Spesiale aanbod Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

wingover
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am

Spesiale aanbod Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by wingover »

Bespreekings nou oop vir Jag 2013 op my plaas Knopieskop-INIBOS

Goeie middag mede jagters. Ek het jag plek beskikbaar in die Koedoeskop omgewing met vrystelling. Wild is redelik volop .  Vir meer besonderhede, jag reels en n volledige prys lys kan julle my pm. of skakel op 0824653737of 0734893037.  Vir besprekings skakel asb vir Amanda na 13h00 op 0832276350.

Rooibok Ramme 22" en < R650 Pryse verminder tot einde Mei
Rooibok Ooie R550 Pryse verminder tot einde Mei
Koedoe Bulle      48" en < R3500
Koedoe Koeie                 R2600
Vlakvark Bere    12" en < R550
Vlakvark Sogge               R500
Jagters min 2 max 8 R350 per nag (min 2 nagte) min 10% tot einde Mei
Nie Jagters R250 per nag (min 10% tot einde Mei)
BTW word nie gevra nie!!!
Geen skiet vanaf voertuie nie en jagreels word toegepas!

Happy hunting
Francois
Last edited by wingover on Mon Mar 25, 2013 2:06 pm, edited 2 times in total.
KILLITGRILLIT
Lanber 12Ga.o/u Brn ZKK 602 375 H&H De Lux 30.378 Wby Cust. Pre 64 300 H&H  Rem. BDL700 .308 Win. .270 Mus. Mod. 80 6.5x57 Maus. .243 Cust. Win. Brn De Lux .22 Gammo CF-30 .177   Uberti 357 mag. C96 7.63 Maus.Broomhandle CZ 75  para. .22 Ruger 6" Bull Barrel NA .22
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Jakes73 »

PM gestuur
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by LoveHenties »

PM Gestuur
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by grumpy »

Ek het ook gevra vir al die kostes soos verblyf ens.

armour1@live.co.za

Dankie
Grumpy >:(
User avatar
Romac
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jul 27, 2011 7:04 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Romac »

Kan jy ook asb vir my inligting en pryse aan stuur na francois.dt@vodamail.co.za

Stel graag belang.

Groete

Francois
300 Win Mag, 243, 12 Boor O/U
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5026
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Frederik »

Stuur asb. al die besonderhede na fcocquyt@gmail.com
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
LouisR
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by LouisR »

Francois, kan jy asb vir my ook pryslys stuur reynoldslouis@yahoo.com

Groete
Louis
User avatar
DamDuiker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 423
Joined: Thu May 17, 2012 10:29 am

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by DamDuiker »

HI Francois,

Sal jy asb vir my ook die pryslyste kan aanstuur na jbk@dorkingag.com

Dankie
Jeandre
Jeandré Beneke
There are some who can live without wild things and some who cannot.

Mauser .22lr
Norinco - 22wmr
Krico .222Rem
Tikka T3 Varmint .243win
Ruger 6.5Creed (RPR)
Tikka T3 Varmint .300wsm
CZ 550 Lux .375H&H
Stevens 12ga
Wilco308
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Tue Jun 19, 2012 3:19 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Wilco308 »

Dag Francois

Kan jy asb vir my ook inligting stuur.Het jy nog plek oop?wilesterh@gmail.com

Dankie
Wilco.
User avatar
Martin.D
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Mar 20, 2012 10:54 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Martin.D »

Hi Francious

Kan jy asb vir my n mail stuur met watter datums jy nog oop het dankie

dippenaarm@gmail.com
ablm468

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by ablm468 »

Manne wees versigtig hierdie ouens is nie so lekker nie .
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by BRNO (Pierre) »

Hansman wrote: Manne wees versigtig hierdie ouens is nie so lekker nie .
Hansman, kan jy uitbrei asb. Wat bedoel jy met die ouens is nie so lekker nie?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Jakes73 »

Pierre - BRNO .30-06 wrote:
Hansman wrote: Manne wees versigtig hierdie ouens is nie so lekker nie .
Hansman, kan jy uitbrei asb. Wat bedoel jy met die ouens is nie so lekker nie?
Sal ook graag wil weet, kollegas van my gaan later in Augustus daar jag ...  ???
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by LoveHenties »

Jakes73 wrote:

Ek was daar en dit het baie goed afgeloop. Het my 4 Rooibokkies gekry. Sit nou juis my tande en skoon maak van die biltong. :)
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
ablm468

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by ablm468 »

Manne

Mense adverteer hier en dink hulle kan wegkom met swak diens, hierdie forum word deur baie mense gelees en mense reageer op advertensies wat hier geplaas word, ek kan nie uitwei oor wat presies gebeur het nie, kan net dit se ek sal nie weer besigheid met hulle doen of iemand na hulle verwys nie.

Adverteerders behoort kennis te neem dat wanneer hulle die internet en forums soos die as medium gebruik vir bevordering van hulle besighede hulle diens bo verdenking moet wees, verbruikers kan ook reageer op swak diens wat hulle ontvang het daarvoor wees gewaarsku" as jy jouself wil uitgee as 'n toffie, moet jy beried wees om gekou te word" .
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Eugene »

Hansman, brei bietjie uit dat ons kan hoor!

Net nou trap een van ons ook in 'n slaggat...
Aim small, miss small
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Jakes73 »

As jy nie op die ope forum wil uitbrei nie PM asb vir ons die details sodat ons kan weet waarvoor ons onsself inlaat of op die uitkyk moet wees.

Jaco
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Geno »

Hansman,
Dit was in die verlede nie vreeslikk moeilik om kritiek te lewer oor M?reson Ranch nie:
Hansman wrote: Ha ha ha manne, ek het nou julle indrukke sover waarder. Kon nie vroeer respond nie het vleis gewerk.

Ek moet se die jag was lekker,

Sal aanbeveel dat hulle aanklokreel instel wat vir almal geld sodat dit na 11h00 ligte uit is en manne dan moet gaam slaap, moenie verskillende reels vir groepe en vir die res he nie.

Dan sal ek reken die restaurant kort bietjie finesse, alles loop nie so glad nie.

Die plek het werklik potensiaal, met die leeu teel projek ens dit kan mense lok. Kinders kon met die leeuwelpies speel wat hulle baie geniet het. Hierdie is dus meer as net 'n jagplek ook 'n vakansie oord vir die gesin. 

Daar is baie wild, +/- 1500 blesbokke en baie swb en bwb. Die verblyf is basies, nie luuks nie kan egter doen met meer verhitting, een klein "blaasheatertjie" is verseker onvoledoende vir die koue Vrystaatse dae wat ons pas deur is. Ons eenheid het nie mikrogolf in gehad nie, bietjie ongemaklik as mens iets wil warm maa sonder die mikro. .

Die kapasiteit itv jag gidse is ook onvoldoende, indien daar groot groepe ingeboek word saam met individuele jagters moet daar gesorg word dat daar genoeg gidse is om aan almal aandag te gee. Moenie dat die indruk gelaat word dat my geld minder werd is as die van 'n groep nie. Wat vir een geld behoort vir almal te geld.

Verder is die plek baie sentraal gelee +/- 150km vanaf jhb. Het voldoende slag fasiliteite. Gevoel is egter dat daar beter beheer moet geskied oor afslag van wild en skoonmaak van karkaste, van my bokke het nog mis in die ribbekaste gehad, maw nie oordentlik gewas nadat afgelsag is nie.

Die diere is wild aangesien daar baie jagters is, so skote is nie naby nie 300 - 350 m so maak seker jou geweer is ingestel op die afstande anders gaan jy betaal vir kwesbokke.

Ek sal die plek aanbeveel maar gaan met oop oe in, weet waarvoor jy jouslef inlaat.

Jagtersgroete

Hansman
Hoekom dan nie nou nie?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Jakes73 »

Ja nee Eugene, vra ek ook nou dieselfde. As mens 'n eiertjie te le het oor iets of iemand anders moet jy dit darem kan staaf met feite andersins moet jy maar eerder maar jou opinie vir jouself hou. Nou sit hier 'n klomp mense met on-geantwoorde vrae en 'n man se besigheid kan dalk skade lei agv 'n paar verdwaalde opmerkings wat moontlik nie met die regte bedoelings gemaak is nie.

Ek en my kollegas beplan egter om nogsteeds aan die einde van Augustus Inibos toe te gaan. Daai 48" Kudu bul vir R3500 staan nog vir my en wag ...  ;D
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by LoveHenties »

Dalk die een?
Hansman wrote: Ja manne ek stem saam, ek het oik al lus gehad om die name van slegte jagplase hier op te sit. Ek het bv vir my broer n naam gegee wat ek ook op die forum gekry het. Hy het geboekvir die jag saam met sy gesin en ewe skielik bel die vrou hom en se dat sy hom nie meer gaan akkomodeer nie aangesien sy n groep van 4 jagters gekry het vir dieselfde naweek.

Weer n kwessie van geld.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Jakes73 »

LoveHenties,

Totdat iemand kom verduidelik sal ons almal maar net kan raai en bespiegel. Jou raai is so goed soos myne.

Jaco
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
ablm468

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by ablm468 »

Mens aanvaar mos nie ouens se deposito nie en dan kanselleer jy omdat jy 'n ander groeter groep kan kry wat meer geld gaan spandeer nie. Hoe eties is dit?
Jakes73 wrote: Ja nee Eugene, vra ek ook nou dieselfde. As mens 'n eiertjie te le het oor iets of iemand anders moet jy dit darem kan staaf met feite andersins moet jy maar eerder maar jou opinie vir jouself hou. Nou sit hier 'n klomp mense met on-geantwoorde vrae en 'n man se besigheid kan dalk skade lei agv 'n paar verdwaalde opmerkings wat moontlik nie met die regte bedoelings gemaak is nie.

Ek en my kollegas beplan egter om nogsteeds aan die einde van Augustus Inibos toe te gaan. Daai 48" Kudu bul vir R3500 staan nog vir my en wag ...  ;D
Jakes ou pel hoe sal jy voel as die mense dit met jou doen nadat jy reeds jou reeling getref het om daar te gaan jag. Gaan jy dit net gelate aanvaar nadat hulle op die forum adverteer het en jy in goedertrou 'n booking gemaak het.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Beretta »

Lovehenties
As dit so is dan sal dit mos net gepas wees as jy die naam noem en van jou onderving praat as jy dit so vertel of plaas dan is dit mos n ondervinding en nie n swart smeerdery nie.Want bv jou ondervinding en die volgende persoon sn verskil mos maar of hoe?.En die boer kan mos sy ondervinding van die jagters ook gee.
Beretta
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by Jakes73 »

Hansman,

dis mos maar al waarvoor ons gevra het, jou eerlike opinie nadat jy die aanvanklike waarskuwing gerig het. Ek stem saam dat dit nie heeltemal reg was nie. Tensy die eienaar 'n geldige rede gehad het soos dat daar dalk nie aan die minimum hoeveelheid jagters voldoen is nie kan ek ook nie 'n rede sien hoekom hy dit eties sou kon regverdig. Ek self het ook 'n booking daar gehad maar moes dit ongelukkig kanselleer omrede die res van my groep nie wou commit nie. Gelukkig het van my kollegas besluit om 'n laaste jag vir die seisoen in te werk aan die einde van Augustus op dieselfde plaas en ek is saam genooi.

Groete
Jaco
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Thabazimbi/Koedoeskop omgewing Jagplek

Post by BRNO (Pierre) »

Jakes73 wrote: Hansman,

dis mos maar al waarvoor ons gevra het, jou eerlike opinie nadat jy die aanvanklike waarskuwing gerig het. Ek stem saam dat dit nie heeltemal reg was nie. Tensy die eienaar 'n geldige rede gehad het soos dat daar dalk nie aan die minimum hoeveelheid jagters voldoen is nie kan ek ook nie 'n rede sien hoekom hy dit eties sou kon regverdig. Ek self het ook 'n booking daar gehad maar moes dit ongelukkig kanselleer omrede die res van my groep nie wou commit nie. Gelukkig het van my kollegas besluit om 'n laaste jag vir die seisoen in te werk aan die einde van Augustus op dieselfde plaas en ek is saam genooi.

Groete
Jaco
+1 Dit is presies hoekom ek aanvanklik gevra het wat is die storie. Nou bleik dit dat jy reeds die storie vertel het Hansman. Dankie Geno!
Veiligheid eerste manne!
Post Reply