ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
-
baasjan

NOU TOE HIER KAN ONS NOU VERDER OOR OUPA SE HARTGEWERE GESELS.
Gee vir ons so 'n fototjie of twee.
Dit staan in Openbaring: jy gee nie 'n vuurwapen vir die polisie om te vernietig nie.
As jy hom nie wil h? nie, s? dit hier en ons neem hom by jou oor teen 'n twakgeldjie of selfs 'n vakansiegeldjie ( Johan hiers jou kans om ook see toe te gaan).

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Sauer is beslis van die beter skietgoed en as jy een het versmous jy hom nie sommer nie.
Maak seker -- is dit 'n dubbel of 'n kombinasie.
Is dit 'n S/S.
Wat is die Kaliber
Het een van die lope groewe, of is albei groefloos of het albei groewe.
Alle skietgoed met dubbellope S/S is nie Cape Guns nie
Is dit Damaskuslope of nie
Watter aksiepatent is met die nekbreek gebruik.
Een van julle mag iets interressants besit.

Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Basjan, daai Sauer van my is 'n 10 x ek's nie 100% seker wat nie/16boor hael geweer - twee lope langs mekaar (m.a.w dis 'n "ahead and behind" roertjie, soos ek verstaan skiet hy of voor die bok af agter die bok - hang af watse sneller jy eerste druk). Blykbaar was dit 'n beter pattend as 'n "above and below" roer waar die 2 lope bo op mekaar le.
Ek dink amper die meganisme is 'n "box-lock", maar aangesien daar nou suffel belangstelling getoon word sal ek vanmiddag by Greg 'n draai gaan maak en foto's neem van die skiet-yster en probeer om dit vannaand nog te plaas. Dan behoort julle mooi te kan sien en my reg help waar ek van die spoor af dwaal. Die koel geweer loop het groewe, hael geweer is 'n gladde loop - soos ek 'n hael geweer ken - geen groewe. As ek reg kan onthou was daar geen datums gedruk op die roer nie - so dis moeilik vir my om aan te dui uit watter era die geweer dateer - dis nou waar julle eksperts kan help.
O ja sy het hamers, een vir elke loop.

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
tafjak
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Julle moet darie goed los!!! Ek skietie met 'n ding waarna jy jou gesig met Shooters moet was nie.
Taffie
Taffie
-
rednat
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Freek
Hierdie laaities met hul moderne speelgoed het nog nie met 'n geweer geskiet voordat hulle nie met 'n 6 ponder aangel? het nie. Man as jy met hom geskiet het onthou jy mos jul kennismaking.
Maar jy sal weet, daarom noem jy haar 'n sy. Dit is nou 'n verstandhouding met gevoel en diep terugdink.
Hoe s? Basjan: mooi man lekker man.

Ou Freek
Se vir Rednat dat ek op my dae 'n 60mm Patmor uit die skouer geskiet.

Tafjak
Freek het nie nodig om vir my iets te s? nie. Ek glo jou en in elk geval het jy mos nie nodig om iets te bewys nie.
Sal vir jou dan 'n 4 ponder lontslot moet laai sodat jy kan terugdink aan vervlo? dae en ek verseker jou jy sal met nostalgie hierdie ontmoeting met 'n onbekende meisie onthou.

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
ek skiet ma met die ligte recoil mannetjies die tandartse maak genoeg geld uit ons uit, kan nie bekostig om nog plaak van my tanne te laat skop nie ook nie om met n mond vol los stopsels te sit nie....
Shoot straight and tell the truth!
-
tafjak
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Jakes
Ek gaan darie sesponder skiet, net eers my valstanne uithaal.
Taffie
Ek gaan darie sesponder skiet, net eers my valstanne uithaal.
Taffie
-
rednat
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Tafjak
Die werklike groot swartkruit vuurwapens van toeka skop nie. Hulle stoot of stamp. Stadige kruit en wye lope meestal ook nog sonder groewe met loodkoe?ls wat los deurgaan. Moet net nie vir jou teesit sit nie. Ry haar boeta so saam met die stamp.
Jy weet mos dat 'n 6 boor voorlaaier beteken dat 6 van sy koe?ls 1 pond in gewig weeg. Die haastige jagters van toeka het glo twee kruitmate gehad: 'n oophand se holte vol of 'n bakhand se holte vol. Dit het dan sommer gesorg vir die regte ladings vir groot en klein ouens. Die hande pas mos normaalweg by die lyf.

johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Manne kom groet eers n Levick 8ponder flint met die hand voor julle opgradeer na n 6ponder
.........ek seg jou as jy klaar is met die 8ponder

Dans jou grootbekgeit vir daai 6ponder in jou slukderm af
Ek staan na Taffie in die ry vir die 6ponder
Die perre wat skopsku is moet volstaan by die .72 dubbel.

"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
rednat
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Johan
Daar word vertel dat met 'n 4 ponder soek jy eers jouself en dan die ding waarna jy geskiet het. Stoot jou glo net sover terug as wat sy koe?l trek. Gaan hom nog probeer -- het jy al?
Soek nog een vir 'n gaatjie tussen sy keinboeties.
Daar word vertel dat met 'n 4 ponder soek jy eers jouself en dan die ding waarna jy geskiet het. Stoot jou glo net sover terug as wat sy koe?l trek. Gaan hom nog probeer -- het jy al?
Soek nog een vir 'n gaatjie tussen sy keinboeties.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Kom kerels, hou asb op brag en belowe en bring al daai grootbek kalibers saam die 24ste April 2009 na BLOEM. Moet nou nie so wees nie, ek soek ook 'n skiet beurt... 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Rednat ek is n voorlaaierman 
20,15,12,11,10,8ponders het ek, maar n 6 en 4ponder ontwyk my,normaalweg ontwyk iets my nie te lank nie.ek is nou op die spoor van "iets" wat heel moontlik n 6ponder flinter kan wees
Het nog nie eers die 8ponder geskiet nie,moet hom darem eers baasraak voor ek kan opgradeer na n 6ponder.Skiet baie lekker met die 72dubbel wat na regte n gegroefte 12ponder is,met n 1000gr punt op 170 FFG Wano moet jy vas staan
20,15,12,11,10,8ponders het ek, maar n 6 en 4ponder ontwyk my,normaalweg ontwyk iets my nie te lank nie.ek is nou op die spoor van "iets" wat heel moontlik n 6ponder flinter kan wees
Het nog nie eers die 8ponder geskiet nie,moet hom darem eers baasraak voor ek kan opgradeer na n 6ponder.Skiet baie lekker met die 72dubbel wat na regte n gegroefte 12ponder is,met n 1000gr punt op 170 FFG Wano moet jy vas staan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Ek weet aanvanklik was dit mos nie nodig vir 'n lisensie vir daai skietgoed van julle nie, maar ek verbeel my ek het iewers gelees dit het ook verander. Wat presies is die situasie daarmee vandag?
Winners never quit - Quitters never win.
-
rednat
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Voorlaai vuurwapens voor 1900 hoef volgens huidige wet nie gelisensieer te wees nie.
Die eienaar moet wel 'n sertifikaat van 'n bevoegde geregistreerde geweersmid/handelaar besit dat die vuurwapen voor 1900 vervaardig is of replika is.
Met die konsepwetwysigings wat reeds aanvaar is en eersdaags in werking kan tree sal die eienaar dan 'n SPESIALE APARTE BEVOEGDHEIDSERTIFIKAAT moet verkry om sodanige wapen te mag besit. VOORLAAIER HANDWAPENS wat meer as een skoot deur dieselfde loop sal kan skiet sonder om te herlaai sal egter dan weer geherlisensier moet word Bv. voorlaairewolwer met rol.
Daar word verwag dat die wysigingswet teen Junie in werking sal kan tree.

Jou 72 waarvan jy praat is dit 'n .729 of 12 boor? Is albei lope dieselfde of die een loop so effens dunner van wand?

Basjan
Nou weet ek hoekom die Gunshops so baie "Butch Black Powder Boreshine" verkoop, is mos om julle gevrete skoon te kry na so skietsessie.
Taffie
Nou weet ek hoekom die Gunshops so baie "Butch Black Powder Boreshine" verkoop, is mos om julle gevrete skoon te kry na so skietsessie.
Taffie
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Pedersoli Kodiak African Express, myne meet nader aan .731.....maar links laai stywer as regs,omdat dit die gebruik is om n dubbel eers regs en dan links te skiet,nou is die linker loop styf sodat die punt nie vorentoe beweeg tydens die recoil van die regterloop nie,.........en hy kan recoil. 
Enige voorlaaier se punt moet styf op die lading le anders kan jou loop n bult maak.
Twist 1 op 75
Ek besef dat bg vir jou ou nuus is,is maar vir die manne wat belangstel
Die roer kom saam met n gallon Butch op die koop toe,my gallon is nou byna leeg
Enige voorlaaier se punt moet styf op die lading le anders kan jou loop n bult maak.
Twist 1 op 75
Ek besef dat bg vir jou ou nuus is,is maar vir die manne wat belangstel
Die roer kom saam met n gallon Butch op die koop toe,my gallon is nou byna leeg
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Taffie, jy raak net een gedeelte aan. As ek die dag lekker swartkruid skiet is alles swart na die tyd tot tussen my boude. Hulle noem dit nie verniet "Butch Black Powder Boreshine" nie, dis nie net vir die geweer se loop bedoel nie...
Hey hier kry ek nou wrintie waar a blink idee, miskien moet 'n mens "Butch Black Powder Boreshine - buble bath" begin bemark.

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Rednat, net ter wille van die inligting; ek dink nie dit gaan so maklik wees om die rewolwers weer te lisensieer nie. In die eerste plek is hulle ingevoer as voorlaaiers met die goedkeuring en toestemming van die SAPD ? wat blyk uit die goedkeuring van invoer permitte, die inspeksies wat op die lughawens gedoen is en die klarings permitte. Tweedens is verskeie ou lisensies, uit die dae toe die goed nog lisensies nodig gehad het, gekanseleer deur die SAPD na die wysiging van die wet in 2000, op grond van motiverings deur die eienaars dat dit voorlaaiers is en nie meer gelisensieer hoef te word nie. Derdens is Dir. Bothma op rekord, alhoewel hy dit ontken, tydens ?n vergadering met belanghebbendes in Pretoria waar hy saam gestem het dat dit voorlaaiers is en ingevoer kon word as sulks ? hierdie vergadering is ook met sy medewete op video vasgel?. In die laaste plek het niemand enige idee van hoeveel van die rewolwers ingevoer en verkoop is nie ? en ook nie aan wie dit verkoop is nie.
Oor die vier ponder, of 4 boor, of ?vier-oppie-pond? soos die ou mense ges? het, ek het al die voorreg (???) gehad om een te skiet ? in die geval gelaai met ?n 1000gr staal koeel laer (Terwille van Langbroek ? dis mos goeie Afrikaans vir Ball Bearing) voor so 380gr kruit. Ons het die vir ronde bal gebruik omdat die ou so swaar is op lood en die staalbal kan jy weer uit die wal uitgrawe. Nou die ou manne het hom met ?n 1750gr loodbal en tussen 380 en 480gr kruit geskiet. Al wat ek kan s? is selfs met ons ?ligter? ladings het daai ding my geskop dat ?n half uur na die tweede skoot ek nog steeds naalde en spelde in my regterhand gehad het. En dis ?n sware geweer ? hier rondom 26 pond, maar dat hy skop is so. Om ?n idee te gee (die syfers is min of meer en uit geheue), ?n 30-06 genereer so rondom 35 voetpond vry terugskop, die .375 so 65, die .416 Rigby so 110 en die 4 boor so 385??.

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
rednat
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Wiljak
Jy is dan amptelik president van hierdie klub met jou gevorderde skiet ondervinding -- vra vir Tomcat vir 'n naam.
CFR dink nie aan moeilik of maklik nie en Bothma dink glad nie. Daarom sukkel hulle nou nog met 2005 se hernuwings. Ek het maar net ges? wat in die wetswysiging staan in antwoord op Freek se vraag. Daar sal darem glo 'n jaar tyd wees om die vereiste na te kom en as ons dit dan nie nagekom het nie sit ons met 'n onwettige vuurwapen in besit en tree die bepalings van die wet in die opsigte in werking. NAACCSA onderhandel reeds die afgelope 2 jaar oor die en ander probleem situasies.
Daar is tog 'n gedagte dat asgevolg van die enorme backlock en onvermo? by CFR en Provinsies daar miskien nog 'n verrassing mag kom.
Johan
Jy dra jou Butch saam met jou en nogal louwarm ook -- probeer dit.
Ek self is nie werklik lief om onnodig met my voorlaaiers te skiet nie. Hulle is almal oorspronklike historiese versamelstukke. Maar gun myself so een waagskoot per geweer na restourasie.
Ek besit geen replikas nie.
Ek skiet maar graagter met my pasmaakgoeters wat darem kan kompenseer vir my swakskiet.

Nou is die manne lekker aan die wonder of hulle nie iets in hul lewe gemis het nie.
Plaas vir ons 'n mooi foto van jou 6 dames met die verskillende borsmates.
Net om te sien en miskien te begeer.
By voorbaat dankie.
Nou is die manne lekker aan die wonder of hulle nie iets in hul lewe gemis het nie.
Plaas vir ons 'n mooi foto van jou 6 dames met die verskillende borsmates.
Net om te sien en miskien te begeer.
By voorbaat dankie.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Rednat, Basjan en al julle ander versamelaars hier is foto's van die ou Sauer. Sodra die pampier werk uit gesorteer is moet daar begin word met die "face lift". Ek het sopaar ekstra foto's van die lope se onderkant geneem om beter beeld van die gegraveerde detail te probeer kry... Dit sal interesant wees om uit te vind wat die roer se geskiedenis is, ek het nog nie regtig huiswerk gedoen nie 

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS
Made in China nogal...