Fishing Ski...

Enige groot of klein visvang storie vanuit die groot blou dam hier.
Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Fishing Ski...

Post by Gerhard »

Ek het baie amper in Dubai vir my n ski (tupperware) gekoop...

Maar toe dit gestop want ek sou my dood sukkel om hom in Luanda in tekry.

Toe ek in Cato Ridge werk moes ek maar droe bek sit en kyk na die manne wat uit gaan agv $$$ wat te skaars was.

Ek het toe ook meeste van my kit verkoop...

Maar toe reeds my besluit gemaak dat sou ek eendag die geleentheid kry gaan ek wel vis jag op die blou dam met die manier...

Die Pinnacle Ski het toe reeds al my aandag getrek...

En nou het die video my weer lus gemaak.

http://m.youtube.com/watch?v=hNKdWqBhm8E

Veselglas is maar mos nie baie sterk nie maar vrek...

Na die video is dit nou net n kwessie van tyd

http://m.youtube.com/watch?v=iHXLr8znvnw

Wie hier op die forum hengel die blou dam met n ski?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Reggie Gerber »

Hi Gerhard

Dis groo sports

My pel het n dubbel ski en as ek y hom kuier in Durs gaan ons altyd uit.

Wat lekker is is dat dit al sy toerusting is so ek hoef nie alles saam te piekel van die binneland af nie.

Ons gaan gewoonlik uit na n wrek toe en vang bietjie live bait en dan so bietjie dieper om te trawl, dropshot en die live bait uitsit.
Ons vang nie altyd iets nie maar as jy n kuta of so hak is dit baie pret

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5026
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Fishing Ski...

Post by Frederik »

Nou moet jy jouself en die ski net in Pemba kry  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Gerhard »

Frederik wrote: Nou moet jy jouself en die ski net in Pemba kry  ;D
Saam met n GO PRO kamera....

Behoort dan lekker te kan vis jag... lol

Ek hou maar duim vas.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Biltong »

Gerhard,

Ek het 'n Stealth ski en het op 'n stadium baie gereeld gevang, hoofsaaklik Natal Noordkus en Moz. Guinjata, Paindane Inhambane, Tofo. Dit was twee jaar laas. Gaan Desember bietjie wildekus toe en die kajak gaan saam.

"n Groot oorweging met die besluit oor watter ski is die "hatch" vir die laai van stokke en toerusting (Fishfinder, gaf , knuppel, aas, visgery, anker, tou, waterbottel en kos, selfoon,etc.) en natuurlik jou vangs. Baie van die plastiek kayakke kan nie werklik die stokke behoorlik stoor nie, en ook nie vis veilig en sekuur laai nie. Onthou die kanse is goed dat jy omval en uitspoel tydens die ingaan of uitkomproses. Alles moet dus veilig en toe wees. Ander is kantrolle vol sand en stokke breek en jy haak jouself met jou hoeke.

Hiers 'n paar fotos wat ek so vinning in die hande kon kry. Sal later dalk nog opsit.

Image

Image

Image

Daars niks soos die adrenalien rush wat jy ervaar op die kayak nie. As daar iets groots met baie tanne aan die hoek is en jy sit hier reg langs hom in die water, dan voel jy lewendig! Of as iets groot en donker soos 'n duikboot onder jou deurbeweeg en verdwyn in die dieptes.  :o

Groete

Wicus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Gerhard »

Awesome fotos.

Die Pinnacle ski het juis n baie groot hatch.

As ek reg onthou sit jy met gemak n 7ft stok in die hatch.

Die game het so baie goed om oor uit te vind.

Ek dink dit moet die ultimate manier van hengel op die blou dam wees...

Sit nog fotos op Wicus!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Biltong »

Gerhard,

Dis definitief die ultimate! Jy kom by plekke en by die vis uit waar mens andersins net met 'n ski-boot sou uitkom (sonder soveel moeiete en koste), maar dan is daar ook die fisiese uitdaging om vir ure aanmekaar op die water te wees en te roei. As die wind en stroom teen jou is dan spook jy nogal om jou posisie te hou en by jou landingsplek uit te kom. Die seesiek is natuurlik steeds 'n faktor wat dit nog moeiliker maak.

Daar is egter niks so bevredigend as om te land op die strand met 'n paar grotes in die hatch nie. Die lekkerste eet is daardie vars vis gebraai oor kole. Dis so jammer party van ons bly net so ver van die see af.  :-\

"n Ander dimensie is die ervaring op die see self soos om naby walvishaaie en walvisse te kom, ook seeskilpaaie en ander dinge soos vlieende visse. Dis opwindend om in die middel van 'n skool bonnies of kawa-kawa te wees wat jag of gejag word. En as daai groot tiger hier om jou draai en jou kayak inspekteer. :o

Bara Lodge & Tofo
[img width=360 height=480]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... C02779.jpg[/img]


[img width=360 height=480]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... C02769.jpg[/img]

Paindane

[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... C00242.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... C00237.jpg[/img]

Mabibi
[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 004049.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 004043.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 004024.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 040042.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... C01590.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... C01525.jpg[/img]
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Gerhard »

Baie nice man...

Dit is n mooi garfish daai.

Ek het hulle baie in Dubai gesien en gespeel mee.

Hulle jaag n kunsaas lekker maar jy sukkel om te konnek met daai lang bek van hom.

Ek dink juis die oefen terwyl jy hengel is n great manier om n paar uur op die see te geniet.

Ding nogal n man se boude klap kwaai as daai tiger of zimbo hier onder jou ski kom draai.

Ek het al gehoor hoe daai kwa kwa's op die oppervlak jag dat dit klink soos n pot water wat kook op die stoof.

Dan gesien hoe marlyn onder Dorries in klim en die Dorries soos sprats uit die water kom soos hulle vlug. Kon daai dag nie my oe glo hoe vinnig dorries kan swem nie.

Daai vlieense visse kan ek my aan verkyk as hulle hier by jou opstyg en meters ver vlieg...

Vars dorrie op die kole kan mens nie maklik klop nie.

Jy is reg dis jammer ons bly so ver weg van die see.

"Matter of time, Mind over matter"
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Biltong »

Gerhard, hierdie praatjies maak my nou opgewonde om weer op die water te kom.

Het jy dalk kennis van kayak visvang by die wildekus, of waar mens kan aanklop vir raad?

Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Fishing Ski...

Post by Gerhard »

Biltong wrote: Gerhard, hierdie praatjies maak my nou opgewonde om weer op die water te kom.

Het jy dalk kennis van kayak visvang by die wildekus, of waar mens kan aanklop vir raad?

Groete
Die beste is om te google vir Fishing Corner...

Daar is nogal baie info daar.

Hou my op hoogte.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply