Lading vir .308 met 165gr Barnes TTSX

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Lading vir .308 met 165gr Barnes TTSX

Post by JuanPaul »

Naand manne,

Na al die positiewe goed oor Barnes het ek vandag vir my 'n pakkie Barnes 165gr TTSX koels gekoop maar my boekie wys net 'n lading vir 110gr met S335 wat die kruit is wat ek wil gebruik. My geweer is 'n CZ 550 Lux wat ek wel kan aflei is dat die lading vogens die boekie vir die 110gr TSX baie dieselde lyk as die van gewone koels. As hier iemand is wat met 165gr TTSX en S335 laai sal ek dit waardeer as julle my kan help.

Dankie
Juan
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Lading vir .308 met 165gr Barnes TTSX

Post by JuanPaul »

Hier is 'n foto van die koels en die Somchem boek
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Lading vir .308 met 165gr Barnes TTSX

Post by tripodmvr »

Sien jy kruip hier naby my weg.

Koperkoe?ls is baie langer as normale lood tipes. Ek weet nie of jy die projektiel gestabiliseer gaan kry nie. Ek skiet die 150gr TSX in my 30-06 wat 'n 22 duim loop het en kry genoeg spoed en baie goeie werkverrigting uit hulle. My aanbeveling sal wees dat jy die TTSX omruil vir TSX en dan in 150gr. Vir normale jag afstande is die ho? BC nie werklik nodig nie en die TSX gee blykbaar beter akkuraatheid. Die nuwe Barnes'e kan jy soos gewone loodkoe?ls behandel - hulle gee normale drukke.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Lading vir .308 met 165gr Barnes TTSX

Post by JuanPaul »

Dankie

So as ek jou laaste sin reg lees kan ek hulle dieselde laai as 165gr Nosler Partition bonds 40gr S335,ek het klaar die seel gebreek so ek kan dit nie omruil nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lading vir .308 met 165gr Barnes TTSX

Post by Geno »

Hulle sal stabiliseer. Ek skiet Gen1 Barnes-X 165gr in my CZ550 .308 konstant onder 15mm @100m
Spoed is nie haastig nie (+-2550fps), maar hulle het darm als morsdood geskiet.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply