Een van my beter dagroepe.

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Een van my beter dagroepe.

Post by C.J. »

Dags? manne,

Ek moet hierdie storie deel. Ek kuier bietjie in die bosveld en het Saterdag aand op 'n plaas gejag waar die jakke my bietjie ore aangesit het met die lang gras, ek kon darem een kry. Die voordeel was dat ek toe hulle adres gekry het. Ek het toe geweet dat 'n dagroep hier lekker sou werk. Vanmiddag so 5 uur stop ek toe met my bakkie agter 'n sement dam, ek kon toe op my stoel sit en oor die dam kyk. Hier is baie Vlakvarke so ek besluit toe om 'n vark distress te gooi. Die dam is langs die bos so ek kon mooi in die pad af kyk. Dit was nie 3 sekondes nie toe spring twee jakke uit die bos uit so 300m voor my, reguit oppad roeper toe, wat so 100m in die bloubuffel land is. Twee min later l? die twee jakke toe. Die beeste was natuurlik nuuskierig so hulle het ook nader gestaan. Seker 10min later kom daar toe nog 'n maat aangedraf, ek skiet hom toe bietjie laag en die man maak toe baie geraas. Voor ek hom toe kon verlos pak die beeste hom. Ek kon sien hulle is gatvol vir jakke want hulle het hom vinnig stil gemaak!

Was dit nou lekker...

Groete
C.J.
Ps: toe ek daai vark distress aansit het jy net varke gesien hol!
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by Frederik »

Goeie een !
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by visstok »

Baie mooi gedoen! Klink of dit n baie opwindende jag was! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by Gerhard Smith »

Lekker man bly dit het so mooi afgeloop. Sal graag eendag so iets wil mee maak. Weet nie of die manne in of om die kaap so gereeld doen nie?

Groete
Gerhard
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by Geno »

Netjies CJ!
Ekself sink al die laaste maand of wat om meer dag roepe te doen!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by C.J. »

Dankie vir die komplimente manne.

Geno,

Jy wat ook in die bosveld jag sal baie sukses h? met dagroep, ek het al baie met die fluit ook gekap, jy moet net hulle adres h?. Ek het nou my Firestorm se antenna draad 4x langer gemaak, ek het tot op 400m nog opvangs gehad, nou kan ek die roeper 300m in 'n land in sit as ek die jakke uit die bos uit wil kry, dan sit/l? ek in die pad. Ek het al gevind dat as jy die roeper te naby aan die bos sit, hulle jou sommer uit die bos uit beloer. Verder speel ek my distresse niks langer as 8 sekondes nie, met 5min stilte, ek speel dit ook lekker hard. 'n Jakkals wat soek gee baie meer tyd vir 'n skoot as een wat voluit aankom. Probeer dit gerus, jy is al op die bord voor die son sak!

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by Adaan »

Hallo C.J
Die vark distres wat jy gespeel het, was dit klein  of groot vlakvark distres of net gewone vark distres?
Hoekom ek vra is omdat ek gehoor het dat vlakvarke inkom op klein vlakvark distres en daar jaag jou distres klank hulle weg.
Adaan
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by C.J. »

Adaan,

Dit is 'n groot vark. Ek het ook gehoor dat 'n klein varkie werk, veral as 'n sog kleintjies het. Ek het maar nuuskierigheid uitgebyt en omdat daar baie varke was het ek die vark gebruik.

Groete
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Thoei

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by Thoei »

Hi manne hoop dit gaan met almal goed,ek het nog nie baie dagroepe gedoen nie maar die keer wat ek wel het.Was dit nie lank dan wys hulle lyf.Soos almal weet was gister by ons n vakansie dag en wat n geleentheid om gou plaas toe tery.Dinsdag middag da gekom,5uur was ek by die plek wat ek wil roep.Afgeskop met Taf Territory dit was nie 3min toe sneuwel die 1ste reun.Na so 30min toe sit ek ve ou betroubaar op (Piggy distress) dit was nie 10min en ek maak weer so(teef).

Nou moet julle mooi luister:Wee ve varkie laat skree ve so 5min met n stop of 2 tussen in.Terwyl ek so staan en my Tikka hond vryf sien ek n beweeging ma daai is nie Jakkie nie,nie net 1 nie maar 3 Jagluiperds.

Is da nog manne wat al Jagluiperd ingeroep het?


Groette Thoei
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by visstok »

Mooi man Thoei! Dink dit moes n belewenis wees!! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by C.J. »

Thoei,

Goed gedoen man, die varkie werk lyk my mooi! Ek het darem al 'n Luiperd ingeroep maar nog nie 'n Jagluiperd nie, hulle kom nie hier voor nie.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by Blackie Swart »

Netjies gedoen CJ.Ek was so n tydjie uit die bedryf maar vlieg more oggend 05:oo terug na Suid-Afrika toe.Glo ek sal darm in my aftyd weer n paar rooi honde laat val.Groete daar
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Een van my beter dagroepe.

Post by C.J. »

Blackie,

Ek glo die ontrekkingsimptome is nou al erg! Kap hulle my maat, ek is seker hulle mis jou ook al!

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Post Reply