Die klient is a'n wild bewaarder in een van Engeland se Nasionale Parke en het 'n baie sterk mes gesoek wat enige redelike mes taak sou kon verrrig - en wat baie veilig was om te gebruik
As gevolg van die meswette in Engeland het hy aanvanklike gedink aan 'n Friction Folder, waar die gelengde stert van die hef die lem veilig hou solank hy in jou hand is, maar die 90mm lem wat hy wou h? is alreeds buite die normale dra wet daar en omdat hy as gevolg van sy werk so mes kon motiveer, het ek voorgestel ons sit 'n liner lock ook in.
Hoekom die kombinasie? Wel:
1. Die verlengde lem rug maak dat die mes baie maklik met een hand oopgemaak kan work, veral in koue toestande met handskoene aan
2. Die slotte komplimenteer mekaar en wissel mekaar af as primere en sekondere slot, wat maak dat die mes ekstra veilig is
3. Selfs in die feitlik onmoontlike geval waar een van die slotte mag faal, het jy steeds 'n werkende mes
4. Die klient het slegte ervaring gehad met die sg "Ball Indent" stelsel op liner locks en hou nie daarvan nie - met die verstelbare skroef op die as van die friction folder kan die wrywing of spannig gestel word dat die mes ekstra veilig in die toe posisie ook is.
Vir die wat wonder oor die gebruik van brass as slot, onthou die volgende:
1. Verskeie w?reld bekende makers, soos GEC, Camillus/Camco, Imperial, Klein ens ens gebruik brass as slot, sommige vir amper 100 jaar al. Ek het 'n paar Camillus TL 29's hier wat jy kan sien hard gery en nat op stal gesit is vir oor die 60 jaar en die slotte werk nog perfek
2. In 90+% van gevalle vat die verlengde rugskuk van die lem die druk van die liner lock af, wat slytasie drasties verminder
3. Die slytasie wat dalk wel mag plaasvind kan plaasvind tot op die punt waar die slot agter die lem deurbeweeg om teen die oorkantse "liner" te druk - maar jy het steeds 'n 3mm slot agter 'n 4mm lem - met ander woorde, hy gaan n?rens heen nie. En bo en behalwe dit, het jy steeds die verlengde rugstuk van die lem as addisionele veiligheid.
Spesifikasie:
Lem: 4mm O1 gereedskapstal, vol hoogte konveks wat effens afplat na die snykant toe, afgewerk tot 400 grit satyn want dis 'n werksmes wat krappe gaan wys op gladde afwerkings
As: 4.5mm vlekvrye staal, verstelbaar en sluit in posisie met interne "grub" skroefie
"Liners" : 3mm Brass
Handvatsel: African Black Chacate
Na so bietjie ontwerp werk, het die klient die boonste ontwerp gekies:

Afggetrek op deurslag papier om te kyk of die lem min of meer korrek beweeg:



Dan op karton om 'n beter idee te kry van hoe hy gaan lyk en werk:


Templates:

Parte gensy, en rofweg gepas:


Notice how the angle at the back of the tang would stop the blade from pushing past the liner in the hugely unlikely event of the stop pin failing:

Sny van die liner lock:

Aanvanklike resultaat:

Hier beginne hy bymekaar kom:



En die finale resultaat




Dankie vir die inloer en kommentaar is welkom, soos altyd!



