Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post Reply
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post by Machann »

Hi manne.

Ons gaan skiet gereeld paar kleie saam met n paar manne. Nou die baan is nie moeilik nie maar gewoonlik kon ek darem 22/25 en meer geskiet het met die club se geweer. Ek het toe so jaar gelede my O/U trap gun op een van classic arms se veiling op getel. Sy is nog rerig mooi en almal se dit is rerig n bargain wat ek vir haar ebtaal het.

Ek en die geweer het twee keer al gaan klei probeer skiet maar 14/25 en 16/25 was goor. Ek het toe gister bietjie gaan papier skiet met die geweer. Deur die geweer net op te bring en te skiet bly ek omtrent 100-150mm hoog op 15m en as ek mooi kyk, kyk na die loop van bo af en maak die twee balletjies nie n 8 nie maar sit hulle n entjie uit mekaar uit. Is daar dalk iemand wat kan help om die geweer te fit of dalk raad het.

Dankie 
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post by tripodmvr »

Klink asof die kolf te kort is vir jou of die kolf is te hoog sodat jou ken te hoog daarop is. Kyk na die vorige haelgeweer waarmee jy goed gevaar het en meet sy kolf se mates. Vergelyk dit dan met die nuwe een s'n.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post by VdWalt »

Ek sien die manne lees maar help nie ....  :angel: mik net bietjie laer.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post by blaser »

jy kry n verstelbare pad wat jy agter op sit nou kan jy op af lings regs stel
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post by Frikkie Coetzee »

Machann

Watter dissipline het jy 22/25 geskiet?

'n Trap geweer is gebou om hoog te skiet want jy skiet trap met hom. Die kleiduif is besig om te klim as jy hom skiet. Die geweer is dus besig om te doen waarvoor hy ontwerp is.

Praat met iemand soos Beiers ( op die forum) van Graaff Reinet. Hy kan dalk die kolf vir jou verander om dit geskik te maak vir ander dissiplines, maar ek sal dit nie aanraai tensy jy net dit gaan skiet.

Ek aanvaar die kolf kan nie stel nie? So n stelbare wangstuk kan ook gedoen word.

Frikkie
Cradock
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post by Francois Briedenhann »

Ek het dalk raad.....

1.Trek jou loop vas in n bankskroef.

2.Vat n "cutting torch" maak lekker warm.

3.Neem dan 4pond hammer en PIETS hom!!!!!

4.Skiet so nou en dan n skoot om te kyk waar hy dan skiet.

5.Hoop jy kom reg met die prob.

6.Groete FB

Hahaha
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hoe gemaak met my haelgeweer, skiet hoog

Post by Marc »

Francois Briedenhann wrote: Ek het dalk raad.....

1.Trek jou loop vas in n bankskroef.

2.Vat n "cutting torch" maak lekker warm.

3.Neem dan 4pond hammer en PIETS hom!!!!!

4.Skiet so nou en dan n skoot om te kyk waar hy dan skiet.

5.Hoop jy kom reg met die prob.

6.Groete FB

Hahaha
H.K.G.K  :o :o :o :o :o :o :o
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply