April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Enige groot of klein visvang storie vanuit die groot blou dam hier.
Post Reply
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Rambo »

Ons gaan volgende naweek af na Port Edward se kant toe... Meer om die kinders by die see te kry, maar 'n man moet probeer terwyl jy by die groot dam is... April is sekerlik nie die beste tyd vir visvang nie, en die suidkus ook nie die bete plek nie!

Ons hou onself gewoonlik besig met kleiner vissies saam met die kinders... 'n bietjie visvang van die rotse af... dropshot en kleiner goete by die rotse... Dan is daar selfs aksie in April... As ek wil visvang ry ek eerder op henties toe!

Ek het 'n helse marlyn katrol in die pakkamer ontdek wat my oupa gebruik het om met 'n vlieer vis te vang... ek het die" rig" weer uitgesorteer en sal probeer om 'n haaitjie te hak... sou die wind reg waai om die vlieer oor die see uit te kry!! 'n Man moet mos speel!

Is daar 'n paar manne wat kan raadgee tov die beste aas... ek sal kyk of ek 'n lewndige vissie kan in die hande kry... maar sal die algemene rotsvangs werk vir "live bait"?

Ek het nog net opgelees oor die vlieer metode, dit al gesien, maar nog nooit gebruik nie!

Is daar iets anders wat mens nie moet onderskat April suidkus nie... soos julle kan hoor is ek redelik skepties oor die plek en tyd! Ek vang graag eerder 30 klein vissies saam met my seuntjie as wat ek tyd mors weg van die man af en niks regkry nie.... maar as ek weet ek kan een oggend iets die moeite werd probeer sal ek!
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by grumpy »

Rambo, ek doen vlieer hengel en my grootste is 220kg Raggie by St Lucia. As jy advies wil he praat dan sal ek help.

Ek gaan nou reeds al my goed wil verkoop.

Groete
Grumpy!!  >:(
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Ferdi »

Ja Jammer Grumps en ek het self van lig na swaar gerei so ek kan die vissies oor 'n bre? spektrum mollesteer. Hoop jy kry gou 'n koper vir die visvang goete of iewers 'n ou gelukkie sodat dit nie nodig is om jou ander passie in te kort nie. Ek neem aan jy het al 'n winkel en die geweer op kort kennisgewing.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by grumpy »

Ferdi ja, Ek kyk om vir my n 375 Howa met die Hogue stock te koop. Ek wil gou uitvind watter groote reciol pad hy vat want ek het familie wat gaan kuier in Amerika en hulle kry vir my die Pachmyr Decelerator recoil pad teen n baie goeie prys. So ek kry een vir my 30-06 en dan sommer een vir die 375 wat nog moet kom!

Ja my vis gerei is soos nuut en ek gaan dit nie net weg gee nie! Ek kyk na my goed en alles is in perfekte kondisie. Altyd gediens as ek terug is en alles gewas. Net in geval ek wil verkoop dat die volgende ou nie dink ek is n vuil g-t nie. Ek is trots op al my goed wat ek het. Ek het duur paintball guns, kite boarding goed, vis gerei en my skiet goed en alles is nog net soos die dag toe ek dit gekoop het.

Ek hoop dit verkoop gou sodat ek my geweer kan koop.

Groete
Grumpy! >:( ;D
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Geno »

Johann,
Hoekom adverteer jy nie jou goed op Sealine nie?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by grumpy »

Geno ek het. Lyk my die ouens is bang om groot goed te vang!!!!  ;D Dit sit nie in hulle broeke om groot goed te vang of uit te haal nie!!  Hulle wil almal die klein kurpertjies vang.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by grumpy »

Ek sal fotos neem en vir jou stuur om vir my hier op te sit. Miskien is hier iemand wat die waterlemoene het om groot goed te vang van die kant af.
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Rambo »

Grumpy...

Enige raad sal waardeer word!

My rig is regtig eenvoudig... My enkel lyn vlieer kom maar van n swivel af wat split en n lyn af na die hoek toe... Ek beplan sommer n 2l bottel vir boyancy... Wat werk die beste vir aas? Met die setup sal dit n aas op die oppervlak wees... Iets lewendig?

Ek het geen ervaring daarmee nie!

Groete Ian
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by grumpy »

Enige iets van 1.5kg tot 15kg aas. Bonito is dodelik so ook shad en grunter koppe.
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Rambo »

Ek sien as jy so rig dat jy jou sinker kan laat loskom kan jy vir bottoms ook so teiken... maar dan moet jy dam seker seker wees daar is struktuur waar jy vang?

Is dit die moeite werd om lewendige aas te gebruik om ander roofvis ook te probeer teiken? - As dt is watse lewendige aas word aanbeveel? Weereens sal ek dit van die kant af moet vang!
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
Fanie

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Fanie »

Rambo... 'n ou met so naam vang mos daai haaie sommer met die hand !  Of dink ek nou aan Chuck Norris :-D

Gaan kry vir jou 'n 'Mullers kite' vlieer, die moeilikheid is die wind waai omtrent akltyd parallel met die kus, en geleentheid om 'n gewone vlieer te gebruik is dus min.  Die mullers kite kan gestel word om teen die wind in te vlieg (jy moet dit bietjie oefen), jy loop maw so entjie in die wind in en sleep jou aas dan uit tot waar jy dit wil he en laat val hom dan daar.  Die' vlieer maak dit moonlik om jou aas uit te kry.  Baie sinvol veral by ons waar jy die sloepe voor is en die sanbank agter wat net te ver is om agter te gooi, veral groot aas.

Daar is twee maniers om met 'n vliieer te vang.  Die een is soos ek se jy laat val jou aas waar jy dit wil he en hierdie word waarskynlik meeste gedoen.  Ek sit kurk aan die aas sodat dit nie op die grond le nie, haaie is nie bottom feeders nie, net sandhaaie.  Sodra jou aas afgeval het kan jy die volgende ou se aas opstuur.  Mulles maak 'n oulike vlieer wat aan jou lyn hak, die aas uit trek en as hy teen die groot vlieer slaan vou hy op, laat val die aas en gly terugmet die lyn af.  Jy kan aanhoudend lyne uitvat op die manier.  Baie oulik uitgedink.

Die twede manier is om jou aas aan die vlieer te hou met 'n stuk dunner lyn.  Die swaar aas word op die oppervlak rond getrek en gee die indruk van 'n siek vis.  Sodra die vlieer 'dip' en of bly afgaan dan weet jy die vis het die aas gevat,  Die vlieer word hard getrek en die verbinding tussen die hoof lyn en die vlieer breek, jy kan dan die vis stoei terwyk die vlieer los is.

Laat ek jou sommer nou goeie raad gee, die staal trace moet so lank wees of langer as die haai anders skuur sy skurwe vel die lyn af.  Hy moet nie die trace kan afbyt nie, die 200lb wat almal wil he jy moet gebruik is twak, die haai byt dit in 15 sekondes se knaag af.  3mm vlekvry min en jy dubbel of trip krimp die lusse met koper ferrules.  Jy moet om jou lyn te beskerm 'thimbles' gebruik.

Ek sal ook aanbeveel jy gebruik braid, 130 of meer breekkrag omdat jy redelik baie daarvan op die katrol kan kry en dis sterk.  1000m of so.  Doen dit reg of los dit eerder, al wat gebeur is daar sit 'n hoek in die haai se bek as hy jou breek.  Moenie te groot of te klein hoeke gebruik nie, hoe groter die hoek hoe moeiliker is dit om hom gehak te kry.  Te klein is dalk nie sterk genoeg nie.

Ek weet nie hoe groot en sterk jy is nie, maar as jy nie oor die fisiese vermoe beskik nie moenie dat die vis jou kan insleep en versuip nie.  Anker jou agterent aan die sandbank en sit 'n harnas aan jou vas.  AS jy 'n 6m monster optel gaan jy hakkel, as hy wil Chine toe skuif het jy baie lyn nodig en vat baie vitamines.  Selfs 'n groot Zambie gaan jou baie baie gas gee.  Skeurtand haaie is volop maar nie vegters nie.  Hammerkop se kind gaan jou vreeslik pak gee, so hoop een van hulle kam daar verby.

Oefen wat om te verwag op een van jou pelle, maak die lyn aan sy middel vas (sonder hoek) en laat hom oor die rugby veld hardloop dan briek jy hom.  Wel dis ontrent wat jy kan verwag of dink jy die haai gaan jou dophou om te sien of jy nog ok is en jou so bietjie kans gee om eers reg te kom ?  Nee pappa as hy gaan gaan hy, hy hoop jy kom saam in.

Dan laastens as jy nog arms en 'n rug oor het en hy is uiteindelik hier in die vlak, dan wil jy seer seker portrette kan vat, so jy of iemand moet 'n kamera he anders gaan ons hou nie glo nie.

Laastens, as jy hom aub laat gaan, maak iets waarmeer jy die hoek uit sy bek kan uithaal. Dis nie 'n goeie idee om die hoek met die hand uit te probeer ruk voor hy sy bek kan toemaak nie.  Maak of kry iets waarmee jy die hoek kan los hak en druk sodat die weerhak uitskeur en neem in ag hy gaan nie stil le as jy met dit sukkel nie.  Selfs 'n 200kg vis is te swaar om te hanteer en as jy 'n gaffel gebruik hak hom in die onder kaak.  Moenie groot haaie aan hulle sterte sleep nie, hulle werwel string kry skade veral die skeurtand.

Wees geduldig, jy maak foute die oomblik as jy haastig word.  Daar's baaaie tyd, die res van jou lewe.  Geniet dit terwyl jy dit ondervind, dis waarvoor jy gegaan het so moenie dit te gou oor en verby probeer kry nie.

Die idiale vakansie is as jy die vis hak 'n uur na jy daar aangekom het, die hele week dag en nag met die vis stoei, en as jou vrou jou kom se die kar is gepak julle moet terug ry huis toe, dan het jy die vis so pas aan land gekry.  Jy jan dan in die ware sin van die woord se jy het die hele vakansie vis gevang !

Sterkte en laat weet !


Vir die skiet peiete wat hier lees - man laas keer toe daai rooibokke so teen 60km/hr wei einde seisoen was ek darrem lus om so stukkie brood en 'n hoek aan te gaan neersit iewers naby 'n watergat.  Ek was seker ek sou my naam tottie kon maak so :-D
Fanie

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Fanie »

Jammer ek het iets uitgelaat.

Jou katrol sse rem sal uiterste misbruik moontlik nie oorleef nie so moet hom nie met die waterpyp spanner op sy vasste draai nie, jy moet vir jou 'n handskoen kry om die drom mee vas te hou en te help briek.  Probeer iets kry wat die soutwater kan oorleef en wat nie aan jou vel en lyn sal vassmelt nie anders moet hulle jou arm op die skouer afsit om die katrol van jou af te kry.

Ek weet ek preek nou, maar wees netjies met die braid en dieselfde geld vir dacron.  As jy dit regkry om die lyn om jou vinger te draai en iets trek dan le jou vinger letterlik op die grond.  As jou lyn swak opgedraai is en die vis trek gaan die lyn insny en dit het een keer met my gebeur met 200lb braid... dis 'n k*k gevoel as jy water toe gaan en jy kry nie gestop teen die afdraande water toe nie.  Sorrie maar ek kan dit nie beter beskryf nie.  'Geluk' speel nie altyd 'n rol nie.
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Rambo »

Dankie Fanie... Ek het 1 dag gehad wat die wind reg gewaai het vir my vlieer... Maar my laaitjies was siek in die bed met koors!!!  :'(

Dus het ek die stok en katrol verniet afgery kus toe!

Groete

Ps. Sal weer probeer!
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
Fanie

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Fanie »

Dit was vinnig !  Ek het die goed gister-aand eers gepos !

Ek het intussen aan nog iets gedink.  As die vis aan is dan is dit vir hom die maklikste om jou lyn uit te swem as hy reguit weg van jou swem.  As dit 'n baie groot vis is voel hy amper nie eers jy trek terug nie, onthou 'n groot haai sink 'n drom !

Wat jy wil he is dat die lyn soveel as moontlik 90o met sy lyf is, hy moet met ander woorde heel tyd sy rigting korregeer en dit help om hom moeg te maak.  Dit help as jy strand-langs hardloop om die hoek groter te maak.  Nie so maklik nie, dis so goed jy probeer 'n trok skuif die heel tyd.

Net een ding, as jy ooit jou lyn afsny oor jy moeg word of oor dit laat word... of die laaities is siek :-o  dan praat ek nooit weer met jou nie.  Dis soos om 'n bok te kwes an hom nie te gaan haal nie, dit word net nie gedoen nie.  Jy moet maar met ma en die laaities 'n ooreenkoms aangaan met die storie as hulle saamgaan.  Mens wil natuurlik altyd jou familie naby jou he, maar hulle verstaan nie altyd wat nodig is om die visvang te laat slaag nie en dit help nie almal loop naderhand dikmond daar rond oor jy 'n simpel vis probeer vang nie.  Mens moet hulle omstandighede met joune versoen kry anders werk dit nie...

Ek het netnou gesit en dink aan die visvang.  Die kekkerste is darrem as hy die aas gevat het, daai wegtrek en jy voel asof jy aan 'n trein gehak het, en veral as jy hom so duskant een van sy tande reg in daai senuweetjie gehak het - pappa, dan bogger-of daai ou met 'n stink spoed !
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Rambo »

Ek moet erken daar is te min tyd om al die lekker dinge in die lewe te doen... Wens ek kan ophou werk en net nuwe stokperdjies aanpak elke dag!!!!

Ja... toe die manne met koors le het ek eerder maar nie eers probeer nie... ek het toe self al twee aande niks geslaap nie... Hulle voel mos 100% in die dag en goor in die nag... En sal ook mos net siek word as jy ver van die huis af is!!!

Ek het dam so tussen in op die rotse gaan staan.. Saam my oudste (3jr) 'n paar kleintjies gevang! Hy is mal oor skiet en visvang... Ons het die kleinste Rockcod gevang wat ek al gesien het...

4 cm Lank... nr 14 hoek... Witbrood!!!  :D

Dankie vir die raad... nou is ek weer lus vir visvang! :'(
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by grumpy »

Rambo, laat weet my dan kan ons bymekaar kom eendag dan sal ek jou alles wys en verduidelik. Jy hoef nie al daai kites te gaan koop nie. Jy bou jou eie en ek wys jou hoe jy hom met die stert "tac" dan vlieg jy in die wind in.

Ek het kompetisie gevang en het ook baie geleer. Ek weet waarvan ek praat want ek het dit tot nog onlangs gedoen.

Groete
Grumpy >:(
Fanie

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Fanie »

Ek en een van my pelle het mekaar nou-die-aand so lus gepraat vir visvang ons was van plan om stilletjies weg te glip en eers die vrouens te bel as ons daar is en te se ons is nou by die see ons sien hulle later...
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by Rambo »

Grumpy... Ek is in en sal die bier voorsien!!! Jy moet net se waar en wanneer...

Fanie... Ek was een keer die jaar by die Vaal oor Desember... ons het die Geelvis pakslae gegee met die vlieg... maar tot my spyt het elk nog nooit weer daar uit gekom nie!!!! Te veel te min tyd!!!
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: April Visvang/hengel suidkus... Vlieer?

Post by grumpy »

Laat weet maar dan maak ons plan. Sal moet oor n naweek wees.
Post Reply