Hierdie is ?n toets en opinies deur my persoonlike ondervindinge en moet ook so gesien word.
Ek het ook ?n ?noise dB tester? gekoop maar sukkel om konstant lesings te kry. Selfs sonder die KD?s op kry ek meer kere geen lesings as wanneer ek lesings kry. Ek werk nog aan ?n plan om hom te laat werk en dit lyk vir my hy is te stadig om die kort knal van ?n geweer behoorlik waar te neem. Iets soos 'n omgekeerde megafoon beul???
Die link is na tabel met al my data, hy wou nie vanaf MSword oorlaai na die "post blok" nie.
https://dl.dropbox.com/u/60613964/kd%20tabel.xlsx
Hier is saamgestelde foto's van die verskillende KD's se recoil,elke foto het 5 frames in. Die video's van die skote is te groot vir aflaai na photobucket lyk dit my, as iemand weet hoe om hulle kleiner te maak laai ek hulle ook. So 3-5 sekonde clips. Sorry vir die Loins top
Geweer sonder KD op
[img width=560 height=373]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... ecoil1.jpg[/img]
THOR KD
[img width=560 height=373]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... 1346350301[/img]
Terminator KD
[img width=560 height=373]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... ecoil1.jpg[/img]
Silent Hunting KD
[img width=560 height=373]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... ecoil1.jpg[/img]
Wat sal ek koop? Moeilike een die. Drie van my gewere het Terminators op en ek kom al 'n rukkie aan met hulle, so ja...... , maar ek moet met eerlikheid s? dat die Silent H KD's vir hulle self 'n plekkie in die mark gaan losskrop. Die korter totale lengte, gewig en balans sit vas in my kop.
Ek hoop dat die inligting vir iemand kan help om 'n KD te koop, maar die besluit is net joune alleen.
Ten slotte. Vir jou ore en almal om jou se ore - sit 'n KD op, dit is die regte ding om te doen.
Bylaag.
Hier is die Foto van die KD's wat getoets is.
[img width=389 height=480]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... oc/KDs.jpg[/img]
En hier is my kontrepsie waarmee ek die recoil probeer bepaal het. Dit is 'n ou druktoetser waarmee ons die drukke van pere gemeet het, hy werk in ponde. Ek het die geweer op die skietraam gesit en net my hand om die kolf gesit en so ver moontlik elke skoot dieselfde probeer aftrek. Hy het 'n merker wat bly op die pond druk waar die geweer gestop het. Die ponde recoil is dalk nie die werklike recoil druk nie maar dit gee darem goeie vergelyking.
[img width=560 height=174]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... setup1.jpg[/img]
