Light force gloeilampies

Post Reply
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Light force gloeilampies

Post by FrancoisN »

Naandse Manne

Ek wil graag weet waar kan ek LF gloeilampies in die hande kry. Die osram lampie is nie dieselfde lengte as die LF nie en dit is net in 60w beskikbaar. Die korter osram lampie se se kol is dan ook nie so mooi soos n nuwe LF nie.

Dankie
Katvis
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Light force gloeilampies

Post by Beretta »

Ek sal die week kyk as ek lynx toe gaan wat kos hulle
Beretta
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5144
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Light force gloeilampies

Post by Pvdw »

Katvis ek het PHILIPS se lampies gekoop vir my Nite Stalker. BAIE beter as di oorspronklikke en hy is mooi wit.

Ek het by Elektrronics 13 in Pretoria gekry teen R50 stuk.

Peet

Google die info.

PHILIPS
Projection Lamp
FCR A1/215
GY 6.35
409812
Work to live, don"t live to work
Danie Lombard .243

Re: Light force gloeilampies

Post by Danie Lombard .243 »

Katvis

Osram maak wel 'n lampie vir die Lightforce ligte in 100W en die werk baie mooi.

Maak net seker watter tiepe Lightforce jy met, die eerste of ouer model of nuwe nuwer tiepe. Die ouer tiepe se skakelaar is gelee aan die agterkant kant van die pistool greep en word met die duim aan en af geskakel. Die lig gebruik die langer lampie met die horisontale filament.

Die nuwer Lightforce se skakelaar is gelee aan die voorkant van die pistool greep en word aan en af geskakel met die wys finger amper soos 'n sneller, die skakelaar word in gedruk soos 'n knoppie. Die lig neem die korter lampie wat se filament vertikaal is.

Met die oog lyk dit vir my of die ouers ligte se reflektor effens anders gemaak is as die nuwe ligte sin. Mens kan ook nie die nuwe lig se lampie in die ouer een gebruik nie, die lig skyn sommer verkeerd soos 'n vloed lig en skyn nie 'n straal nie. Op 'n keer kon ek nie die ou lig se lampies te koop kry nie en die korter lamp wou net nie werk nie al het ek probeer veranderinge aan bing deur nie reflektor te laat dieper inskroef deur die buis af te masjien.

Osram verskaf beide lampies.
Neem jou ou lampie na 'n goeie elektriese verspreider soos 'n handelaar wat aan elektrisiens apparaat verkoop.

Danie
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Light force gloeilampies

Post by FrancoisN »

Dankie vir die raad.

Danie ja my 2 ligte is van die ouer modelle en ek is bly jy wys daarop dat die lampies verskil. Ek sal let dat ek die regte een koop en hom dan toets.  Van die plekke soos kooperasies se ek moet net nie die nuwe lampie heeltemal indruk nie, sy draatjies moet glo net halfpad ingaan dan sal hy glo die regte kol gooi. Maar dit werk nodsteeds nie soos toe die lig nog nuut was nie.

Dankie vir almal se raad.  :)

Groete
Katvis
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Light force gloeilampies

Post by Jeep 1 »

Maak seker jy kry die wetikale krul lampie daai draaikie wat so krul moet vertikaal wees

Groete
Jeep
25 06 !
User avatar
rockrabbit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Tue Mar 17, 2009 10:37 pm

Re: Light force gloeilampies

Post by rockrabbit »

Probeer jou naaste BKB, 100w OSRAM by Aliwal BKB gekoop.
Groete
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Light force gloeilampies

Post by visstok »

Kontak vir Dawie D, hy is n ?expert? as dit kom by ligte! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Post Reply