Lyttelton RSA aksie
-
JWO
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Ek het 'n vraag wat bietjie afwyk van die onderwerp. Ek gebruik amper nooit die veiligheidsknip op my RSA nie. Ek laai maar net voor ek moet skiet. Ek het egter 'n tyd gelede in die veld tydens 'n Eland jag 'n nare onderving gehad. Ek was naby die elande en wou die geweer laai en op veilig sit. Die "flag" wou nie afdruk nie. Ek wonder toe of ek hom nie moet opdruk nie en met die probeerslag, gaan die skoot af. Gelukkig was die loop in 'n veilige rigting en die elande het ook gesorg dat hulle sover moontlik van die roekelose jagter af kom. Ek het groot geskrik en die proses weer herhaal op 'n le? kamer. Dit gebeur elke keer sodra ek die flag net effe oplig. My ander RSA aksie se slot werk perfek, self as ek hom in my aksie sit wat die probleem gee. Dit kan dus nie die sneller se verstelling wees wat dit veroorsaak nie. Kan ek die slot self oopmaak om die probleem reg te maak? Ek luister graag na julle raad.
Groete
Jacques
Groete
Jacques
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
JWO
ek het mos die vrystaat.
ek gebruik glad nie my 'safty' nie. hy is dood eenvoudig te stram.
ek het mos die vrystaat.
ek gebruik glad nie my 'safty' nie. hy is dood eenvoudig te stram.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Jaques, wat hier gebeur is dat die sneller uiters fyn bestel is. Indien die safety geaktiveer is en jy trek die sneller, Dan kom die sneller nie terug tot onderdie glipnok of sear nie. Sodra jy nou aan die safety raak, loop die skoot. Ek is uiters dankbaar dat jy goeie jag dissiplines toegepas het, hoeveel manne het al geval van so n skoot.
Dit lyk my ek moet maar n Klein werkswinkel hier inrig en die dinge help uitsort?
n Veiligheidsknip is maar n nonsens besigheid en ek gebruik hom op my pistool, maar dis al!
Groete
Daan
Dit lyk my ek moet maar n Klein werkswinkel hier inrig en die dinge help uitsort?
n Veiligheidsknip is maar n nonsens besigheid en ek gebruik hom op my pistool, maar dis al!
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Daan,soos ek dit verstaan gaan die skoot af as JWO die vlag "optel" maw as hy die geweer op veilig wil sit,nie as hy dit van veilig wil afhaaf nie.
Ek glo jy is korrek ontrend die sneller,te fyn gestel of gepoleer.
Ek glo jy is korrek ontrend die sneller,te fyn gestel of gepoleer.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Lyttelton RSA aksie
Middag manne, baie interesante onderwerp ek het ook 'n 30-06 met Lyttelton RSA aksie gekoop, my tweede 30-06.
Die een met die magasyn,klink my na die vrystaat model, ek sal graag meer van hom wil weet.
Ek wil graag weet wat is die beste mounts om op hom te gebruik, tans het hy alimunium blokkies op.
Die weaver tipe ringe pas dan op hulle, die probleem is egter dat ek die scope baie moet afstel om op die teiken te kom.
Dit voel ook vir my of die scope nie 100% in die middel van die geweer sit nie.
Hoor graag na julle raad.

Last edited by Guest on Mon Sep 17, 2012 6:08 pm, edited 1 time in total.
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Hi 30-06,
Jou geweer is n Vrystaat indien hy n magasyn het. Die twist op Musgrave 30-06 & 300's is 1:10 twist. Jou geweer is moontlik laat 1960,s of vroeg tot mid 70's.
Die gaatjies vir die teleskoop behoort baie akkuraat te wees en ek persoonlik hou nie van die Williams allu blokkies nie. Probeer Lynx of so iets kry, baie beter.
Jou geweer het ook n Lyttelton hammerloop en skiet op n tiekie.
Jy besit beslis een van Suid Afrika se eerste tuisgemaakte jaggewere! Pas hom asb op vir ons nageslag!
Hierdie boodskap sommer aan almal wat n Vrystaat, RSA, MOD80-93 besit!
Mooi loop,
Daan
Jou geweer is n Vrystaat indien hy n magasyn het. Die twist op Musgrave 30-06 & 300's is 1:10 twist. Jou geweer is moontlik laat 1960,s of vroeg tot mid 70's.
Die gaatjies vir die teleskoop behoort baie akkuraat te wees en ek persoonlik hou nie van die Williams allu blokkies nie. Probeer Lynx of so iets kry, baie beter.
Jou geweer het ook n Lyttelton hammerloop en skiet op n tiekie.
Jy besit beslis een van Suid Afrika se eerste tuisgemaakte jaggewere! Pas hom asb op vir ons nageslag!
Hierdie boodskap sommer aan almal wat n Vrystaat, RSA, MOD80-93 besit!
Mooi loop,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Lyttelton RSA aksie
Baie dankie vir die inligting.
Ek waardeer.
Ek waardeer.
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Jy's Welkom pel!
Daan
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
JWO
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Ja Johan jy is reg. Ek kry dit glad nie reg om dit op veilig te sit nie. Die flag wil glad nie afdruk nie. Sodra ek hom opdruk, gaan die skoot af. Dit pla my nie te veel nie, want ek het nog nooit die safty gebruik nie. Ek sal egter graag wil weet wat die fout is.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
JWO, die vlag kan nie afwaards gaan alvorens jy dit nie eers opgetel het nie.
As jy die vlag optel(om die geweer op veilig te sit) druk dit die cocking piece&slagpen nog n klein ent na agter en weg van die sear af,maw die sear&sneller is heeltemal ontspanne.
Haal die geweer oor en roer die cocking piece of slot se gatkant met jou hand,kyk of dit afgaan.
As jy die vlag optel(om die geweer op veilig te sit) druk dit die cocking piece&slagpen nog n klein ent na agter en weg van die sear af,maw die sear&sneller is heeltemal ontspanne.
Haal die geweer oor en roer die cocking piece of slot se gatkant met jou hand,kyk of dit afgaan.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Johan is reg, jy moet die knip optel om te aktiveer. Dit klink of die sneller dalk iewers haak?
Wees maar versigtig asb.
Groete
Daan
Wees maar versigtig asb.
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
JWO
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Julle is heeltemal reg. Ek kan nou sien ek gebruik hom nooit. Die een wat werk, kan oplig. Die een waarmee ek die probleem ondervind, wil glad nie oplig nie en sodra ek hom effe roer of liggies afdruk, gaan die skoot af.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Lyttelton RSA aksie
JWO
Hoe lig is daai sneller van jou gestel? Indien dit baie lig is kan dit moontlik veroorsaak word dat wanneer jy die veiligheids knip oplig, dit van die sear afglip en die slagpen ontspan word wat die skoot sal laat afgaan.
Hoor graag van jou.
Groetnis
Hoe lig is daai sneller van jou gestel? Indien dit baie lig is kan dit moontlik veroorsaak word dat wanneer jy die veiligheids knip oplig, dit van die sear afglip en die slagpen ontspan word wat die skoot sal laat afgaan.
Hoor graag van jou.
Groetnis
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Sou nie verder daai geweer gebruik voor die kwaal nie genees is nie........
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Lyttelton RSA aksie
Indien ek reg onthou wat hier al n bespreking lank terug gewees van n sekere fabrikaat wapens wat n probleem gehad het met die veiligheids knippe, indien dit aktiveer sou word en dan afgehaal word loop die skoot. Die fabrikaat het my ontgaan en ook so die oplossing, sal graag die onderwerp wil in die hande kry.
Groetnis
Groetnis
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Die probleem klink ingewikkeld maar dit is nie! Ongelukkig moet n ou so bietjie agtergrond op die interaksie v die onderskeie onderdele. As hy nie wil optel, Dan moet die skuinsvlakkie baie versigtig vergroot word. Vat eerder na wapensmid of n pel wat ken! Ek twyfel nie dat daar manne is wat die saak toe oe sal oplos nie.
Weereens, veiligheidsknippe het al baie poefies veroorsaak.
Hoop jy kom reg
Daan
Weereens, veiligheidsknippe het al baie poefies veroorsaak.
Hoop jy kom reg
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
JWO
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
SJ
Ek het een van die Davies snellers op hierdie aksie en hy is baie lig gestel. My probleem is dat die safty glad nie oplig nie. As ek my ander aksie se slot gebruik in hierdie een werk die safty perfek. As ek hom weer van safty afhaal, kan ek maar stamp aan die geweer en vroetel aan die safty sonder dat die skoot afgaan. Ek sal maar Daan se raad volg en die geweer na 'n wapensmid toe neem. Of nooit weer die safty gebruik nie!!!!
Ek het een van die Davies snellers op hierdie aksie en hy is baie lig gestel. My probleem is dat die safty glad nie oplig nie. As ek my ander aksie se slot gebruik in hierdie een werk die safty perfek. As ek hom weer van safty afhaal, kan ek maar stamp aan die geweer en vroetel aan die safty sonder dat die skoot afgaan. Ek sal maar Daan se raad volg en die geweer na 'n wapensmid toe neem. Of nooit weer die safty gebruik nie!!!!
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Ok, moet asb nie grendels ruil nie! Elke grendel / loop is ge-headspace en kannie op ander aksie werk nie.
Die "oplig" safety het n skuins vlak wat bepaal hoe die safety geaktiveer word. Die Vlak moet verander word sodat jy die safety kan gebruik. Op die aksies is dit nogal krities dat jy nie aan die sneller stel sonder om ook die safety te verstel nie.
Sterkte
Daan
Die "oplig" safety het n skuins vlak wat bepaal hoe die safety geaktiveer word. Die Vlak moet verander word sodat jy die safety kan gebruik. Op die aksies is dit nogal krities dat jy nie aan die sneller stel sonder om ook die safety te verstel nie.
Sterkte
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
JWO
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Dankie Daan. Ek kan gelukkig nie slotte ruil nie. Die "locking luggs" van die een is bre?r as die ander. Die bre?r slot pas dus glad nie op die ander aksie nie. Ek het maar net die smal een gebruik om te toets of dit 'n sneller probleem is.
Dankie vir al die raad.
Groete
Jacques
Dankie vir al die raad.
Groete
Jacques
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Hi Jaques,
As jy sukkel, asb, as ek nie weet, kry ek hulp!
Daar is kundige manne op forum, en onthou, advies is gratis!
Mooi loop,
Daan
As jy sukkel, asb, as ek nie weet, kry ek hulp!
Daar is kundige manne op forum, en onthou, advies is gratis!
Mooi loop,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- stephensonsknives
- Sr. Member

- Posts: 305
- Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
naand Daan ofmoet ek se oom Daan
EERSTE waar bly oom
TWEEDE ek versamel enige iets van musgrave van gewere tot n stukkie papier
Ek besit die volgende musgraves wat in n prag toestand is.
7x57 mauser musgrave
7x64 brenneke musgrave
30-06 spr musgrave
6 mm musgrave
243 win musgrave & sons mod 80
308 win lyttleton rsa ferlach s/s loop [1/3 moa konstant]
300 win mag lytleton rsa ferlach s/s loop [1/2 moa konstant]
Die boonste 2 gewere was om JOCK TALJAARD SE GEWERE en hy was n wereld kampioen.
groete
EK weet baie jagters dink nie veel van musgrave nie ,maar vir my is dit deel van ons wapen geskiedenis

Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
www.stephensonsknives.com
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Ag Daan is ok! Ek is nog jonk genoeg om Meyer uit te help op stut! Jy is ongelukkig reg. Musgrave is hier in SA nie gereken as n top produk nie. Ek, jy en baie ander is skuldig dat ingevoer beter is. Die oorsese jagters, Duitsland, Frankryk, Italie, Spanje en Argintinia, het anders gevoel! Ons het baie Musgraves uitgevoer.
Hoe dit ook al sy, ons het uiters akkurate Snipers en Silhouette gewere vervaardig! Ek ontken nie dat daar baie goeie mededingers was soos, Sako, Brno, Winchester, Remington, Ruger, Sauer, Mannlicher....ag, sommer baie ander!
Ek is trots op wat Musgrave vervaardig het. Ons het baie buitelandse bestellings ontvang en meer so op Pasmaak gewere!
Ek sou graag in meer detail aan almal wou beskryf hoe n Musgrave ontwerp vervaardig en getoets is.
Ek gaan tyd maak om Musgrave se gehalte te verduidelik.
Dankie vir jou positiewe bydrae.
Daan Els
Hoe dit ook al sy, ons het uiters akkurate Snipers en Silhouette gewere vervaardig! Ek ontken nie dat daar baie goeie mededingers was soos, Sako, Brno, Winchester, Remington, Ruger, Sauer, Mannlicher....ag, sommer baie ander!
Ek is trots op wat Musgrave vervaardig het. Ons het baie buitelandse bestellings ontvang en meer so op Pasmaak gewere!
Ek sou graag in meer detail aan almal wou beskryf hoe n Musgrave ontwerp vervaardig en getoets is.
Ek gaan tyd maak om Musgrave se gehalte te verduidelik.
Dankie vir jou positiewe bydrae.
Daan Els
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- ghoon
- Jr. Member

- Posts: 72
- Joined: Fri May 20, 2011 10:09 am
Re: Lyttelton RSA aksie
Daan ,ek het 3006 musgrave lyttl 4jaar terug op veiling van classic arms vir r5500 +komm gekoop nie geweet
Hoe geweer lyk nie online gebie.
Maandag het ek hom gaan haal,loop goed,slotaksie lyk of dit amper nie gebruik is nie,
Houtwerk baie mooi.
Serial no.0845
Kan jy dalk meer vertel as moontlik
Dankie by voorbaat
Gerrit

passion for muzzleloaders:electra,accura,pedersoli single and double
bowhunting:hoyt turbohawk
GERRIT LESSING
bowhunting:hoyt turbohawk
GERRIT LESSING
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Lyttelton RSA aksie
Gerrit, die Musgrave / Lyttelton reeks is beter bekend as die Vrystaat model en is van die eerste gewere wat Musgrave as n fabriek vervaardig het. Lyttelton het in daardie jare die slotaksies vervaardig omdat Musgrave nog nie gerat was vir die tipe werk nie.
Geniet hom,
Daan
Geniet hom,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
andreas/30-06
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Sun Apr 19, 2015 6:53 am
Re: Lyttelton RSA aksie
Goei naand mense ek wil graag weet kry mens nog so 243 kolf te koop vandag . Myne het gebreek en is op soek na een. Baie dankie sakkie