So vinnige Barnes Wetpack toetsie....

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

So vinnige Barnes Wetpack toetsie....

Post by Lourens »

Middag manne,

Soos Stefaans reeds in sy toetsverslag oor die 300gr Berger Hybrid .338 koeel gese het, het ons vinnig die afgelope Saterdag 'n paar toetsies gedoen....

Ons het die wetpacks aanmekaar geslaan om Stefaans se Berger Hybrids op lang afstand te toets, na afloop van die toets het ek dit goedgedink om sommer met die .300 WSM en die .223 ook 'n paar skote in die wetpacks te skiet. Die .300 WSM was gelaai met 165gr Barnes Tipped TSX koeels teen 'n snelheid van 3116 fps en die .223 was gelaai met 62gr Barnes Tipped TSX koeels teen 'n snelheid van 2960 fps. Die afstand waarop ek die koeels in die wetpacks ingeskiet het was 100m.

Resultate was as volg:

[img width=560 height=417]https://dl.dropbox.com/u/49744679/Barne ... etpack.jpg[/img]

Soos gesien kan word het die 165gr koeels uit die .300 WSM ten volle opgemaak en 100% van hulle gewig behou. Die totale penetrasie van beide die 165 grein koeels was 12 nat telefoonboeke en hulle het beide in 'n reguit lyn gepenetreer sonder om te draai of van rigting te verander.

Die .223 se prentjie het so effens anders gelyk. Die 62gr koeels het beide ten volle opgemaak maar het beide al hul vlerkies verloor en net die skag het gepenetreer. Wat egter vir my uitgestaan het was dat beide die 62gr koeels presies dieselfde penetrasie as die 165gr koeels uit die .300 gelewer het. Die 62gr koeels het ook beide 12 nat telefoonboeke gepenetreer. Penetrasie was ook in 'n reguit lyn sonder om te draai of te tuimel. Ek het so vermoede dat die groote van die koeeltjie en spoed van die koeeltjie in verhouding tot die mate van stewige weerstand veroorsaak het dat die vlerkies afgebreek het. Ek vermoed as die spoed afgebring word met 200-300 fps hulle ook al hul vlerkies behoort te hou. Maar om 'n .223 se spoed af te bring is ook nie noodwendig ideaal as jy beplan om op langer afstande te siet nie. Ek sal gou vanaand die .223 koeeltjies op die skaal gooi om hul persentasie gewigsbehoud te kry en dit ook hier kom plaas.

Dit was egter vir my verstommend om te sien dat beide die 62gr koeel uit die .223 en die 165gr koeel uit die .300 ewe diep gepenetreer het. Hierdie wys net weereens vir my dat monolitiese koeels die klein kalibers se speelveld vergroot en hulle in 'n heel ander klas plaas as waneer hulle gelaai is met konvensionele koeels.

Barnes groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: So vinnige Barnes Wetpack toetsie....

Post by Beretta »

Lourens
Dankie wat was jou spoed en groep met 223 gewees. Stel nogal belang. Soos ek al voorheen gese het ek skiet nie Barnes nie. Maar as dit werk sal ek dit probeer.
Beretta
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: So vinnige Barnes Wetpack toetsie....

Post by Frederik »

Interessant, mooi gedoen hoe ver het die 223 gepentreer voordat die vlerkies afgebreek het?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply