Eerste dagroep sukses
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Eerste dagroep sukses
Ek het Saterdag op 'n jakkie afgery so teen 06h00 maar nie kans gekry nie. Was besig met pompe start en dan is daar nie tyd nie. Los hom toe maar met 'n gebewe in my die binneste.
Vandag so teen 17h30 gegaan en die roeper naby die rante uitgesit en 'n mooi wit en swart veer in 'n bos naby gehang. Die veer het vreeslik lekker gewarrel in die wind maar het homself seker so na 2 minute vasgewen. Ek het die bakiie weg gaan steek en in die rante lekker stelling ingeneem. So 5 minute gewag en net die wereld bekyk. Toe haas geroep lekker sag al het die wind so 15km/h gewaai. NIKS, toe Havalina vir kort 20 sekondes en weer gewag vir so 15minute. NIKS weer. ( Ek moet se dat jakkies nie juis volop hier is nie) Die enigste effekte wat ek gekry het was die korhane wat beserk gaan elke keer as die roeper begin, met Havalina het selfs 2 blou valkies ingekom om te kyk wat gaan aan.
Toe so teen 19h00 dink en nee wat hier gaan niks gebeur en gebruik Jakkals blaf net vir 5 sekondes en dadelik antwoord een my so 500m ver. Ek het gedink dit is reg voor my ( oos ). Stilte dadelik. Ek was nog besig om die verkyker op te tel om te sien of ek hom gewaar toe een met die pad af, reg teen die windin gedraf kom tot so 15 meter verder as die roeper. Ek het amper iets oorgekom want ek was so seker dat daar niks gaan gebeur nie. Bewe, sukkel om scope te sien, bewe, asem- sommer alles "tilt". Sien toe uiteindelik dat ek die jakkie kan sien maar hy wil nie stil gaan staan nie. Een "whaw" en hy steek viervoet vas en soek my. Net genoeg tyd om rustig te raak en seker te maak, kalmte oor my ( dankie tog ). Skoot klap en ek vergeet skoon van toegee vir die wind en afdraende en die afstand, 90m, maar die geluid anderkant se alles. Hy spring so paar keer rond em ek dink eens daar gaan hy nou. Nou bewe ek eers, kry amper nie die volgende rondte in die kamer nie. Toe ook nie meer nodig want alles is verby.
Nog so 30 minute gewag en een keer jakkals blaf geroep maar niks verder gesien of gehoor.
Wat 'n lekkerte. Jakkalskoors is vol adrinalien.
So lyk sy toe, 6.9kg, 2-4 jaar oud, lyk(dink so) soos helper want haar spene is toegegroei. Maag leeg. En dit is ook die geweer se eerste jakkie. Lourens hy skiet soos 'n droom, BStalker moet nou net klaar krismas hou en my KD maak, my ore laaik dit nie.
[img width=560 height=420]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... 2011-1.jpg[/img]

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Christo mooi man. Ek het dit al 2 keer probeer en was elke keer gelukkig. Moet s? ek het ook soos 'n v8 met 4 dooie pluks gebewe as jakkie omval.
G Gert
G Gert
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Baie goed gedoen daar christo...dis maar die begin van vele. Sterkte vorentoe
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Christo
Mooi gegooi en ek moet jou komplimenteer met jou foto se samestelling
Groete
JAS
Ek gaan hierdie vir my vrou wys, sy glo my mos nie.Christo wrote: Wat 'n lekkerte. Jakkalskoors is vol adrinalien.
Mooi gegooi en ek moet jou komplimenteer met jou foto se samestelling
Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Christo ek begin ook nou die jak skiet ding reg kry
Al te lekker as jy daai eerste beweging sien en dan die finale "doep" geluid as die skoot geloop het.
Mooi brakkie daai moet ek s?. Mooi duidelikke rooi lyf en swart saal. Hier by ons is die kleur nie so mooi donker nie.
Peet

Work to live, don"t live to work
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Christo
Dit is nou regtig iets om van te bewe! Mooiman!

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Christo
Mooi gebewe!
Alle hart are skiet daai tyd gelyk oop, hulle moet net n filter ontwerp wat daardie tyd die cholestrol opvang.

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Mooi ge gooi wat se roer is dit
Beretta
Beretta
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Ruger M77 Mk 2 22-250, was Lourens aka Rooijakkals oppie forum s'n wat ek oorgeneem het.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Eerste dagroep sukses
Netjies maat
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Eerste dagroep sukses
Netjies gedoen Christo!!! Baie bly om te sien jy is gelukkig met die geweer en dat jy darrem jakkie-bloed kon trek! Geniet hom, hy gaan nog vir jou baie veugde verskaf. Ek is nou besig met wilde planne vir daai nuwe 243 van my...

Groete,
Lourens
Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Niel Viljoen
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Wed May 05, 2010 9:21 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Geluk Christo !!!
Feit is dat die jakkie toetsie dedop het en jy toetsie met lof geslaag het, baie geluk man nou is die ys gebreek die pad vorentoe sal maar altyd n ou adrenalien faktortjie by he.

Groete
Niel

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
-
fiela
Re: Eerste dagroep sukses
Cristo
Ek weet nou nie wat die mooiste is nie? Jou Gun of die witrug!?
Lekker man, kap hulle

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Eerste dagroep sukses
Dankie vir die mooi manier waarop jy die ervaring met ons gedeel het, en mag jy nog menige jakkies laat bakkie ry met die geweer. Die foto is ook baie mooi aan mekaar gesit.
Veiligheid eerste manne!
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Eerste dagroep sukses
middag aan almal!
wil net met jul my en sakkie kotzee se eerste dagroep sukses deel.het so 3 saterdae terug net buite bloem gou n dagroep gaan probeer.het so 5uur op n koppie met n groot grasvlakte voor ons gaan sit so 70m uit mekaar met die roeper tussen ons 2.het so 6uur begin roep(sakkie sal kan se^ met watse klank,ek kan nie onthou nie) daar kom toe 5 jakals gelyk ingehardloop.dink nie ek was al in my lewe so koorsig oor n jakals soos daardie dag nie.ek dop toe die eerste een om met n 87gr vmax op so 135m en die 2e een op 250m.albei jong jakkies.kon nie skoot op die ander kry nie.skuif toe ons staanplek so 500m verder af.en begin weer roep.sakkie dop toe ook 2 om (groot reun en teef)op so 60m en 40m.kan nie glo daar is so baie jakkies so naby die stad nie.die liggies op die foto is n woonbuurt van bloemfontein.kon ook 2 naweke terug 2 jakkies met die 44 mag rewolwer omdop terwyl ons vark gejag het met die boog.moet se^ n 300gr loodpunt is verseker jakals se baas.

[img width=560 height=420]http://i1137.photobucket.com/albums/n50 ... C11768.jpg[/img]
-
Jeep 1
- Jr. Member

- Posts: 85
- Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Middag manne
Hoe ver was julle van bloem af +- net vir intersantheid
Groete
Jeep

25 06 !
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Christo
As hy weer so lank vat om in te kom probeer bietjie van ouma se hoender pasty . Well Done

- Arno Pienaar
- Sr. Member

- Posts: 280
- Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm
Re: Eerste dagroep sukses
Mooi gedoen daar hou so aan met hulle en laat hulle val. Mooiloop
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Edenburg
Suid-Vrystaat
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Eerste dagroep sukses
naby genoeg dat ek moes afmik dat ek nie die tannies wat 7e laan kyk se tv raakskiet nie.was seker niks verder as 5km uit die stad nie.ek het seker so 200m vanaf die N1 hoofweg gesit.die jakkalse is so gewoond aan wit ligte(van die verkeer) dat ons gewoonlik nie eers rooi filters gebruik nie.