Ek het nou n ander ding ontdek en nou kan ek nie skaapribtjoppies ander eet nie. Dit proe net reg vir my nie en dit is.........
Daai Robbinson spice botteltjie met die ligblou proppie, sout en asyn spice en daai bottetjie wat jy draai vir die swart peper.
Net dit. Ek belowe , net dit , en jy kan laat waai met daai sout en asyn. Mense dis verslawend
Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,
Sal daai ene probeer! Ek hou nogal van daai sout en asyn spice. Dink dit kan oor lekker wees! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,
Ek belowe jou jy sal nie weer tjoppies op n ander manier eet nie. Daai goed is nie soos sout nie as jy te veel sout gooi kan jy daai vleis opvoeter , maar hierdie spice kan jy maar looi, praat ek myself in n skaaprib braai vir hierdie vrydag aand in
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,
Vir my werk die gewone boereresep:
Gooi bietjie asyn oor en laat l? vir so 20 min. Skud af.
Gooi sout, swartpeper en bietjie growwe koljander op so 'n halfuur voor braai op een kant. "Klap" dit saggies in en herhaal op die ander kant.
Nou soek jy 'n stadige vuur. Alle stukke met been word op dieselfde kant van die rooster gepak.
Braai stadig en draai gereeld om.
As daar brandplekke op die vleis is, draai jy te stadig of jou 300m-kopskoot-storie is te lank.