Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post Reply
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo Neels en Wouter en al die ander skiet maters.

Wat Neels en Wouter se t.o.v. enige koeel se vermoe om interne sagte weefsel skade aan te rig is waar en in die kol. Enige jagter moet altyd die beste skootplasing kan toepas. Dit verseker 'n goeie dood skoot ongeag die tiepe ammunisie.
Die vraag oor loop lewe is beslis 'n goeie vraag en iets om oor te bepeins juis soos Wouter se die koste en proses van loop vervanging. Die Impala koeels word gedraai van geel kooper (brass) op 'n CNC draai bank. Brass is veel meer gunstiger om die CUTTING BITS as rooi kooper. Hoe die koeels loop lewe afekteer kan ek my nie uitlaat nie. Die skerp skouer wat teen 'n hoe spoed en hoe impak in die groewe in stamp wanneer die koeel gelanseer word is sekerlik iets om oor na te dink. Ek sal ook reken dat die meer normale konvensionele ogief vorm koeels sagter op die begin deel (keel) van 'n loop sal wees.

Ek gaan beslis van nou af elke keer die long en hart skade afneem van gejagte wild sodat dit hier geplaas kan word. Neels en Wouter, julle sal moet help met die fotos, ek het nie 'n idee hoe om fotos hier op Jaracal te plaas nie.

Iets wat ek opgemerk het by die laaste vark wat ek gejag het is die baie bloed wat by die ingangs en uitgangs wonde uitgekom het. Ek het nog nie soveel bloed gesien by bokke wat met konvensionele loodkern koeels gejag is nie. Die ingangs wond is groter as enige ander koeel gat wat ek al gesien het.

Laastens wil ek graag met julle deel. Daar bestaan nie 'n bonatuutlike koeel of kaliber nie. Alles sukses van jag en ek verwys na etiese jag, om die gejagte dier so gou moontlik te laat sterf, hang alles af van skootplasing. Daar moet nie vir een oomblik gedink word dat 'n wonder koeel suksevol kan wees ongeag waar die skoot geplaas word nie. Wonder koeels bestaan nie. Skootplasing is nommer een.

Ek gaan intussen 'n paar bokke of varke jag (soek) en fotos neem.

Dankie vir almal se lekker saam gesels oor ons passie nl. jag en skiet. Kom ons doen so voort en bemagtig mekaar met raad en kennis. Kennis beteken niks as 'n persoon dit nie kan deel nie.


PS. Ek het Barnes 165gr en 180gr punte in my herlaai kas vir die .300 Win Mag, ek is ook erg lief vir die Barnes koeels.

Groete
Danie
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Jagtersdok »

Dana
Jy kan maar vir my mail ek sal hulle op gooi
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Pvdw »

Danie jy kan fotos vir my mail dan plaas ek dit vir jou. Sal graag wil sien wat gaan hier uitkom. Die fotos gaan sekerlik baie lig op meeste vrae gooi.

Peet
Work to live, don"t live to work
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Gerrit Visser »

Dok jy verduidelik mooi dankie. Paar jaar gelede jag ek en vriend Gerald in die Oos-Kaap koedoe gejag. Hy loop saam met aanjaers ek en baas van plaas sit voor. Ons sien hoe Gerald die mooi bul plat skiet met 270 gelaai met barnes koeel. Ons hoor hoe hy die aanjaer vra om keel te sny. Skoot baie skuins af. Die bok spring op en Gerald gooi weer. Meneer nou is hy dood kom dit van die aanjaer wat nie kans sien vir die skuinste om keel te sny nie. Ek fokus op die wat oppad is na my kant toe en gooi een, gaatjie in en uit net soos 'n breipen Hornady 140gr BTSP deur altwee longe 40m verder morsdood. Nou gaan ons Gerald se bok optel.

Baie rooi en pienk skuim bloed. Volg bloed spoor baie baie ver soos Blok. Volgende oggend weer op spoor bloed raak minder en minder en ek glo die bok moet al droog wees. Selfs buurman se spoorsny hond het kom help, hy kry altyd sy lewer. Die baas het na 7 ure se gesoek sonder sukses die soektog gestaak. Ek leer graag uit ander se foute 2 longe of geen skoot. Dok ek sal na jou verduideliking nog meer versigtiger wees. Sal maar gaan vir die goue driehoek
 
Last edited by Gerrit Visser on Thu Jul 19, 2012 10:50 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Flip Nel »

Ek gaan nou hier inchip met iets wat ek baie jare terug gesien het, ek het 'n groot Kudu bul geskiet en met die aflsag sien ek net agter die blad is 'n rib gebreek wat weer met 'n groot knop vasgegroei het, bietjie meer gekyk en gesien dat daar merke op altwee longe is, een long oopgesny en daar was duidelik versteuring in die longe wat al gesond is, ek kan net dink dit is scar tissue.  Dit het gebeur toe ek nog op skool was so het nie alles opgelet nie maar het gedink iemand het die bok met 'n klein kaliber geskiet.  Die skade aan die longe was baie min selgs 'n paar mm diep.  Ek is taamlik seker iemand het ver agter daai bok aangeloop en hom nooit gekry nie.
Biltongjagter

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Biltongjagter »

Tydens 'n jagtog waar 'n jagter 130gr Impala koe?l in sy .308 Voere geweer gebruik het, is die volgende deur myself, die jagter en di? se vriend waargeneem:

Rooibokram redelik skuins van voor oor afstand van ongeveer 180 tre? net agter die regter blad getref - onder omstandighede 'n redelik goed geplaasde skoot. Rooibok het nie ver gevorder voordat hy dood neergeval het nie.

By nadere ondersoek het dit geblyk dat die ingangswond baie groter as kaliber grootte was, net soos wat Danie hier skryf -
Die ingangs wond is groter as enige ander koeel gat wat ek al gesien het.
Wat egter vreemd was, is die feit dat die uitgangswond net voor die regter boud 'n groot stuk vel losgeruk het wat soos 'n los lap daar gehang het.
Maw koe?l is aan dieselfde kant uit as waar hy in gegaan het.

Enige idee wat hier kon gebeur het?

Groete,
Koos.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by BLOK »

Soos belowe het ek toe gister n paar toetse gaan doen met die Impala's en V-maxe.

Nou die twee punte verskil heeltemal en is seker nie die ideaal om teen mekaar te vergelyk nie, maar tot GSC begin 204 kaliber voor maak is dit al wat daar is.

Afstand van toetse was so 80meter

Ek het eerste die Hornady 32gV-maxe teen 3450fps in putty getoets. En die resultate was as volg.

Ingangs wond was een groot gat waar ek my vuis kon indruk, die lood on mens ook in baie klein stukkies die hele gat vol versprei sien ingangs opening was so 120mm en diepte volgens my vuis se grootte so 80mm. Maw n gat van so 120x80mm. Die putty binne was ook baie los en half in flarde geskiet en ek glo as dit op n bok was sou vleis skade enorm gewees het met baie swak penetrasie. Nie te sleg sal ek se as mens in ag neem dit is waarvoor die punt ontwerp is nie.

Fotos om dit te ilustreer.

Sak Putty voor geskiet is.

http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/ongeskiet.jpg

Gat soos gelyk het toe V-max in is.

http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/V-maxingang.jpg

Hier kan duidelik gesien word in die gat hoe in flarde en los die putty geskiet is asook die stukkies lood wat los le.

http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/V-maxbinne.jpg



Tweedens het ek die Impala Bosvelders geskiet ook 32g teen dieselfde spoed 3456fps.

Was ek verbaas gewees.  Hier in die eerste foto kan duidelik gesien word dat die ingangs gat meer as ses honderd keer die punt se grote is. Op die plastiek kan ook duidelik rekmerke en ander gate gesien word wat ek glo as n bewys dien van enorme druk van binne. Van die bench af het ek gedink ek het te laag geskoet agv die gat wat onder oop was maar toe ek nader stap sien ek ek het moi in die middel geskiet.

http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/impalaingangs.jpg

As die plastiek weggevat word het los stukke van bo gehang in die gat en nadat ek dit verwyder het besef mens eers hoe groot die gat is wat geslaan, druk is. die gat deursnee is in totaal 130mm amper dieselfde grote as die V-max sin. Die opening wat van buite waargeneem kon word se diepte was in totaal net oor die 200mm en ongelukkag het ek nie n mes by my gehad om die putty in twee te split en oop te vlek nie. Soos ek met die hand gegrawe het tot ek die punt gekry het skat ek die totale diepte so 280mm

http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/impalaingangs2.jpg

Hier is ook n foto van die binne kant om die diepte en grote van die gat te wys.

http://i929.photobucket.com/albums/ad136/BLOKBOTHA/impalaingangs3.jpg

Alby die punte kan teen heelwat meer spoed geskiet word, ek tweifel of die V-maks teen meer spoed werklik meer skade sal maak aangesien die punt reeds ten volle uitmekaar gebreek het en dus twyfel ek of hy meer skade sou kon aanrig. Wat die Impale betref glo ek virseker penetrasie diepte sal heelwat meer wees net meer spoed asook die groter gat sal dieper die selfde effek gee en impak grote as wat dit tot nou tot n diepte van 200mm gelewer het.

Ek is werklik verbaas en kon nie glo hoe groot die gat was nie. Nadat ek die blesbok se klein punch gat in die long gesien het was ek maar baie skepties, maar die toets het my effe meer gerus gestel. Om eerlik te wees is ek nog nie volkome tevrede nie en gaan ek virseker nog verdere toetse doen. Moontlik as GSC se punte op die mark kom sal ek appels he om appels mee te vergelyk.

Soos al heelwat genoem is pla die looplewe my nog baie met die Impalas asook die effek wat die skerp skouer op die lands op die langeduur kan he.

Hou maar die spasie dop ek sal maar nog n paar toetsies doen.
Last edited by BLOK on Tue Jul 24, 2012 9:36 am, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Nogal 'n slim plan die putty storie van jou ek dink nou maar net hard op maar wat van as jy weer so baie putty in sak gooi maar gooi 'n twee liter bottel plat daar binne in die middel met maks 1/3 water daar binne om te sien of die koeel se maar long gaan opblaas binne.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by BLOK »

Frederik

Ja die putty werk noggal lekker en is nie so duur nie, jy kan dit ook oor en oor gebruik druk net elke keer styf en skiet hom weer. Sorg net dat jy dit elke keer weer in n swart sak bere om uitdroging te voorkom en as jy sien dit beginne hard word sit jy vir jonas aan dat by bietjie parrafien inkniel dan is hy weer sag.

Wat die toetse betref gee maar kans hier gaan nog n paar kom.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Danie Lombard .243 »

Hi daar Blok

Tyd gelde het ek en Jacques Botha varmint koeels se penetrasie in venster putty getoets in kal 22-250, ons het die meeste .224kal varmint koeels getoets teen soorgelyke spoed oor afstand van 100 meter. Die hele toets is met digitale video kamera afgeneem deur die kamera op 'n driepoot naby die klei te monteer.
Putty klei briek 'n koeel erg woes en die slim manne sal reken dat putty glad nie vleisweefsel naboots nie. Ek reken dit is 'n uitstekende toets middel en mens kan die vermoe van 'n koeel vergelyk met 'n ander een koeels deur die "wond kanaal" wat die koeel in die putty mooi sigbaar en meetbaar is.

Ek en Jacques was aangenaam verras deur die effek wat 'n 87gr V Max 6mm koeel @ 3300fps gehad het op die putty.

Toe ons klaar was het ek voorgestel dat ons die 130gr Impala koeel moet toets vanuit my .300 Win Mag. Ek weet Jacques het steeds die video clips van die skote. Dit was iets op te sien toe die 130gr Impala koeel die blok klei tref. Probeer by Jacques uitvind of hy nie vir jou die video clip kan mail van die Impala koeel wat die klei tref.

Danie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by BLOK »

Danie

Ja ek het al met Jacques daaroor gesels, hy het my vertel van daai skoot en hoe hy dit ook nie kon glo nie. Sal by hom hoor of hy die clip kan stuur anders hy kom weer 1st hier by my verby.

Die putty werk nie sleg nie en met die dat ek in die glas bedryf is gebruik ek dit al hele klompie jare, soos gese dit kan oor en oor gebruik word en as op selfde dag met verskillende make getoets word behoort die resultate n goeie werklikheid te weespieel.


Wat sal jy se is jou mening omtrent die skerp skouer teen die lands, jy reken nie dat met langdurige gebruik dit negatief kan wees nie. Ek praat nou nie uit n twee drie keer per jaar jag oogpunt nie maar meer in die lyn van 500 na 1000 skote per jaar.

Ek luister graag.
Last edited by BLOK on Tue Jul 24, 2012 10:56 am, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Pvdw »

[quoteProbeer by Jacques uitvind of hy nie vir jou die video clip kan mail van die Impala koeel wat die klei tref.
][/quote]

Wag vit die een.

Peet
Work to live, don"t live to work
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Beretta »

Blok
Wat maak die vmax met n meerkat het jy fotos. Met die 223 40gr vmax net stert en ore oor
Beretta
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Danie Lombard .243 »

Peet,

ek sal met Jacques praat en hoor of daar nie 'n manier is om die clip hier te kan laai sodat julle dit kan sien nie. Glo my, julle het nog nie so iets gesien nie. Dit lyk of die blok putty met eens verdwyn, dit verander in 'n stuk plat en weet nie wat nie. Die koeel penetreer dwars deur die hele blok klei. 'n .308Win 150gr koeel kon legs 1/5de tot 1/6de in die klei in penetreer. Stukke klei so groot soos golfballe het besaai gele in 'n sirkel 360 grade rondom die klei blok tot 40 meter van die klei blok af. Dit lyk of die blok klei met plof stof flenters geskiet is.

Blok,

Ek weet nie hoe om jou waarlik te antwoord t.o.v. die loop lewe met die gebruik van die koeel nie. Ek dink ek is die verkeerde persoon om te vra oor loop lewe juis omdat ek die Impala koeels sleg in my .300 Win Mag jag geweer skiet. Die geweer word slegs met Impala koeels gebruik as ek groterige bokke gaan jag waar en nie seker is of ek 'n kop brein skoot gaan in kry nie. Ek jag ny vere meeste van die tyd met my .243 gelaai met 87gr V Max koeels. Dus jag ek slegs met die Impala koeels en skiet nei papier met hulle nie. Dus sal ek nie sommer die loop gaar skiet nie.

Ek moet weer herken en saam stem oor julle bekomernis oor die skerp skouer wat die koeel het en in ag geneem die vreeslike spoed en impak waarmee die koeel in die lands in spring sal ek ook reken dat dit rof is op die groewe. Mens moet ook in ag neem dat die staal van 'n loop vreeslik hard is en dat geel koper veel sagter is as loop staal.

Dit is kruit en die hitte van die vlam van die kruit en die skouer gradient en die lengte van die dop nek wat alles by dra tot die flash point van die vlam wat die keel van 'n loop gaar brand. SJOE! Klomp woorde.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by DWB »

Hallo Julle,

Ek dink amper hierdie foto is op die Impala website, maar dis 'n BWB se hart na hy met die 9.3 en 180gr Impala geskiet is.

Dit is 'n oom wat ek my lewe lank ken en hy sweer net by hulle.

[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/65759801/Picture%20034.jpg[/img]
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by BLOK »

Jonas het nou terug gekom nadat hy hele more in die putty gesoek het na die twee Impalas wat ek in die putty geskiet het.

Hier is ek alweer teleurgesteld. Kyk hie sleg lyk die twee punte wat uit die putty kom. Die bosvelder is die helfde van heeltemal weg en lyk amper asof die voorste gedeelte van afgeskeur het. Die skerpneus se voorkant het ook baie slytasie op en lyk nie te goed nie. Iets wat ek wel kan oplet is die werking van die putty op die skerp skouers wat nou amper heeltemal rond is.

Putty kan nou seker nie vleis mee vergelyk word nie maar ek is nogsteeds nie tevrede met die dat die voorkante so sleg lyk nie. Wat sal gebeur as been getref word. Gaan die punt elke keer heel bly soos die linkerkantste een wat ek uit n blesbok gehaal het as been getref word of gaan hulle opbreek.

Werklik iets om weer aan te dink.

Hier is die foto, jammer vir die swak kwaliteit is maar met die telefoon geneem.

Links die een uit die blesbok, middelste een geskiet na toets oefening, en regterkantste een die een wat ek die toets mee gedoen het.

[img width=360 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... nputty.jpg[/img]
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Danie Lombard .243 »

Genade Blok

Dit is duidelik dat die Impala koeels nie mooi wil werk in .20kal nie. Die koeels wat ek herwin het uit water, 2x koeels uit vlakvarke, 1 uit 'n miershoop en een uit 'n beton muur lyk nie naasteby soos die koeels op jou fotos nie. Die beton muur het die koeel lekker op ge voeter, die ander het net loop groeg merke op gehad.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Pvdw »

Die 90gr Impalas uit my 30-30 in 'n grondwal geskiet op 50m lyk beter as al 3 daai koe?ls.

Wat is die kaans dat die deursnee te raak vir die lengte en dan begin buig soos veral daai eerste een van die blesbok??


Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by BLOK »

Pvdw wrote: Die 90gr Impalas uit my 30-30 in 'n grondwal geskiet op 50m lyk beter as al 3 daai koe?ls.

Wat is die kaans dat die deursnee te raak vir die lengte en dan begin buig soos veral daai eerste een van die blesbok??


Peet
Peet die eerste een van die blesbok kan ek verstaan dat hy gebuig het dit is die een wat ek uit die kwesbok gekry het, maar die ander twee weet ek nie. Iets loop iewers nie klopdisselboom nie. Wonder as ek die spoed nog gaan opstoot se na 3800-3900 fps hoe gaan hulle dan lyk. Ek gee nie om vir die skerpneus waar die skouers nou rond is en die neus effe verloor het nie solank die energie net behoorlik oorgedra word maar daai bosvelder wat die helfte langs die pad verloor hou ek nie baie van nie.

Sal soos gese het maar nog n paar toetse doen en weer kyk.


Danie

Sal maar n beton muur soek en kyk miskien kan die 204 die muur opvoeter ipv die punt.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 865
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wielie Waps »

Blok,Danie
Ek het die clips van die putty toets van jou en JB op my rekenaar ook.
Blok - ek kan dit vir jou mail as jy dit wil opsit.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Ok ek is nou nie 'n professor in ballistiek nie maar 'n vraag vir die slim manne hoe vinnig beweeg 'n koel as hy die dop verlaat se maar 5mm verder af waar dit dan meeste van die gewere se groewe gaan vang ?

Dit is nou oor daardie skerp skouer van die impala koeels.
'n Patroon ontbrand hy ontplof mos nie so hy tel reelmatig druk en spoed op hoe verder hy in die loop in beweeg  of het ek dit mis?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Danie Lombard .243 »

Kwaai William, mail dit na iemand hier op die forum wat dit vir ons kan laai. Ek het ook intussen met JB gepraat voor ek hier kom lees het, hy het gese hy sal dit vir Geno mail en vra of hy nie die 130gr Impala in putty ontplof video wil oplaai.


Ek wil graag sensitiewe kykers en putty liefhebbers waarsku dat die beeld materiaal van die video segment erge putty trauma wys. Kykers kan ook gerus daarop let dat die putty wel beseer is en dat die beeld materiaal onder streng toesig en deur kundige persone gedoen is. Geen vuurwapen is tydens die toets beseer of mishandel nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Danie Lombard .243 wrote: Ek wil graag sensitiewe kykers en putty liefhebbers waarsku dat die beeld materiaal van die video segment erge putty trauma wys. Kykers kan ook gerus daarop let dat die putty wel beseer is en dat die beeld materiaal onder streng toesig en deur kundige persone gedoen is. Geen vuurwapen is tydens die toets beseer of mishandel nie.
;D :o ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply