Kort i man regtig i healpomp?

Post Reply
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by blaser »

Waarvoor wil jy hom gebruik volgens my is n pompaksie net goed vir selverdedeging en dan is n simie nog beter
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Nuweseun »

Piet, ek stem saam met Remington. 'n semi is 'n baie die beter roep.
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by molopohunter »

Semi is baie goed, varal vir speel. Maar eina op die sak met amo as jy die dag nou regtig lekker speel ;D ;D
Sou glad nie omgee vir n lekker semi nie.

Daai kort winchester/mossberg tipe pompe werk uitstekend agter n gewonde bosbok, luiperd ens. Baie outfitters gebruik dit en nat con ook.
Ons het hulle al op bobbejane gebruik as jy gaan optel en nie te seker is of almal dood is nie.
Hulle range vind ek nogal kort, maar het al duiwe met sukses met hulle geskiet, veral daai vinnige "low flyers".
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by tripodmvr »

Hoekom dan nie 'n mooi O/U en dan kan jy hom vir vele doele gebruik. 'n Haelgeweer raak al hoe lekkerder as mens ouer word. Geen lang beplanning vir die jag nie. Gaan die oggend vroeg uit, skiet watervoels, later fisante en tarentale, braai vleisie en huis toe. Baie skote geskiet en die vo?ls kos nie R1000 stuk nie. Jy het ook dan lekker gekuier saam met jou jagpelle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Pvdw »

Ja Piet jy kort een. Al staan hy net in jou kluis maar enige man moet 'n haelgeweer h? :angel: :angel:

Piet is dit nie wat jy wou gehoor het nie ;D ;D

Ek het self baie min ondervinding met haelgewere en het nou vir my ook een aangeskaf.

Ek het reeds 4 manne op die forum wat aangebied het om my tou wys te maak. Ek kan nie wag nie.

Ek sou s? dis soos enige ander item, gaan jy hom regtig gebruik, het jy hom nodig. Staan hy in die kas, dan was dit nie so broodnodig nie.

Peet
Last edited by Pvdw on Fri Dec 23, 2011 8:09 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Dawid »

Hoekom weet ek nie maar ek het nie saam my bevoegdheid die haelgeweer gedoen nie en is van dag bitter spyt daaroor en gaan dit beslis vroeg aanstaande jaar afhandel want ek het nou al baie gestaan en kyk....as n knaap die gang in my huis af kom kan ek hom stamp tot in die kombuis waar ons lekker kan koek en tee vat want hyt mos ingebreek want hys honger. Al die duiwe skiete en voeljagte wat n man kan meemaak en wat eerlikwaar nie rof op die sak is nie en dan is dit volgens my n uitstekende "back-up" vir ongediertes

JA...N MAN MOET N HAELPOMP HE....Dis soos n .22, elke man moet eenvoudig een he
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Kallie404 »

Naand manne , ja ek moet saam stem, n hael geweer is n moet !  My twee is regte  " DKWs", dans,kerk en  werk !! Van klei duiwe tot regte duiwe, bosvarke in die maanlig , tarentale in die lande, slange enige plek en elke liewe aand langs my bed vir soos Dawid se die manne wat ongenooid opdaag.

Ek dink nie daar is n veeldoeliger wapen as n hael pomp nie (natuurlik binne sy perke). Ek het n "over and under"  en  n "side by side"  en gaan vorentoe vir my nog n pomp aksie of n semi koop.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Gerhard »

Piet,

Ek het 2 hael gewere.

My S/S Brno wat ek gekry het toe ek 11 was. Skiet alles wat vlieg met hom.

Ek het ook n Mossberg pomp wat ek gebruik vir praktiese 3 gun skiet komp.

Baie lekke geweer wat ek nou gebruik as my "pick up gun" vir jakkalse.

Altwee skiet baie lekke en dek die hele spektrum wat ek wil doen met n hael geweer.

Met bietjie oefen skiet jy maklik vinniger as n semi auto. Ons het dit redelik gereeld gesien met die kompetisies. Gaan maar oor tegniek.

Toe ek nog in oefening was kon ek 4 of 5 pepper popper staal plate drop in 3.3 sekondes met die pomp...


Image
Last edited by Gerhard on Wed Dec 28, 2011 7:14 am, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by tripodmvr »

Die ander ding van vlugskiet met 'n haelgeweer. daar is min dinge wat so lekker is as om 'n vo?l uit die lug te haal. Gee 'n gevoel van prestasie meer as met haarwild skiet. Seker die langer tydperk wat jy kan waarneem. Dit klink seker nie eties baie korrek nie, maar kan dit nie anders beskryf nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by GERT vd M »

Pvdw wrote: Ja Piet jy kort een. Al staan hy net in jou kluis maar enige man moet 'n haelgeweer h? :angel: :angel:

Piet is dit nie wat jy wou gehoor het nie ;D ;D

Ek het self baie min ondervinding met haelgewere en het nou vir my ook een aangeskaf.

Ek het reeds 4 manne op die forum wat aangebied het om my tou wys te maak. Ek kan nie wag nie.

Ek sou s? dis soos enige ander item, gaan jy hom regtig gebruik, het jy hom nodig. Staan hy in die kas, dan was dit nie so broodnodig nie.

Peet
Dit is dieselfde as met n mes, elke man moet een he. Inteendeel ek ken nie iemand wat net een mes het nie. Praat nou nie van tafel messe nie. GROETNIS
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Beretta »

Manne
Vat nou net die messe ek sal in my leeftyd nooit alles kan gabruik nie maar kort altyd nog een ;D ;D ;D
Beretta
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Stefan764 »

Ek het ook die Mossberg Pompaksie, met die 30" loop.

Hy is bietjie ongemaklik in die huis vir selfverdediging, maar die 2 keer wat ek al moes gaan ondersoek onstel het ek redelik veilig agter daai 6x no 7's gevoel  ;D

Die lekker ding is (en dis waarvoor die geweer gekoop is destyds) tarentale en fisante tot op 50m met daai lang loop. En nout n man 5x ini pens en 1x in die loop. Alte lekker as die trop tarantulas opvlieg!!

Hierdie gun is baie spesiaal vir my, dit was my eerste geweer. Het hom met my eie sakgeld gekoop toe ek 14 was teen R1800 splinternuut!

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by henslin »

Lyk my die Mossbergs is net so volop soos Toyotas  ;D

Myne is 'n pompaksie met 26" loop en verstelbare choke ( c-choke ). Was my eerste geweer wat ek self gekoop het. Die hele reeks vanaf kleiduif, duiwe, tarentale,slange en bosvarke. Nie 'n probleem om daai 6 skote een lang blaf te maak nie.

Dink dit is 'n moet soos sout in pap. As jy hom nie gewoond was nie sal jy hom nie mis nie.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by basie »

Ek was noudie dag by 'n man gewees wat groot in die kleiduifskiet besigheid is. Hy se toe dat sekere haelgewere die beste finansiele belegging is wat mens kan maak. Hy het die pryse en waardes daar gegee en dit het heel goed geklink. Al probleem net is dat daai roere wat hy van praat kos 'n hele paar rand.  Ek dink die gewere se maak was iets soos Perracci of soiets.
Ek moet se hulle lyk baie spoggerig en sal nie omgee om so een te he nie, maar ai daai dollars. :P :-\

Mooiloop
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Beretta »

Perazzi maar Beretta is beter
Beretta ;) ;)
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by SV MAD (Henk) »

Stem saam, haelpomp is baie lekker.

Het 'n Beretta langloop haelpomp, 3+1. Baie baie lekker, en sy hele aksie is syglad! Jy kort daai haelpomp! ;D
ek soek nog wapens...
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Arno Pienaar »

SV ek stem saam met jou n pomp is baie lekker maar ek het nog nie met n semi gespeel nie maar ek dink hy kan ook baie lekker wees dis afhangend wat jy met hom wil doen.                          Mooiloop
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
Vincehond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Vincehond »

Koop hom my maat. jy sal nooit spyt wees nie. Enige geweer is n belegging in my oe.

Gaan doen net jou toegewyde jagter en dan hou jy die al jou ander gewere en worry nie oor die 4 limiet.

So kursus is vrek leke en verseker die moeite werd.

En glo my as daai haelgeweer jou eers gebyt het dan gebruik jy hom meer as al die ander saam.
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
User avatar
Romac
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jul 27, 2011 7:04 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Romac »

Wie het hulle hael gewere al gebruik op jakkies en bosvarke en watse nommer dop(Rondtes) gebruik julle daarvoor. Op watse afstande kan n mens die haelgeweer gebruik daarvoor.

Groete
300 Win Mag, 243, 12 Boor O/U
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Arno Pienaar »

Romac dit hang af hoe wil jy die jakkies wil skiet. [Uit Chopper,voorsit met klomp manne in n lyn] of hoe maar ek dink NO 2 en 3 hael en AAA gaan werk vir jakkies.Die groot nadeel is jy moet naby aan hulle kom om hom te kan skiet met die hael roer.                  Mooiloop
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by G-force »

Romac wrote: Wie het hulle hael gewere al gebruik op jakkies en bosvarke en watse nommer dop(Rondtes) gebruik julle daarvoor. Op watse afstande kan n mens die haelgeweer gebruik daarvoor.

Groete
Het al jak se kind met nommer 4's gelooi met my Beretta semi.Sal liewers grooter wil gaan...SSG seker beter.
Last edited by G-force on Fri Mar 16, 2012 9:14 am, edited 1 time in total.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Ferdi »

Vat die haelgeweer. Dit bly 'n lekker speelding maak nie saak watter kant toe vli?nde voels of koek en tee saam die hongeres of net sommer op die skietbaan want jy kan.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by henslin »

Romac - Vir Bosvarke op kort afstand - voorsit of te voet - SSG of LG.Minder as dit in die bos - jy gaan redelik v?r loop !!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Nickvn »

Ek het n Mossberg 500 clone wat gemaak is deur CBC in Brasilia gekry met twee lope. Ek kon die ding met nie baasraak nie en het baie gesukkel om met hom te skiet. Ek het die naweek n klei duif skiet kliniek bygewoon deur Peter Carr hier by ons op Platorand tak. Ek kan se dit het maar baie sleg gegaan, het nog baie om te leer. Het sy kolf met twee duim verleng en toe begin hy werk.  >:(

[img width=360 height=480]http://i1079.photobucket.com/albums/w51 ... ile-17.jpg[/img]
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Kort i man regtig i healpomp?

Post by Nickvn »

Hy het n modified choke op altwee lope en is maar die gemiddelde choke wat n mens kry. Hy is ok vir n begin en as ek eendag groot is gaan ek ook n mooi een koop????????
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Post Reply