Dit is my eerste poging tot 'n artikel en hier gaan hy. Lewer asseblief kommentaar en maak aanbevelings oor waar jy nie saamstem met die data nie. Baie is self bereken. Ek hoop die tabelle in foto vorm kan vergroot word om dit beter te kan sien deur julle.
DEEL EEN
Dit is altyd interessant vir my hoe subkulture ontwikkel. Dink nou maar terug aan jou skool, student of weermag tye (nie vir die melkbaarde nie). In elkeen van hierdie kry jy te doen met ?n spesifieke kultuur en ook taal wat rondom dit ontwikkel. Net so is daar ook die taal van die jagter asook spesifiek die van die haelgeweer manne. Dit bring ons by ons onderwerp uit. Eerstens wil ek noem dat ek geensins ?n kundige in di? veld is nie. Eerder ?n entoesias. Soos dit maar nou eenmaal is met entoesiasme, maak jy sommer gou-gou vir jouself werk as jy begin krap aan ?n saak wat jou interesseer. Na ?n rondsoekery om inligting te kry oor haelgeweerpatrone en dies meer het ek besluit om dit wat my soektogte opgelewer het te deel.
NOTA: Tensy anders vermeld, as daar na haelgeweerpatroon nommers verwys word in die artikel, is dit altyd na die Imperiale (Engelse) verwysing, en nie die Amerikaanse verwysing nie, aangesien ons in Suid-Afrika ook die Britse sisteem gebruik so hou kop.
Boor (?Gauge?)
Eerstens so ietsie oor die boor (?gauge?) van ?n haelgeweer.
Die boor (?gauge?) van ?n geweer is ?n eenheid van meting wat gebruik word om die diameter van die loop te beskryf. Die boor word bepaal deur die gewig van ?n soliede sfeer van lood wat in die loop van die wapen sal pas en word uitgedruk as die resiprook of inverse van die sfeer of loodbal se gewig, as ?n fraksie van ?n pond [lb]. Dit is ?n hele mondvol en in plein Afrikaans sal ?n 1?12 de pond lood bal in ?n 12-boor haelgeweer se loop pas. Daarom is daar dan ook twaalf (12) - 12-boor loodballe in een pond [lb]. Die term is oorspronklik gebruik om kanonne mee te beskryf. Kanonne is dan ook gemeet aan die gewig van hul skoot. So byvoorbeel sal ?n 8 ponder ?n 8lb [3,6kg] ronde ysterbal kan vuur en het ?n boorgrootte van omtrent 3,6 duim [91mm].
Vandag word dit egter meer gebruik om haelgeweer groottes te beskryf. Histories was dit gebruik om die groot dubbelgewere [olifantgewere] te beskryf. Hierdie ou groottes was gemaak tot op ?n grootte van 4-boor gedurende die laaste deel van die 1800?s. Hulle was swartkruit gelaai en was groot gewere met die klem op groot. Die naam olifant geweer het dan ook gedui op die gebruik daarvan. Tabel 1 hieronder toon die halegeweer boor groottes in duim en millimetres teen die boor nommer aan.
Tabel 1:

Hael / Haelkorrels (?shot?)
Ek deel dit hoofsaaklik in twee kategori? naamlik donshael (?birdshot?) en bokhael (?buckshot?) en daar volg ook ?n kort bespreking oor soliede haelpatrone.
Donshael
Donshael groottes is tipies kleiner as 0,2 kaliber [in duim]. Donshael groottes is genommer ooreenstemmend met hoe haelgeweer boor (?gauge?) groottes genommer word. Sien tabel 1 hierbo. Hoe kleiner die nommer hoe groter die boor van die haelgeweer en hoe kleiner die nommer op die haelpatroon hoe groter die haelkorrels daarin.
In die algemeen word daar net na 'n nommer verwys as daar van ?n haelpatroon verwys word, wat op sy beurt verwys na die korrelgroottes (?shot size?) waarmee die patroon gelaai is. So bv. word verwys na ?n No. 7 of 'n No. 3 haelpatroon. 'n Goeie metode, as dit by donshael kom om die korreldiameter groottes te onthou, is om eenvoudig net die haelpatroon nommer van sestien (16) af, af te trek. Dit is nou as jy die antwoord in duim soek.
Die resultaat is die diameter van die korrelgrootte in honderdstes van 'n duim.
Voorbeeld: Wat is die korreldiameter van ?n nommer 2 haelpatroon. [16 - 2 = 14] dws veertien (14) honderstes van ?n duim of 0,14 duim. Sien Tabel 2 hier onder.
In die metrieke stelsel is dit maklik om te onthou dat 'n No. 4 skoot 3mm in diameter is. Elke nommer verder op, of af, is ongeveer 0,25 mm groter of kleiner. So No. 6 (6 ?) skoot is dan 2,5mm in diameter.
Die volgende twee tabelle gee meer data oor die nommers van patrone soos gebruik in verskillende lande. Die aantal korrels per 28 gram is gemiddeldes en verkry uit die Winchester herlaai riglyne en sal wissel van vervaardiger tot vervaardiger, maar darem nie te veel nie. Daar waar inligting nie beskikbaar was nie het ek maar so paar sommetjies gedoen en inligting bygebring in die tabelle wat ek hier weergee. Hierdie benaderde inligting word weergegee in kursiewe skrif in die verskillende tabelle.
Die imperial diameters is verkry uit Purdey1. Normale vervaardiger toleransies beteken dat wat gemerk is as No. 6 skoot, kan eintlik nader aan No. 5 ? skoot wees. Die meeste kommersie?l beskikbare ammunisie word in die tabelle uitgelig.
Dit is belangrik om te let daarop dat die tabelle hieronder slegs ?n aanduiding is vir watter tipe teiken jy skiet met watter korrelgrootte (?shot size?). Hoe meer lood in die lug hoe groter die kans om iets raak te skiet. As dit by donshael kom kan mens as ?n re?l eerder gaan vir die groter nommer haelpatroon vir die spesie wat gejag word. Byvoorbeeld No. 8 of 9 vir kwartels en nie No. 7 nie. Die tabelle is handig om die data te verstaan, maar elke ou soen mos maar sy vrou op sy eie manier of hoe? Die omgekeerde geld egter as dit by groter wild kom. Met bokhael moet jy kleiner nommers skiet vir groter spesies. Hier verwys ek spesifiek na die Amerikaanse konvensie.
Om dit verder meer ingewikkeld te maak is daar verskillende ladings vir elke nommer haelpatroon ook. So kry mens ?n 24 gram lading vir No. 9 en ook ?n 28 gram lading. Ladings wissel tipies tussen 24 en 35 gram selfs tot by 42 gram. Die aantal korrels wissel soos die lading wissel. Tabel 2 en 4 hieronder gee die data vir 28 gram ladings aan.
Tabel 3 en 5 gee die data aan vir verskillende ladings. Meeste van die data is bereken deur die skrywer vanaf ?n norm punt, dus is dit slegs ?n aanduiding. Dit is logies dat as jy groter ladings skiet dit jou harder gaan skop en dat jy meer lood kan skiet teen dieselfde trompsnelhede. Ouer gewere moet verkielik nie met ho?r ladings geskiet word nie. So bietjie meer hieroor later.
Tabel 2: Donshael [Kaliber kleiner as 0,2]

Tabel 3: Gemiddelde aantal donshael korrels per lading

Bokhael
Bokhael is tipies tussen 0,24 en 0,38 kaliber. Groter skoot (?shot?) groottes, so groot dat dit mooi in die haelpatroon gepak moet word en nie net gegooi kan word nie is ook ?n verwysing na bokhael. Dit word gebruik om groter wild mee te jag, selfs wildsbokke, daarvandaan die naam. Die kleiner nommers is groter skoot. Volgens die Amerikaanse konvensie word groottes groter as 0 as veelvuldiges van 0 aangedui bv. 00; 000 ensv. Sien tabel 4 hieronder.
Tabel 4: Groter Donshael [Kaliber kleiner as 0,2] en Bokhael [Kaliber groter as 0,2 en kleiner as 0,38].

Soliede (?solids? of ?slugs? of Sabot patrone
Die soliede haekegeweerpatrone gee ?n haelgeweer die vermo? om soos ?n geweer aangewend te word. Soos die naam aandui is dit ?n enkel projektiel teenoor die korrel formaat van die gewone haelpatroon. Die akkurate afstand is ongeveer 75 m en word gebruik vir groter wild soos bokke of selfverdediging. Dit maak dit moontlik om die wapen aan te wend in areas waar gewere se reikafstande dit onveilig maak om te gebruik. Mens kry verskillende tipes soos die Brenneke, wat deur ?n gewone haelgeweer loop sonder groewe geskiet kan word, asook die Foster. Jy kry dus in effek ?n volboor 0.729 kaliber wapen [18.52 mm] wat nogals beduidend is om die minste te s?.
Die nuutste weergawe, wat ?n variasie van die soliede patroon is, is die sabot. Sabotte per definiese is kleiner as die gewone ?slug? of ?solid?. Dit word hoofsaaklik uit ?n gegroefde loop geskiet en is basies ?n soliede patroon wat binne in ?n omhulsel pas. Hierdie omhulsel word gebruik om die projektiel in die loop te belyn en te stabiliseer vanaf ontbranding totdat dit die tromp verlaat. Die omhulsel verskaf rotasie deur in die groewe te byt op lansering en word dan afgewerp deur die weerstand van die lug in vlug daarop, wat die sabot daarna op sy eie laat aanbeweeg na die teiken. Die sabotte het ?n baie beter ballistiese ko?ffisient as die gewone soliede ko?ls en gee platter trajekte, wat die akkuraatheid van die projektiel verhoog. Die beter akkuraatheid word verkry deur die groewe in die loop wat die projektiel roteer en dus beter in vlug stabiliseer. Dit word hoofsaaklik in polisie wapens gebruik wat gegroefde lope het. Die akkuraatheid is goed tot ongeveer 300m wat goed vergelyk met gewone geweer kalibers. Mens kry tot ?n 440-grein (29 g) .50 kaliber sabot.
Vir jag moet die skoot (?shot?) groottes gekies word nie net vir die afstand wat geskiet word nie, maar ook die tipe wild wat gejag word. Die skoot moet die teiken bereik met genoeg energie om tot op die lewensnoodsaaklike organe te penetreer en die teiken te dood.
Lood presteer nog die beste vir die geld, maar deesdae begin omgewings beperkings in sekere lande die gebruik van lood minder aanvaarbaar maak. Dit is nog nie ?n brandpunt wat ek in SA opgetel het nie, maar dit sal seker kom. Staal, wat minder dig is as lood, vereis groter korrel groottes, maar is 'n goeie keuse as dit by kostes kom.
Staal, weens die hardheid daarvan, kan egter nie met veiligheid in ouer haelgewere gebruik word sonder om skade te berokken aan die geweer se loop en wurg nie. Dit is egter ?n debateerbare punt, aangesien die haelkorrels in 'n plastiek omhulsel verpak is binne in die haelpatroon. Slegs in 'n baie nou gewurgde geweer met ?n sekere lading, hoeveelheid, grootte en spoed van korrels, gekombineerd met die penetrasie van die plastiek omhulsel kan skade berokken. 'n Groter potensi?le probleem is egter die verhoogde drukke in die staal haelpatrone wat baie spanning op die sluitstuk kan plaas. Daar is egter laedruk patrone beskikbaar wat die probleem aanspreek vir ouer wapens. Die belangrike punt is maar om eerder omsigtig te wees en seker te maak watter tipe rondtes jy met jou wapen kan skiet. Vir dieselfde redes moet tungsten korrels ook met omsigtigheid in ouer gewere gebruik word.
Lood is verder ballisties beter as staal. Dit penetreer dieper; slaan harder; breek teikens beter; en dood makliker as staal. Dit is hoofsaaklik agv die dightheid van lood, wat beteken jy moet groter staal korrels gegruik om dieselfde effek te behaal as lood. Dit is ook sagter op jou wapen se loop en wurg. Gebruik altyd lood as jy kan of tungsten allooi wat ballisties amper dieselfde as lood is. Die nadeel van lood weer is dat dit sag is en dus makliker lei to vervorming van die korrels soos dit die wurg, loop en ander korrels tref terwyl dit in die loop af beweeg. Dit kan natuurlik die verspreidingspatroon be?nvloed.
Vir die meeste skiet is daar 'n beperkte reeks korrel groottes wat aanvaarbaar is vir die teiken wat geskiet word. Hou in gedagte dat as jy enige tipe wild of vo?ls op korter afstande skiet jy kleiner korrels kan gebruik en op langer afstande is die groter korrels verkieslik. Weereens beklemtoon ek dat hoe meer ervare die skut is hoe nouer sy keuses van korrel groottes sal word vir die spesifike spesie wat gejag word. ?n Ervare skut sal baie meer begrip h? hoe sy wapen met spesifieke ammunisie en wurg kombineer en op hierdie kombinaisies vertrou.
Om goeie verspreidingsdightheid met donshael te behaal moet die groter korrels beperk word tot gebruik in groter boor haelgewere. Die volgende riglyne word gegee. Onthou die inverse reel. As ek noem niks groter nie beteken dit in effek dat kleiner korrels ? groter nommer haelpatrone gebruik moet word.
? 10 of 12 boor : AAA tot 10 en ook al die bokhael.
? 16 en 20 boor : nie groter as nommer 3 nie.
? 28 boor : verkielik met niks groter as nommer 5 nie.
? 410 : niks groter as nommer 6 1/2 nie.
Ek hoor wat julle insette is op DEEL 1.
Sal DEEL 2 ook plaas.
Groete
Martin
