Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post Reply
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post by WillJak »

Jakkalsjagter is met die maan gepla soos Hein sou s?, en dit is seker so dat dit makliker is in die donkerder fases van die maan ? maar soms is daar nie ?n opsie nie ? anders as die feit dat dit dalk volmaan mag wees is alle ander toestande perfek, of die boer het dringend hulp nodig, of jy kan hom net dan inpas ens.

Watter planne het julle manne vir skiet rondom die volmaan?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
tafjak

Re: Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post by tafjak »

Willjak

Maak seker jy ken die grond en ligging van jakkalse HAARFYN. Dis al.

Taffie
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post by johan »

Trek jeep aan skadukant van n groot bos,druk sy neus daarin,maak als wat blink toe,voorruit,spieels, no plate.Maak jou gesig half toe,jou hande ook.
GEEN beweging,sit dood stil,werk met wit lig,skiet wyd en raak.

Doen die toets.....stap 150tree weg en kyk wat sien jy,laat n witgesig in die skietstoel sit en kyk hoe blink sy bles, laat jou vriend als regmaak tot jy tevrede is dat jy vir jakkie sal flous.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post by JACQUES BOTHA »

Johan:
Ek het so biki by boogjagters gesteel. Daai dome tentjie wat hulle gebruik verander..
Slaan jou ronde 'dome' op in die volmaan met jou stoel binne en jou lig net buite..
so 40cm opening vir die roer om reg rondom te siet.. laai jou dome af met jou stoel en jou battery en jou2 rigting radio en verwyder die voertuig.. Ek sal veel eerder daai 4 wieler wat so mooi gekamo is wou gebruik ...maar die minister van finANSIES sa nie lekker byt nie, as ek voltyds moes skiet sou ek nie een 2 keer gedink het nie...Ek dink dis die antwoord vir 35 dae n maand te skiet... en vir 370 dae n jaar en dan kan jy nog lang naweke afvat as jy wil...
Shoot straight and tell the truth!
Dirk

Re: Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post by Dirk »

Die helper wat Johan saam vat en Die dome tentjie van Jacques laat my dink dat julle nie net jakkals op die manier jag nie???????????????
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post by WillJak »

Dankie manne. Taffie, ek dink jy?s reg ? die belangrikste is om te weet waar die jakkalse is, dan kan jy goed staanplek uitsoek en kamofleer met die skadu van die bos ens. soos Johan voorstel.

Iets anders waarmee ek nou al twee keer (onthou ek jag maar kort) sukses gehad het is om daar waar nie lekker bome is nie, in ?n effense holte of leegte tussen 2 hoogtetjies te stop as dit kan. Die nadeel is jy kan nie vir Vlekkie van ver af sien aankom nie, so jy moet baie gereeld lig want hy?s sommer skielik voor jou op die hoogtetjie, maar die voordeel is dat as en wanneer hy jou dalk sien is hy gemaklik in skiet afstand en is dit te laat om te draai.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Aaaawhooooooo - met die maan gepla?

Post by JACQUES BOTHA »

wiljak
Hier by ons in die vrystaat waar dit oop en wyd is, sou ek eerder verkies om die hooogte voordeel vir myself te gebruik.....wat ekw el doen is om in die gelyk vlakte te probeer in die langer gras staan om wiele  te probeer wegsteek en ook die ander blink goetertjies wat kan uitstaan, Ek sal wel so berg of styl kopie gebruik om aan die onderpunt te staan omdat jakkals ma eerder om die koppie kom as bo oor...ma ek het al een gekry wat my suprise het en lekker hoog bokant my uitgelaan het....en ek wou nie bergklim in die nag nie en het hom maar die volgende oggend  laat haal...."laat haal"
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply