Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

Ek sal vir Francois vra om dit reg te stel.  Die blad is gedeeltelik klaar maar daar moet nog illustrasies bykom.

HeinM,
Ek wag nog vir sinvolle antwoord van jou. Sien #17 en #18 hierbo.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Hein M. »

Gerard wrote: Ek sal vir Francois vra om dit reg te stel.  Die blad is gedeeltelik klaar maar daar moet nog illustrasies bykom.

HeinM,
Ek wag nog vir sinvolle antwoord van jou. Sien #17 en #18 hierbo.
Skerp Gertjie :D

Nee, ek sou meen dat die benaming vir die voorste deel van die koeel liewer NEUSBOOG moet wees, aangesien die benaming PUNT kontroversieel is.  Verskoon die spelling...

8)

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Cobus(Cobb) »

Gerard.

My link maak ook in 'n error oop, soos Geno s'n...

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

HeinM,
Nee, ek sou meen dat die benaming vir die voorste deel van die koeel liewer NEUSBOOG moet wees, aangesien die benaming PUNT kontroversieel is.
Die punt is die voorste deel van die neusboog.  Al hierdie koeels het 'n neusboog maar, die eerste het plastiekpunte, die tweede het loodpunte en die ander het holpunte.

Image
Image
Image

Image

Dit is dus maklik om te onderskei tussen 'n loodkoeel (wat geheel van lood gemaak is) of 'n loodpunt koeel soos bo.
Last edited by Gerard on Fri Sep 30, 2011 6:09 pm, edited 1 time in total.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by VdWalt »

Die punt deel van die koeel kan ek verstaan maar die stert sukkel ek mee.
Soos ek verstaan is "boat tail" die vorm wat die basis beskryf.  So jy skiet plat basis
of boot stert basis koeels. 

Anders sou dit mos nou plat stert koeels moes wees?  ;D
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Piet Pille »

Baie dankie Ludwig! Veral daai deel met "receiver bridge", "receiver ring" en "breech" het my deurmekaar gehad. So die "aksie (action)" is die versamelnaam vir die hele samestelling (m.a.w. tipe slot (bolt) en receiver kombinasie?) ? Wat is die afrikaans vir "receiver" en "breech"?
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Cobus(Cobb) »

.....aaaa, nou begin die post iewers heen gaan, PieterVoster, dankie vir die hupstoot.

Nou wag ek vir 'n loop crossection en al die beskrywings vir die binnekant.....

Dis nou hoe 'n post moet werk.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

Cobb, is dit waarvoor jy gevra het?

Image

Image

A = Bore Diameter
B = Groove Diameter
Last edited by Gerard on Tue Jul 31, 2012 3:40 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Cobus(Cobb) »

Gerard !!!, my ou maat, nou laaik ek dit sommer baie ;D ;D ;D, Dis wat ek van 'n Forum verwag...deel van kennis van die wat dit het, en opbou van kennis vir die wat dit benodig.

Ek wil graag maar weet oor Freebore, en Lead, en hom se effekte.

Dan, 'n gevuurde dop, voor jy die aksie oopmaak, behoort presies dieselfde vorm te h? as a,b en c...is ek reg?

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

Cobb,
Die interessante ding van die eerste diagram is dat al die dimensies groter is aan die linkerkant as aan die regterkant, as alles reg is.  Ek dink ek kan die kamers wat paralelle freebore het op een hand tel en daar is honderde.

Op die A,B en C vraag : So na as wat saakmaak, ja.  Die dop sal 'n klein bietjie inkrimp na die skoot omdat veilige drukvlakke die dop elasties laat vervorm.  Wanneer die dop plasties vervorm is die druk te hoog of die dop is te hard of te sag en dan sit dit vas in die kamer.

Ludwig,
Ek het die meeste CIP spesifikasies.  Laat weet as jy iets nodig het.
Last edited by Gerard on Fri Aug 10, 2012 2:11 pm, edited 1 time in total.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Beyers »

Gerard krap ek op die regte plek - SAAMI
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

CIP is meer volledig.  Stuur vir my epos dan stuur ek die CIP wat ek het.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Wouter Roets »

Hallo mede forumgebruikers

Vir baie van julle wat hierdie koeel/punt saga gevolg het vra ek omverskoning want dit is verwyder, al vyf bladsye daarvan! Hierdie is ook wel die tweede keer dat ons genoodsaak is om dit te doen agv persone wat hande uitruk in die verband.

Hierdie topic is begin met die doel dat ons op hierdie forum kan leer wat is die regte terme in hierdie herlaai passie wat so baie van ons deel onder mekaar. Ons is ook dan bevoorreg om mentors te he wat ons lyding kan gee. Ons van die forum se kant af voel ook dat die regte terme belangrik is onder mekaar en die gebruik daarvan lei dat dit wel ook so op die langduur onder die bree publiek sal posvat en die algemeen aanvaarde terme raak. Dit is ook nie die doel van hierdie forum om enigsins n persoon te kruisig in die verband nie maar ons vra tog dat ons dit so ver moontlik wel sal probeer gebruik om verwarring uit te skakel.

Hiermee sien ons dan ook die debat in die verband as afgehandel op die draad en enige leesstukke wat nie daaraan gehore gee nie sal verwyder word.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by James Wilson »

Gepraat van terme, gebruik alle vervaardigers van koeels dieslfde afkortings/terme? Ek bestel soms koeels vir ander manne oor die net. Dan werk jy soms sonder n image, dan laat ek my ly deur die afkortings.  So het ek al hollow points jagkoeels gekry,dan sien dit is niks anders as match koeels nie. Ek sien ook die vervaardigers gebruik kodes op die pakkie koeels, is dit miskien die holy grail om koeels te bestel sonder om die pakkie in jou hand te he? Ek het gedink daar is n eenvormige formaat vir die termes by koeel benaming.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

James,
Die Amerikaners en Europe?rs kan nie ooreenkom watter afkortings om te gebruik nie en daar is dus oorvleuling van terme.  Eksterne ballistiese programme soos Ballistic Explorer het 'n biblioteek van koe?ls met illustrasies en vervaardiger partnommers en is van groot hulp met die presiese identifisering van koe?ls.

http://www.dexadine.com/bexmain.html
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by James Wilson »

Te oulik, baie dankie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

Ek loop hierdie plasing raak op 'n ander forum:

"Maak net seker van jou overall length MA dat jy nie die punt vorseer in die "lands" in nie. AS jy die koeel uit die kamer trek sal daar krap merke op die punt se ogive wees en jy sal moet dieper "seat""

Dit is presies wat ek bedoel met die gesanik om die regte terme te gebruik.

Hierdie man is onder die indruk dat 'n koe?l die 'punt' is en dat die patroon 'n 'koe?l' is.

Daardie forum het nie 'n pm fasilitiet nie, so wat nou gedoen?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Cobus(Cobb) »

Gerard, jy is reg...dit klink sleg en is wel verkeerd..... :angel:

Maar almal wat dit lees , weet wat die ou bedoel....en ek glo dat tot die dag wat jy mekaar kan verstaan,ten spyte van die verkeerde terme,  dit so ge-besig sal word....dit sal jou en baie ander, baie frustreer.
Dit is maar soos om van "tappets" in 'n engine te praat...niemand praat van "lifters"....maar almal verstaan mekaar.
Moenie PM nie, stuur maar die korrekte terme vir hom in oop forum formaat...

Cheers 
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Monrique (SJ) »

Cobb

Hierdie dinge is al baie bespreek en gaan sekerlik nog baie bespreek word.  Ek sien dit so en dit is net my opinie. 

Indien n man in iets belangstel soos wapens, en ek glo almal op Jaracal doen, sal n mens mos seker probeer om jouself te verwittig, en meer te wil leer, met die regte terme en veral wanneer jy herlaai. Dit is dalk nie nodig vir die Afrikaanse woord indien jy meeste van die tyd so praat en nie die engelse benaming kan vertaal of die Afrikaanse woord kry nie. Glo ook dat dit baie probleme kan uitskakel.

Die ander ding is hoe ek daarna kyk is dat ons die jongmense en nuwe herlaaiers probeer van die begin af reg praat en leer, hulle is egter die mense wat weer die volgende generasie moet leer en as dit so aangaan deur halstarrig en dwars te wil wees gaan dit later in n groot probleem uitloop.

Net so terloops:  Anderdag staan ek in n handelaar se winkel en hoor n man koop 2xpakkies .38Spec koeels en die verkoops persoon se dat hy gelukkig is want dit is die laaste 2xpakkies. Ek sien dat dit gelaaide ammo is en besluit gou om n toetsie te doen, toevallig is ek ook opsoek na koeels in dieselfde kaliber, om te herlaai, en vra n ander verkoops persoon dat ek opsoek is na koeels en watter make hulle het in .38Spec. So gaan kyk die persoon en kom terug en se dat hulle nie meer het nie, ek se toe dat ek dit wil gebruik om te herlaai en word geantwoord, "so jy is opsoek na punte", ek se nee ek is opsoek na koeels en dat punte die voorste gedeelte van die koeel is en patrone klaar gelaai kom.  Word ek sleg uitgekyk. Ek weet vir n feit dat almal daar in daardie winkel van punte praat en mense word van die begin af verkeerd geleer deur baie mense wat eintlik die kliente moet reg help en leer. Dieselfde man vra n bietjie uit oor herlaai en toerusing, nou ek weet nie baie daarvan, maar die man is so baie vertel oor wat om te koop en te doen en dat dit nie die moeite en geld werd is indien hy nie minsten 800 + skote in n jaar skiet nie, dat ek hom jammer gekry het, het toe ook n woord ingekry en die man so bietjie verduidelik ens. Kon sien hy begin toe weer belangstelling toon.

Dit kan dalk verwarring skep as jy dalk vir iemand se jy wil vir jou n nuwe scope koop en die persoon dink dis dalk n tydskrif waarin jy belangstel........

Ekself het gepraat van punte, maar probeer die regte woorde gebruik sover ek kan hetsy dit in Afr. of Engels is.


Groetnis
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Cobus(Cobb) »

SJ

Ek, jy, Gerard en baie ander herlaaiers, en geweer liefhebbers, sing uit die selfde gesange boek en gebruik net die regte terme en leer die regte terme wat ons kortkom.....

My punt is, help 'n man eenkeer reg, as hy inval, soos ek en ander op die forum gedoen het, well done...as hy nie...moenie jou siel daaroor versondig nie.
Die onderwerp raak bietjie lank in die tand nou, maar soos jy self weet, sal dit nog lank aanhou.

Cheers my maat.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Louis102 »

Gerard wrote: ... gesanik ...
Dit is nou in my boek, presies die korrekte term!  Pragtige gebruik van die taal en ondubbelsinnig, verstaanbaar vir almal!  ;D ;D

Mooiloop!
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Monrique (SJ) »

Cobus

Dis is dalk so, maar dan moet die manne wat so teen die regte gebruik is ook nie verward staan as iemand vra maar wat is dit???? Leer die persoon daar dan die regte bewoording en verduidelik in n mooi manier hoekom dit wat gebruik is om n ding te besrkyf nie reg is en dat dit kan verwarring skap by oningeligtes en nuwelinge. Indien hy/sy nie "weet", dit is nou die kundige, wat bedoel word nie, dalk dan sal daar n poging aangewend word om reg te praat.

Groetnis
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Boertjie »

SJ

Die hele punt is......Leer is die wapen winkel se eienaar, dan die verkoopsman en dan sal als mos in plek begin val.
Of kan julle dit nie so insien nie?

Boertjie
Last edited by Boertjie on Sun Sep 16, 2012 10:52 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Monrique (SJ) »

Boere

Wie se plig is dit om die mense te leer??  Volgens my, die man wat van beter weet!


Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Mon Sep 17, 2012 7:54 am, edited 1 time in total.
Gerard

Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers

Post by Gerard »

Louis,
Ek hoor wat jy s? en dit is jammer dat dit in 'n gesanik moes verval - dat logika nie die botoon gevoer het nie.

Boertjie,
Wanneer jy 'n uitgebriede taak het om te verrig, gebeur dit vinniger as meer mense daaraan werk of stadiger?  Maar ek stem saam met jou, die wapenwinkel eienaars en personeel is die grootste sondebokke met terme.  Het jy al vir Andre by Maca gevra of hy al vertel is oor punt en koe?l en hoe lank ek dit al doen?  Is dit nie eienaardig dat dieselfde mense in Engels praat van bullet en cartridge en daar die woorde reg gebruik nie?  Jy weet mos nou van beter en, so nou en dan moet mens nuwe spore trap om 'n kortpad te maak in plaas van die uitgetrapte lang voetpad te loop wat die onkundige geskep het.

Nog 'n voorbeeld van die naweek:

Ek het 'n koe?l verbeter deur die BC op te stoot en die gashantering te verbeter.  Die nuwe punt is presies dieselfde lengte as die ou punt en die gewig is onveranderd.  Die skag en bootstert is effens aangepas en die nuwe koe?l is sowat twee tiendes van 'n millimeter langer. Met proewe het ek en twee ander vasgestel dat die nuwe koe?l slegs 'n effens platter trajek skiet en dat spoed verbeter het met slegs plus minus 30 vps.

'n Gebruiker skryf en s? dat die nuwe punt langer is as die ou punt en dat die BC sowat 30% swakker is.  Die verduideliking wat ek moet teruggee sluit nou nie net die ontwerpmeganika in nie, ek moet begin deur die terme te verduidelik.
Post Reply