rooibokke uitskiet in nag
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
rooibokke uitskiet in nag
Ek het n Rambo storie vir julle.
Ek dink dis n klomp !@#$% maar nou ja. Ek het nie die ondevinding nie, ek het wel n gesonde verstand.
Kan mens tussen 5 skieters 7000 rooibokke met 8 koeltrokke in een aand uitskiet op 5 bakkies. Ek en die man was in n hewige argument betrokke oor die storie maar ek het later net gesmile en weggeloop.
My somme se
Van 6 tot 6 gee my 12 ure, dit gee my 720 minute, en weer 43200 sekondes. Gedeel deur die 7000 rooibokke, beteken n rooibok elke 6 sekondes regdeur die aand....... ek wonder tog. die het gebeur op n plaas van 123000 hektaar iewers in Hoedspruit( Wonder toe onmiddelik hoe groot is die Krugerwiltuin).
Laat weet maar en as ek niks hoor nie weet ek julle ag die storie nie die moeite werd nie.
Ek hou die gaatjie dop

moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Wat rook die ou. Ek soek ook van daai goed lyk my dit laat n man lekker k#$K praat.
Nee wat daai getalle maak nie sin. As dit 700 was sou ek gese het ja nog maar 7000 ai-kona
Dippies
Nee wat daai getalle maak nie sin. As dit 700 was sou ek gese het ja nog maar 7000 ai-kona
Dippies
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Johan1
Het hy nie dalk gemeen dat hy 7000 skote in n aand op 5 rooibokke geskiet het nie?en dat die bakie 123000 kilo's op het wamee hulle gery het nie?
Het hy nie dalk gemeen dat hy 7000 skote in n aand op 5 rooibokke geskiet het nie?en dat die bakie 123000 kilo's op het wamee hulle gery het nie?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
6 sekondes n bok.....goed gedoen RAMBO!
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Ek wonder nou of die manne die dalk sommer lope agter die seat ook gery het en dit geruil het hier alpad deur die oes.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Francois Briedenhann wrote: Johan1
Het hy nie dalk gemeen dat hy 7000 skote in n aand op 5 rooibokke geskiet het nie?en dat die bakie 123000 kilo's op het wamee hulle gery het nie?
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
7000 Rooibokke ~ R100000 se ammunisie...
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Se vir daai ou hy praat Twak met n K
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Wat weeg 'n gem rooibokkarkas? Seker so 40kg? (ek raai nou, ons kry nie juis rooibokke in Nam nie..)
= 7000 x 40kg = 280ton vleis........ op 8 koeltrokke= 35ton/trok. dan moes dit 8 x abnormale interlink trokke gewees het!

Snaaks dit was nie op die voorblad van die rapport sondag nie, want dit was seker die grootste culling operasie in die geskiedenis van RSA in een nag!
= 7000 x 40kg = 280ton vleis........ op 8 koeltrokke= 35ton/trok. dan moes dit 8 x abnormale interlink trokke gewees het!
Snaaks dit was nie op die voorblad van die rapport sondag nie, want dit was seker die grootste culling operasie in die geskiedenis van RSA in een nag!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Snaaks die ''groenes'' weet nie hiervan niePieter Vorster wrote: Wat weeg 'n gem rooibokkarkas? Seker so 40kg? (ek raai nou, ons kry nie juis rooibokke in Nam nie..)
= 7000 x 40kg = 280ton vleis........ op 8 koeltrokke= 35ton/trok. dan moes dit 8 x abnormale interlink trokke gewees het!
![]()
Snaaks dit was nie op die voorblad van die rapport sondag nie, want dit was seker die grootste culling operasie in die geskiedenis van RSA in een nag!
As dit waar is en ek glo nie dit is nie want dit is nie moontlik nie en die ''groenes' ' vind uit is al wat jagter is weer sondebokke en ons jagters
se naam weer in die modder
vlakvark en bosvark Bvk
- Andr? Gous
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Sun Nov 15, 2009 11:39 am
Re: rooibokke uitskiet in nag
n Ou wat sulke nonsens praat en dink ons moet hom glo.Dit laat my net lag.
Hy kan by my 300 bokke met een bakkie per nag verniet kom skiet en as hy dit nie regkry nie betaal hy my R100.00 per kg vir al 300.
Se vir hom ek se hy mos sy asem.
Groete Gous
Hy kan by my 300 bokke met een bakkie per nag verniet kom skiet en as hy dit nie regkry nie betaal hy my R100.00 per kg vir al 300.
Se vir hom ek se hy mos sy asem.
Groete Gous
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
ONMOONTLIK
Ons was vyf bakkies wat geoes het in Faan Meintjies natuurreservaat. Sewe spesies wat ons moes uitdun, van 10H00 tot 22H00 net geskiet. Daar was 575 diere afgehaal in vyf dae se tyd en die slagters het tot 01H00 nog geslag.
Om 7000 rooibokke te oes het iemand verseker bederfde vleis gekry.
Ek hoop die persoon wat sulke nonsens vertel lees die raak want jy praat groot s
.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ian on Thu May 31, 2012 8:38 pm, edited 1 time in total.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: rooibokke uitskiet in nag
bOKKE OES---
Wel dit sit nie sommer hier om 100 bokke per nag te skiet nie---
Dit gebeur gewoonlik in reservate waar baie bokke is, maar dit gebeur ...
Laat al die oester jou vertel hoe lank het hy gevat om sy eerste hondertal vir n nag te skiet----
en dan het hulle almal ongeveer plus minus 200 tot 250 skote geskiet...as hy trokke mos volmaak en bokke bietjie draf.
Lekker aaand
JB

Shoot straight and tell the truth!
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Manne, ek deel gewees van daai aand. Daai bokke was almal in die kraal gewees, al 8 bakkies het daai VSA gatling guns op gehad en ons het meat master se ligte in die agtergrond gebruik vir lig, ek neem aan dit is daai aand wat julle na verwys?

Uit my ondervinding gaan jy moet hoes vir n hele paar aande om dit te doen. My beste was maar nog 75 springbokke per aand.
My eerste veldskiet oefening was so ondervinding soos julle hier bo noem. Daai tyd gedink ek en springbok jag het saam groot geword, my 25-06 het niks meer patrone gehad so gebruik toe my pa se .308. Op 150m sit ek toe drie skote mooi in n klawer bo die oog van die springbok maar net een in papier bok se kill zone. Ander twee net buite kill zone maar ruim binne die buite lyne van die bok en net bo die oog. Weet die man score my toe minus, ek het dit aanvaar maar toe ek noem dat as jy enige springbok daar skiet met 308 is daar nie manier wat hy opstaan nie. "Nee, nee, jy gaan baie gelukkig wees om n bok te kry as jy hom daar skiet", ek was maar die minste
en maar net gese ek stem nie saam nie oom maar ek aanvaar dit. "Ek skiet elke jaar 5000+ springbokke met my .308 uit en as jy n springbok daar skiet is hy weg of jy is baie gelukkig om hom te kry."
Soos met baie gevalle het ek maar net omgedraai en geloop. EK en 'n ander oom daar bietjie maats gemaak en toe begin die vrae van die oom. Hy doen dit toe langer as 10 jaar al en toe die oom vir hom vra hoe baie hy al sy loop vervang het is dit nog nooit gewees, "die geweer is n pas maak geweer ( dit het vir my na n gewone, baie min gebruik Musgrave gelyk) met van die beste lope op en hy bly net skiet sonder probleme gelukkig". Ons maar net in ons mou gelag en veral omdat dit als geskeit daar uit Overberg area. Toe moes die man blykbaar voorberei vir sy Buffel jag en sy 308 vinnig weg sit en spesiaal vir hom sy buffel teiken op sit sodat hy sy 375 H&H kon eofen. Maar gelos om hom oor buffels te vra. Daai dag besef ek het al springbok gejag maar daar is manne wat rerig saam met springbok jag groot geword het of selfs springbok jag se pa is.
Laat dit juig...
Uit my ondervinding gaan jy moet hoes vir n hele paar aande om dit te doen. My beste was maar nog 75 springbokke per aand.
My eerste veldskiet oefening was so ondervinding soos julle hier bo noem. Daai tyd gedink ek en springbok jag het saam groot geword, my 25-06 het niks meer patrone gehad so gebruik toe my pa se .308. Op 150m sit ek toe drie skote mooi in n klawer bo die oog van die springbok maar net een in papier bok se kill zone. Ander twee net buite kill zone maar ruim binne die buite lyne van die bok en net bo die oog. Weet die man score my toe minus, ek het dit aanvaar maar toe ek noem dat as jy enige springbok daar skiet met 308 is daar nie manier wat hy opstaan nie. "Nee, nee, jy gaan baie gelukkig wees om n bok te kry as jy hom daar skiet", ek was maar die minste
Soos met baie gevalle het ek maar net omgedraai en geloop. EK en 'n ander oom daar bietjie maats gemaak en toe begin die vrae van die oom. Hy doen dit toe langer as 10 jaar al en toe die oom vir hom vra hoe baie hy al sy loop vervang het is dit nog nooit gewees, "die geweer is n pas maak geweer ( dit het vir my na n gewone, baie min gebruik Musgrave gelyk) met van die beste lope op en hy bly net skiet sonder probleme gelukkig". Ons maar net in ons mou gelag en veral omdat dit als geskeit daar uit Overberg area. Toe moes die man blykbaar voorberei vir sy Buffel jag en sy 308 vinnig weg sit en spesiaal vir hom sy buffel teiken op sit sodat hy sy 375 H&H kon eofen. Maar gelos om hom oor buffels te vra. Daai dag besef ek het al springbok gejag maar daar is manne wat rerig saam met springbok jag groot geword het of selfs springbok jag se pa is.
Laat dit juig...
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Ai toggie kerels, lekker lag ek hier in my mou. Die gesprekkie is nou al n paar maal in die vrinde kring herhaal en met oorgawe vertel en vertel. Ek is beslis oortuig dat die man n kompulsiewe leunaar is. Wat my nog meer de moer in maak is dat hy my intelegensie so onderskat om te dink ek moet dit glo. Ek en my familie is redelik gereeld in die bos en die kinders is mal daar oor om ogies te gaan kyk in die aand. Daai rooibokke maak snaakse moves as jy in n trop in beweeg met n lig. Hulle sataan beslis nie stil nie en gee sulke dom spronge om te probeer wegkom.
Ek wou maar net so hier en daar n smile op julle gesigte sit. Mense en hulle praatjies......
Lekker werk week vir julle...
Ek wou maar net so hier en daar n smile op julle gesigte sit. Mense en hulle praatjies......
Lekker werk week vir julle...
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13642
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Probeer in die toekoms daai lig bokant die bokke hou, en hulle slegs in die lig se gloed te sit. hulle staan lekker stil so.johan1 wrote: Daai rooibokke maak snaakse moves as jy in n trop in beweeg met n lig. Hulle sataan beslis nie stil nie en gee sulke dom spronge om te probeer wegkom.
Goed, beter, 6millimeter!
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Met watse lope skiet die ouens, wil my so een koop.
Groetnis
MEERKAT
Groetnis
MEERKAT
- Boogjagter
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Die man werk nie dalk vir die Landmark Foundation nie; sy somme lyk amper dieselfde as hulle s'n...
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2326
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: rooibokke uitskiet in nag
Soms is dit net beter om weg te loop............................Dink definitief daai man lei aan verbal diaria...............
GELUKKIG WEET MENSE MET VERSTAND BETER.DIT VAT 6 MANNE TE PERD OM SLEGS 500 IN EEN NAG TE SKIET WAT NOG VAN 7000.EK HET SELF SO N UITDUN BYGEWOON EN DIT WAS INI BOSVELD,3 MANNE,3 BAKKIES EN HET 94 GESKIET MAAR MOET SE DAARDIE MANNE WOU NIE MAKLIK STILSTAAN EN NIE EN WAS BAIE BEBOS.

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Allure
- Full Member

- Posts: 134
- Joined: Sat Sep 10, 2011 8:00 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Wie het 7000 rooibokke op hulle plaas om uit te skiet???
“We are part of the earth and the earth is part of us." Chief Seattle 1853
Brno .22
Howa .22-250
Brno .308
Browning .458 win mag
Brno .22
Howa .22-250
Brno .308
Browning .458 win mag
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Moet net nie vir Riaan vertel nie. Dan is daar nog 'n "mooi" artikel in die Vrouekeur.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: rooibokke uitskiet in nag
Hulle het seker 'n aparte bakkie of trailer gehad net vir die ammunisie.
Daar is net een manier om so baie vleis op een nag te verwerk, doen dit Zimbabwe.
Daar is net een manier om so baie vleis op een nag te verwerk, doen dit Zimbabwe.
243Win,RSA aksie
308 Remington VLS
Glock19
Kalibrgun Cricket
308 Remington VLS
Glock19
Kalibrgun Cricket
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: rooibokke uitskiet in nag
Ok span. Eks tevrede. hierdie is net te dik vir n daler gewees vir my. Ek geniet hierdie forum n hond uit n bos uit
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie