TPL en daarna wanneer die spoed verkry is is TPL verstellings nodig vir finetuning soos ons se. Ek sien dat mense bitter min met hulle fisiese spoedlesings teruk kom na die raadgewer sodat kalibrasie gedoen kan word vir finale nodespoed.
Onthou eerstens dat QL se date oor die poeiers n gegewe lott poeier was. Dit kan en sal heel moontlik verskil van jou lot waarmee jy huidig besig is. Onthou dat die lotte wissel van die vervaardiger en om dinge nog meer gekompliseerd te maak kan hierdie wisseling vererger word deur die herlaaier self. Humiditeit en temperatuur verskille tydens die herlaai proses beeinvloed ook ontbrandings eienskappe. Met hierdie ingedagte moet herlaaiers nie hulle poeier te lank blootstelling aan omstandighede gee wat drasties anders is as waarteen die poeier oorspronklik vermeng is nie.
Die volgende aspek om ingedagte te hou is dat jy nog steeds met n beginlading wat laag is in die drukspektrum van die kaliber mee moet begin. Hierdie is juis om veiligheid te verseker. Hierdie gaan nie net oor die brandspoed vasstelling van die spesifieke lott kruit nie maar kan ook adisionele probleme met komponente uitwys. Doppe wat knyp(te lank vir die kamer), doughnuts, dik wande van doppe, koeels wat aan die groot deursnee kant is ens. Hierdie laasgenoemde aspekte is gelukkig darem nie dinge wat algemeen is nie, maar gebeur wel veral as nuwe komponente vir die eerste keer gebruik word. Wees liewer "Safe rather than Sorry".
Wanneer jy met die beginlading fisies geskiet het kan jy dan terug kom met die informasie sodat n mens dan QL daarmee kan kalibreer. Dit is beter om meer spoedlesings te he vir die proses met verskillende ladings sodat die kalibrerings proses akkurater kan wees. Eers na hierdie proses kan n mens n werklike finale nodebepaling doen wat veilig en akkuraad is.
Onthou ook om altyd met die TPL verstelling dieper te werk en nie langer nie. Met n korter sprong styg druk baie vinniger wat gevaarlik is tesame daarmee veroorsook dit dat jy vinnig uit die nodeband kan beweeg. Moet nie jou TPL verstelling veel groter as 0,2mm maak nie. Hierdie is al oor as genoeg om n beduidende verandering aan groepering te maak.
n Verdere punt om in gedagte te hou met al hierdie aspekte is om nog steeds die algemene druktekens dop te hou deur die hele proses. Gee aandag aan jou primers, meet jou basis uitsetting van die dop en voel mooi hoe jou slot oopmaak na die skoot. Die gebruik van QL gaan nog steeds hand aan hand met hierdie algemene ladingontwikkelings praktyke.
Laastens moet nie dat QL en die nodeprogram jou lui maak nie. Koop nog steeds jou oorses herlaai handleidings en bestudeer hulle. Nie net vir die herlaai en spoed data nie maar vir algemen kennis verbreedting. Daar is waardevolle kennis in elkeen te kry. Indien jy n gunsteling koeel vervaardiger het waarmee jy skiet probeer die handleiding van daai vervaardiger aanskaf. Ek het nog nooit geld gemors met enige van die handleidings wat ek gekoop het nie want elkeen bevat n unieke stukke waarde erens.
Manne wees veilig en leer om vir jouself te dink en nie net blindelings alles te aanvaar nie. Kennis in hierdie tydsverdryf is absoluut kosbaar en in meeste gevalle lewensbelangrik!
Groetnis
Wouter