Sierra GameKing performance

Post Reply
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Sierra GameKing performance

Post by Boesman »

Ek het hierdie koeelmantel herwin uit 'n koedoe. Dit is 'n 7mm 160gr Sierra GameKing SBT. Dit was aangejaag teen 2910fps. Die bok was so 110m weg en die koeel het hom hoog op die blad effe na agter getref, so te se plankdwars. Die bok se rug was ook gebreek. Soos julle kan sien is die resultaat totale jacket en core separation. Die orige stukkie jacket weeg nou 44,1gr. Snaaks genoeg was die vleisskade baie min. Ek het 'n redelike klomp bloedvliese afgesny, maar die onbruikbare vleis was bietjie meer as 'n handvol. Ek gaan beslis nie hierdie aanbeveel vir buffeljag nie.

[img width=560 height=420]http://i1199.photobucket.com/albums/aa4 ... G_1202.jpg[/img]

Van voor

[img width=560 height=420]http://i1199.photobucket.com/albums/aa4 ... G_1203.jpg[/img]

Van die kant

[img width=560 height=420]http://i1199.photobucket.com/albums/aa4 ... G_1204.jpg[/img]

Van agter

[img width=560 height=420]http://i1199.photobucket.com/albums/aa4 ... G_1205.jpg[/img]

Weer van voor
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Boertjie »

Boesam

Is jy seker daar was lood in daardie punt?

Boera
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am

Re: Sierra GameKing performance

Post by atplay »

Sierra Gameking vir die skietbaan en Rhino vir die jagveld ...

My 2c bydrae
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Gerhard Smith »

Boesman
Ja dit het my ook gebeur. Het n takbok reg van voor in die kuiltjie geskiet met .308 165gr punt. Het die kopper jacket in die lewer gekry en die lood core deeltjie wat oor gebly het is reg deur als tot by die bok se kort rib. Het darem gelukkig geen vleis skade gehad nie. Maar daai sierras maak maar droog met n vark jong. Het al baie varke met hulle geskiet en dink die vark is harder want daar kry ek kwaai vleis verlies.
Groete
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Flip Nel »

Ek het 'n paar jaar terug hulle gebruik in my 30-06 180 grain as jy hulle stadig laai en nie been tref nie het hulle mooi gewerk, maar bring die spoed op en hulle ontplof, ek het altyd agter die blad geskiet maar eerder sterker koeels begin gebruik.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Sierra GameKing performance

Post by Stefan764 »

atplay wrote: Sierra Gameking vir die skietbaan en Rhino vir die jagveld ...

My 2c bydrae
APPELS!!  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Sierra GameKing performance

Post by Frederik »

Baie jare terug het ek hulle in my 303 gelaai 150gr en ja na paar varke het ek ook maar gese nee wat en van daar af die hornady interlocks gebruik baie beter.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Julle is al seker teen die tyd keelvol vir my oor die beter koeels ding. Hierdie is geensins raar as dit kom by konfensionele koeels nie. Ek dink net as meer manne bystaan by die afslag van n bok sal ons baie meer daarvan lees. In my ondervinding is dit die norm en nie die uitsondering nie!

Bonded en mono konstuksie koeels is deesdae baie meer bekostigbaar en n mens moet regtig baie "penny wize and pound foolish" wees om dit nie so in te sien nie. Indien jy nou MOET die tipe van koeels skiet bring jou spoed af dat inpaksnelhede nie veel hoer as 2300ft/sek is nie. Die tipe van koeels werk nie te sleg op die snelhede nie maar is selfs hier nie 100% betroubaar nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Frikjordaan »

Wouter.

Die mono metaal koe?lpunte intresseer my, en het mooi gelees wat jy s?.

het al tallose slegte ervarings gehad met Sierra game Kings . Hornady interlock en Speer Grand Slam, probeer dus maar net kopskote maar party keer loop dinge verkeerd. en dan moet mens op die lyf skiet en dus wanneer hierdie punte op breek en lood en "jacket" elkeen eie koers gaan.

Het Rhino punte gebruik en die  werk verseker beter.

Is egter ook "Bargain" koper wat moeilik leer.

My skietgoed word redelik aangejaag, 6 mm, 308 Win, 303 is almal ge- Epps of ge- Ackly so bly naby 2800-3000 ' per sekonde

het nog 'n klomp ou Goodnel Mono metaal punte in 6.5 en .30 wil hulle probeer, (destyds vir Metaal Silhoe?t gebruik) het jy dalk bietjie kennis oor die soort?

het nou hele verskeidenheid punte by Kobus bestel en gaan hulle probeer,

Sal insette om die Goodnel koe?l punte waardeer.
Mooi loop
Frik   
Karasberge Namibi
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Wouter Roets »

Oom Pine

Ware woorde soos altyd! Alles van my 7mm en op word met Barnes geskiet, net die kopskoot gewere sal daar nog lood in gevind word. Ons afgelope trip na Nam waar ons vir die mark skiet het een persoon sy 30-06 ingespan met GS Custom 130gr koeels en ek was verbaas met sy resultate!

Frik

Ek het nog nooit Goodnel koeels self gebruik nie maar was al by met die gebruik daarvan. Kan nie sleg praat van die resultate nie. Daar was wel op n kol kwaliteits probleme en groeperings het gesukkel as gevolg daarvan. Baie soos Rhino se geval maar oor die terminale resultate is daar nie kommer nie. Nou dat ek jou stuk weer deerlees wat se koeels is die Goodnell's waarvan jy praat dat jy hulle gebruik het vir metaal silhoeet? Indien dit n teiken koeel is praat ons nie hier oor dieselfde ding nie.

Frik lees mooi wat Oom Pine hier skryf. Probeer dit en jy sal nie een dag speit wees nie!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Sierra GameKing performance

Post by DWB »

As onervare jagter en nuweling tot die skietwereld is ek bly ek het van die begin af die lig gesien!

Ek het met die Hornady GMX Monometaal begin jag oor dit relatief goedkoop is en was nog nie een dag spyt nie.

Hier lanks my l? 'n GMX wat ek uit 'n wal uit gegrou het, en na hy deer klippe en grond is lyk hy nogsteeds perfek.

Die een wat ek uit die BWB uitgehaal het is 'n pragstukkie!

Probeer die goeies en jy sal nie een dag terugkyk nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4243
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Cobus(Cobb) »

Wouter Roets wrote: Ons afgelope trip na Nam waar ons vir die mark skiet het een persoon sy 30-06 ingespan met GS Custom 130gr koeels en ek was verbaas met sy resultate!

Groetnis
Wout
Wout, vertel bietjie meer....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Sierra GameKing performance

Post by Wouter Roets »

Cobb

Die skade wat aan die skedels aangerig is met die GS Gustom was baie vergelykbaar met my Nosler Balistic Tips 85gr uit my 25-06 Ackley teen 3610ft/sek. Ek het verwag dit sal minder wees. n Mens moet wel die groter kaliber in ag neem maar nog steeds was dit impressive vir n mono. As jy in ag neem dat jy nog steeds volledige penetrasie kry as jy die springbok voor op die neus skiet  teenoor my kombinasie wat nie altyd dit gee nie is dit n baie goeie kombinasie die. Wel net duur vir die tipe werk. Moet se die Oom wat hulle gebruik het skiet wel op baie korter afstande as ons maar ek dink nie dit gaan veel slegter vaar op ons afstande nie.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply