Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek kom vanoggend 7h terug van my neef af waar ek gisteraand gejag het,so 200m van die naaste water af sien ek die jakkals hardloop langs die bakkie seker so 350m weg,stop die bakkie en spring uit,vat die 223 en probeer so 2 skote in die hardloop,maar onsuksesvol
Dit was n reus van n jakkals!! Het hom seker so 300m met die bakkie gejaag,ma hy het sonop gehardloop en weggeraak in die bosse.
Nou my vraag is,gaan die jakkals nou baie skelm wees of sal ons hom vannaand kan roep en omdop?
Ek nou nie een van die ouer manne of met die meeste ervaring nie, maar se maar wat ek dink.
Ek dink as jy wil gaan roep, roep n dagroep waar die voertuig nie betrokke is nie. Die jaag van die bakkie en skote sal hom nie slim maak vir die roepmetode nie, maar hy sal nou wel weet dat daar gevaar is as hy die bakkie hoor of sien.
Dalk het daar iemand so n jakkals in die hande gekry, wag om te hoor?
Dienkie, ek stem saam met danie. Probeer 'n oggend roep naby di plek waar jy hom gewaar het voor sonop. Kry klaar jou sitplek vroegtydig (vorige dag) en gaan sit terwyl donker, wag tot die lig jou toelaat om te kan skiet en begin roep.
Sterkte Johann
Dirk,
Ek stem saam met Gerhard se raad. Los hom so bietjie.
Verlede September het ek 'n stel se teef geskiet, en die volgende aand probeer vir die reun. Hy het heeltyd op een plek gestaan en skreeu vir my. Toe ek naderskuif, is dit te naby gewees, en hy't begin hol oor 'n geploegde land. Ek het net soos jy gemaak, en op hom geskiet, en gemis (4 skote nogal!). Ek het daai reun eers 2naweke gelede doodgeskiet. Hy was steeds erg lig-sku, en het sommer baie ver om my beweeg om onder my wind te kom.
In die 6maande wat ek gestoei het met hom, het hy 'n klompie blesbok lammers, omtrent elke volstruis-kuiken en kleinvee gevang ook. Groot skade!
Jammer as ek en Gerhard jou bang praat, maar dis 'n moeilike brak wat jy nou mee sit.
Die jonges is nou besig om vir hulle huis te soek, jy kan nou verwag om hulle orals te sien, en om hulle in die dag te sien is ook nie skaaks nie, het Saterdag een 15h20 geskiet terwyl ek waters gekyk het. Die feit dat hy groot was is nie te se dat hy oud is nie, daar val nou al 8+ Kg jongetjies gereeld. Geno en Gerhard het vir jou goeie raad gegee, maar as jy die tyd het, kry vir jou 'n sit plek naby waar jy hom gesien het vroeg oggend, voor eerste lig, en wag net daar sonder om te roep, as jy hom sien, en hy is ver en kom nie na jou toe, kort sagte hoe frekwensie roepies op die fluitjie kan die wa deur die drif vir jou trek.
Ek self voel nie dat jy te veel skade gedoen het nie om op hom te skiet nie, as dit 'n jong jak is nie, en sal beslis daar gaan roep in die aand, want jy het nie geroep nie, ook nie gelig nie, en allenlik die bakkie gebruik as jaag middel. As dit egter 'n gebied is waar jy weet jakkalse is, kan dit 'n ouer een wees, dan sal ek wag. As dit egter vreemd is om jakkalse in daardie gebied te kry, gaan roep gerus. Die heel veiligste is om te wag as jy onseker is.
Onthou ook dat as jakkals stelle vir die dag atrek, le hulle nie by mekaar in die kern gebied nie, hulle kan tot 'n paar 100m van mekaar af le, dit is koekom hulle roep vroeg aand.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Ek het weer gedink omdat daar nie op hom geroep was nie, sou hy nie die gevaar assosieer met klanke nie, maar wel die bakkie, want van die bakkie af was geskiet en hy was met die bakkie gejaag.
Tog maak dit sin wat Mac se dat as jy weet dit is n ou jakkals dat n mens eerder n bietjie kan wag of ek sal se dat n mens wel nogsteeds n dag of oggend roep gaan try, maar dat n mens tevoet gaan en lank in stilte wag voor daar begin roep word. Ek voel ma net indien dit n slim jakkals is, sal hy oor 6 weke ook weet dit is die selfde gevaar, nou hoekom wag, indien daar nie op hom geroep was nie? As n mens hom met bakkie probeer jag gaan jy skade he!
Ek se nie ek is reg nie, maar dit is maar net soos ek dit opsom. 'n Slim jakkals is slim en indien daar nognie vi hom geroep was in die dag nie, sal hy nie weet dit is gevaar nie, dit nou n ander storie as hy al reeds slim geroep ook is, dan is slagyster seker de volgende opsie.
Dirkie
As dit op Boesmansberg was, sal ek hom los, dagroep gebruik ek net vir baie ligsku, skelm jakkies.
Daai neef van jou "brag" dan so met sy dagroepe, hahahaha
Pasop net dat hulle nie te slim word nie, dan gaan jy sukkel.