S335 vir 223 rem
- Sean SSR
- Jr. Member

- Posts: 60
- Joined: Wed Feb 08, 2012 10:44 am
S335 vir 223 rem
Hi Julle Manne
Is daar enige inligting oor s335 vir die 223,ek soek maar kry net s321, enige raad sal baie waardeer word.
Sean
Is daar enige inligting oor s335 vir die 223,ek soek maar kry net s321, enige raad sal baie waardeer word.
Sean
As ek net so slim soos n jak was.??
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: S335 vir 223 rem
Sean
Somchem se boekie gee dit aan.Ek het dit ook in my 223 gebruik maar sonder sukses. Ek gebruik nou net s321 en moet se het nie klagtes nie ook goed koper as 335
Beretta.
Somchem se boekie gee dit aan.Ek het dit ook in my 223 gebruik maar sonder sukses. Ek gebruik nou net s321 en moet se het nie klagtes nie ook goed koper as 335
Beretta.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir 223 rem
Somchem gee wel ladings 23,2-24,4 grein vir 2812-3025vps met 55gr koe?l. Jy kan sien dat slegs 1,2grein gee 200vps verskil en dui dan hoe sensitief 'n akkurate node sal wees vir klei kruitverskille. S321 is die aanvaarde kruit en gee 250vps ho?r spoed en baie goeie akkuraatheid.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Sean SSR
- Jr. Member

- Posts: 60
- Joined: Wed Feb 08, 2012 10:44 am
Re: S335 vir 223 rem
Baie Dankie Julle
Ek het maar net gedink iemand gebruik s335 in hulle 223 maar dit lyk nie so nie,sal maar s321 maar moet koop as ek weer in n dorp kom.
Sean
Ek het maar net gedink iemand gebruik s335 in hulle 223 maar dit lyk nie so nie,sal maar s321 maar moet koop as ek weer in n dorp kom.
Sean
As ek net so slim soos n jak was.??
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: S335 vir 223 rem
Sean
So 26.5 s321 40 gr vmax of nosler se 40 gr maak nogal mooi.
Beretta
So 26.5 s321 40 gr vmax of nosler se 40 gr maak nogal mooi.
Beretta
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir 223 rem
Beretta se resp vir die ligter koe?ls klink goed. Met 50 en 55gr het ek gevind dat 25gr die regte resep vir Sannie is. Die 223 kan nogal baie vergewensgesind wees en goeie akkuraatheid met 'n redelike verskil in greine gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: S335 vir 223 rem
Stem saam met daardie reseppie.Het nou al n hele paar grondmanne en tarentale met die vmaxe en noslers geslaan en so n paar duiwe hy maak soos die yanks se mooi red mist
Beretta
Beretta
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: S335 vir 223 rem
Ek het ook baie fotos van die grondmanne wat ek skiet neem maar elke keer n foto en datum ens
Beretta
Beretta
-
foxbat25
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm
Re: S335 vir 223 rem
Oom Beretta, watter Noslers het jy gebruik? Ek het Nosler Shots (55grein) met 24.4grein S321 gebruik. Akkuraatheid dink ek kan nog verbeter, het omtrent 35mm groep op 100m gekry. Het nou die naweek 24.6 grein gelaai, maar nog nie geskiet nie.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: S335 vir 223 rem
Ek skiet die nosler varmint met die oranje tip.Het ook die nosler shots baie met die 222 geskiet.Maar my gunsteling is die vmax 40 gr hoekom weet ek nie.Groot waterbok kla ook nie met die nosler in die kop nie
Beretta
Beretta
-
foxbat25
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm
Re: S335 vir 223 rem
Ek het nogal goeie resultate met 55gr V-maxe met 23.8gr S335 gekry. Dop is redelik vol.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir 223 rem
Dop is 103% vol en spoed sal afhang van jou COL en hoe groot die kamer is. QL wys na 3188vps met COL van 57,40mm.foxbat25 wrote: Ek het nogal goeie resultate met 55gr V-maxe met 23.8gr S335 gekry. Dop is redelik vol.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Sean SSR
- Jr. Member

- Posts: 60
- Joined: Wed Feb 08, 2012 10:44 am
Re: S335 vir 223 rem
Hi Foxbat
Het vandag met s335 23.8 probeer en dit was ok , maar dit lyk vir my die roer hou van 24grn s335
3 baie mooi skote gekry, sal maar dit gebruik tot ek s321 kan kry.
Baie dankie aan al die manne wat hulp aangebied het.
Manne dit reen nou weer heerlik in die Karoo
Sean
Het vandag met s335 23.8 probeer en dit was ok , maar dit lyk vir my die roer hou van 24grn s335
3 baie mooi skote gekry, sal maar dit gebruik tot ek s321 kan kry.
Baie dankie aan al die manne wat hulp aangebied het.
Manne dit reen nou weer heerlik in die Karoo
Sean
As ek net so slim soos n jak was.??
- Arno Pienaar
- Sr. Member

- Posts: 280
- Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm
Re: S335 vir 223 rem
223 Rem S335 23.2 55gr Vmax en kry baie goeie group met dit.
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Edenburg
Suid-Vrystaat
- rudib
- Hero Member

- Posts: 754
- Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am
Re: S335 vir 223 rem
My howa .223 hou baie van 25gr S321 op n 50gr Hornady SP.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir 223 rem
Daai 25gr S321 werk ook in ander gewere. het eergister my 223 gekry en gaan hom om 3 uur laat praat vir die eerste maal.rudib wrote: My howa .223 hou baie van 25gr S321 op n 50gr Hornady SP.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: S335 vir 223 rem
27 gr s321 40 gr vmax soos stroop
-
foxbat25
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm
Re: S335 vir 223 rem
Oom Tripod, laat weet asb wat se resultate jy gekry het.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir 223 rem
Het gistermiddag op 100m met die Howa resep begin vir hul inbreek van 'n loop. Eers word tien enkelskote geskiet met skoonmaak na elke skoot. Kon slegs 5 geskiet kry.
Eerste 4 skote met selfde teleskoopverstelling geskiet. Ammunisie is PMP fabrieks met 55 FMJBT. Groep is so 2 duim meer horisontaal versprei.(Sien foto). Teleskoop toe verstel en skoot heel links geskiet.
Spoed verkry het begin by 3273 en geeindig by 3309vps - nogal haastig vir 'n 223 en ho?r as Somchem se max van 3278.
Het loop mooi skoongemaak en die olie probeer verwyder met Asetoon. Tussen skote met M98 en Bore Foam die loop skoongemaak. Bykans geen koper het neergeslaan reg van die begin af nie. Loop bly verstommend skoon. Baie bly daaroor. Aksie is baie glad en voer en trek die dop maklik uit. Hou ook baie van die veiligheidsknip met sy drie posisies. Die geweer is redelik swaar en die 5x20 by 50mm Nikko Sterling help nie juis nie. Rubber kolf bied baie goeie greep en geweer lyk heel skaflik in sy algehele swart gewaad. Lyk my ons sal kan goed saamwerk.
Die enigste negatiewe is dat daar 'n effense voortrek is wat voel asof daar fyn sand in die meganisme is. Die sneller breek egter daarna baie skerp. Sal die' krapperigheid later aanspreek as dit nie verbeter nie. Snellerbeheer is egter goed.
Hoop vir nog vele lekker skietsessies. Sal so deur die loop van ons verhouding verslag doen.
Eerste 4 skote met selfde teleskoopverstelling geskiet. Ammunisie is PMP fabrieks met 55 FMJBT. Groep is so 2 duim meer horisontaal versprei.(Sien foto). Teleskoop toe verstel en skoot heel links geskiet.
Spoed verkry het begin by 3273 en geeindig by 3309vps - nogal haastig vir 'n 223 en ho?r as Somchem se max van 3278.
Het loop mooi skoongemaak en die olie probeer verwyder met Asetoon. Tussen skote met M98 en Bore Foam die loop skoongemaak. Bykans geen koper het neergeslaan reg van die begin af nie. Loop bly verstommend skoon. Baie bly daaroor. Aksie is baie glad en voer en trek die dop maklik uit. Hou ook baie van die veiligheidsknip met sy drie posisies. Die geweer is redelik swaar en die 5x20 by 50mm Nikko Sterling help nie juis nie. Rubber kolf bied baie goeie greep en geweer lyk heel skaflik in sy algehele swart gewaad. Lyk my ons sal kan goed saamwerk.
Die enigste negatiewe is dat daar 'n effense voortrek is wat voel asof daar fyn sand in die meganisme is. Die sneller breek egter daarna baie skerp. Sal die' krapperigheid later aanspreek as dit nie verbeter nie. Snellerbeheer is egter goed.
Hoop vir nog vele lekker skietsessies. Sal so deur die loop van ons verhouding verslag doen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: S335 vir 223 rem
Ek laai die 223 met 25.0gr S321 vir 'n gemiddelde MV van 3220 uit 'n 22" loop.nogal haastig vir 'n 223 en ho?r as Somchem se max van 3278.
To ek lading ontwikkel het ,het ek opgewerk na 26gr S321 toe en so skoot of wat oor die 3300ft/s gekry> Ek het daar gehalt en weer af gewerk.
QL en OBT het my op bg. lading laat eindig en nou skiet die HOWA op 'n tiekie.
Peet
Work to live, don"t live to work
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir 223 rem
My Howa is met die swaerprofiel "varmint" loop van 24 duim.
Hier is die foto wat ek oor geprat het.
Hier is die foto wat ek oor geprat het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
foxbat25
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm
Re: S335 vir 223 rem
As ek reg onthou het ek ook so om en by 3300 fps gekry met die 55 gr PMP FMJBT patrone. My geweer wou hulle egter nie mooi groepeer nie - net oor 2" op 100m. Ek het nog 'n paar van hulle oor, ek sal kyk of ek hulle die naweek kan skiet om te sien of ek die groep kleiner kan kry.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir 223 rem
Die beweegrede vir die gebruik van die patrone was heelwaarskynlik die koste van die ammunisie. Bykans R50 per 20 goedkoper as die gewone sagtepunt PMP. Ek kry ook nog doppe vir herlaai -- en ek skiet lekker.foxbat25 wrote: As ek reg onthou het ek ook so om en by 3300 fps gekry met die 55 gr PMP FMJBT patrone. My geweer wou hulle egter nie mooi groepeer nie - net oor 2" op 100m. Ek het nog 'n paar van hulle oor, ek sal kyk of ek hulle die naweek kan skiet om te sien of ek die groep kleiner kan kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br