Knaldempers

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Knaldempers

Post by Frikkiedbr »

Goeie More Manne en dames,

Kan mens 'n Knaldemper op 'n Gamo CFX  sit?
Seker 'n dom vraag.

Ek wil my windbuks silence  maak ( Silence I kill you ..... hehhehe)

En hoeveel sal dit omtrent kos vir die Knaldemper?

Dankie

Mooi dag verder
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Knaldempers

Post by BLOK »

Frik

Ek kan nie dink hoekom jy dit nie kan doen nie. Hoor by James hier op forum hy het n teflon plastiek tipe demper op n .22 van hom wat so te se niks weeg nie en daai geweer is so sag as hy reg langs jou staan en skiet hoor jy hom nie eers nie. Weet nie waar hy hom opgesit het nie maar as ek ooit .22 koop het ek my belowe kry ek ook so een.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Knaldempers

Post by BenG »

Ek wonder of mens die ligte teflon knaldempers op groter kalibers kan gebruik?
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Knaldempers

Post by LUAN »

Ja jy kry silincers spesifiek vir die cfx. Soek so bietjie op die net maar dit kom van oorsee af die beste sal wees om oom Vincent te bel in Randburg hy weet en het alles vir spring windbukse. Onthou daar sal nog geraas wees agv die spring en komponente binne in die geweer maar die geweer is defnitief stiller of dis hoe ek my breeknek ondervind het met a slip on silincer. Oom Vince 011 791 0629, 083 997 7718
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Knaldempers

Post by Frikkiedbr »

Dankie 303 ek sal so maak.

Sien jy hou nie soveel van die gamo nie.
Daai gamo van my het ook seker al so 1000 pellets al deur en ek het nie moeilikheid nie.
Ek stem met die in sit van die pellets is dit maar 'n gesukkel maar mens word gewoont aan dit :o)

Dankie vir die hulp van almal af.

Groete
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Knaldempers

Post by bex »

Ek het ondervind met veer aangedrewe windbukse dat n knaldemper die klank vorentoe, in die rigting van die teiken, stiller maak maar nie vir die skut nie . Die skut is naby aan die aksie en die knaldemper doen niks om daardie klank stiller te kry nie.

Ek sal ook se die beste persoon om te kontak vir so iets Vincent, sy kennis en pryse klop jy nie sommer. Ek weet net hy het n spier in sy arm seergemaak en was n bietjie buite aksie vir n ruk.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Knaldempers

Post by LUAN »

Ja van wat ek die silincer op het besef ek nou eers hoe hard die papier klap van die pellet. Eers was die skoot en impak slag amper een klank maar met die silincer is dit nou duidelik verskil.
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Knaldempers

Post by Langeraat »

Ek weet hierdie draad is al effens oud en koud maar ek is op soek na 'n knaldemper vir my Hatsan BT65 SB PCP. Weet iemand dalk waar ek een kan kry of iemand wat vervaardig teen 'n prys wat darem nie 'n ou se oe te veel sal laat traan nie. Dankie.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Knaldempers

Post by Langeraat »

Dankie Piet. Waar het jy gekoop en wat was die skade min of meer?
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Knaldempers

Post by Langeraat »

Dankie Piet ek sal navraag by MZE doen.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Knaldempers

Post by Langeraat »

Interessante ontwerp met die haar rollers. Sal moet sorg dat die vrou dit nie sien nie anders word hy straks "ge-raid" vir spares. :laugh:

Dankie vir die moeite met die fotos Piet.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Knaldempers

Post by LUAN »

Bel vir Kevin in fourways 0766031841 hy kan baie doen met sy hande
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Knaldempers

Post by mariusr »

Langeraat wrote:Interessante ontwerp met die haar rollers. Sal moet sorg dat die vrou dit nie sien nie anders word hy straks "ge-raid" vir spares. :laugh:

Dankie vir die moeite met die fotos Piet.
Glo nie jou vrou sal daai rollers gebruik nie dis die ouma tipe! :o ??? ++>:
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Knaldempers

Post by Langeraat »

Bel vir Kevin in fourways...
Dankie .303 ek sal hom ook probeer.
Glo nie jou vrou sal daai rollers gebruik nie dis die ouma tipe! :o ??? ++>:
Jislaaik Marius ek is eintlik 'n leek as dit kom by haar rollers maar lyk my jy het darem al bietjie ervaring. :): ++>: ++>:
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
Post Reply