Nagsig en Laser

User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Chris101 »

Praat nog ek laaaik dit

Het ook nagsig Tewis reken van die beste.
Het al skelm NEEEE baaaaie skelm jakkies met hom geklop.
Reken dit sal die toekoms wees.Waar elke  :P :P  deesdae
roep en ons geld uit ons borde vat.Nat lappe slaan dood die vuur.
Daar is egter probleme.
Soek raad.
Scope is op geweer gemonteer.
Sukkel om die kontoere te volg .
Hy werk maar op jou oe met infra fiter.
Skiet net met hom as dit n jakkie is wat myself skade gee en nie met
die rooi of wit ligte wil inkom nie.

Chris101
Knou die gediertes AF.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Kruger »

Ek het so 2 jaar gelede 'n 2+ generasie teleskoop getoets vir etlike weke. Ook die IR filter daarmee saam gebruik maar dit nie baie prakties gevind nie (jy kan net voel die lig is aan, want dit raak warm, maar kan glad nie sien dat dit aan geskakel is nie). In oop grasveld soos Vrystaat sal ek glo beter resultate is moontlik, maar om jakkie tussen bosse uit te ken is baie moeilik met nagsig. Die ander probleem is natuurlik teleskoop vergroting. Ek kan nie die presiese vergroting van die spesefieke model onthou nie maar ek twyfel of dit meer as 3x was. Gevolg is dat hy bitter klein lyk in die beeld. Ander probleem is die klein sigveld. Die doel is tog om eerder met nagsig te soek vir jakkie wat inkom en nie 'n lig te gebruik daarvoor nie, maar dit is nodeloos want jy kan slegs 'n baie klein veld dek. Hy sal in die meeste gevalle al by die bakkie wees en weer weg, tensy jy hom toevallig raaksien. Om met 'n lig te soek en dan nagsig te gebruik vir skiet is tog kar voor die perde.

Moontlik is die moderne toerusting beter, maar my persoonlike ondervinding was dat ek beter resultate met dimmer en gewone teleskoop behaal het.
Winners never quit - Quitters never win.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Manne ek het die naweek geleentheid gehad om die ou NV scope en nuwe "black light" uit te toets. Moet eerlik wees ek is baie beindruk 'n man kan nou heelwat beter sien met die kontrapsie.  :o Varkie sal omdop as hy dink hy gaan wegkruip op 200m. Die reostaat was maar op 'n skamele 20% sterkte gestel en ek kon gemaklik tot op 200m sien. Saterdag aand was ek so 09:00 in die veld om die mielie lande en het reg deur gejag tot 04:30 Sondag oggend. Soos met jakkalas jag skiet 'n mens nie elke keer 'n mielie bek as jy veld toe gaan nie, maar ek het darrem met 3 geleenthede op die varke afgekom waar hulle in die mielies besig was om te vreet. Die wind was sleg en het bly dwarrel so elke keer het die otte my geruik en hulle self skaars gemaak voor daar op hulle geskiet kon word.

Wat my ook getref het is die feit dat ek die hele nag met net 1 draag bare battery gejag het sonder om uit krag uit te hardloop. Het 'n spaar battery in die bakkie gehad maar dit was glad nie nodig gewees om dit te gebruik nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Nagsig en Laser

Post by JACQUES BOTHA »

mooi man  Freek
Jy sal ons moet lesse gee in bekruip....mieliebek bekruip tegniek...
Jy het n lang jagdag vir jouself gemaak. jy nie daai roep ding probeer nie of wou jy net eers die nagsig uittoets...
"if u cant see it u can't shoot it..." of "as jy dit kan sien kan jy dit skiet"
sterkte en gee maar weer n verslag as jy daai otters omdop..
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Jaques ongelukig was die naweek te kort om nog die roep ding ook te probeer, sy beurt sal later kom. Wou maar net eers die NV uitsorteer en gemaklik raak met die toerusting. Jy weet hulle se 'n naweek is soos 'n vry, nes dit begin lekker raak is dit verby... :'(

Die groot geheim van bosvark bekruip is wind,wind,wind,wind, en nogmaals wind... ;). As die wind reg waai loop jy regop op die ot af en kan jy 'n kruisie op sy g*t trek met 'n stuk bordkruit en weg stap sonder dat hy van jou teenwoordigheid weet. ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Felix
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Felix »

Ek dink ek gaan gou die week die lotto wen sodat ek vir my een van die thermal scopes kan koop.

Lyk of dit noggal n handige apparaat kan wees.

http://www.youtube.com/watch?v=EymHKsaOpRg
Vas!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Christo »

Felix

Gisteraand rondgeval op my stoel om die lig weer op sy plek te kry toe om op 'n jakkie afgery kom. Dit sal 'n plesier wees om met so scope te werk. Lyk my die man skiet met een van die bonzai gewere as ek kyk hoe hy bly kyk deur die scope.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Raven »

Wat dink julle manne van die produk, ek kyk bietjie na opsies om te oorweeg.

http://www.opticsplanet.net/night-owl-night-vision-noigm3x-ic.html

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Post Reply