Mnr Els
Johan van der Merwe wat skrywe.
Soos wat die post noem sit ek met n Musgrave wat ek tot vandag nog glad nie positief kon ID nie.
Ek het gedink ek sal maar post en my vrae vra voordat u eendag oorval is met vrae en moeg is van ons manne wat te veel wil weet.
Ek het hierdie aksie blindelings in die wit gekoop van n berugte wapensmid hier in my area.Die aksie het absoluut geen nommer opgehad nie ,geen name nie en net op die slot en magasyn kas is liggies met die hand die nommer 270 opgegraveer.
Van dag 1 af het die aksie die verkeerde follower gehad.Dit het gelyk of die persoon n 404 Jeffery wou laat voer met daai follower maar ek het gedink dat ek hom sou kon laat werk.
Ek het vir my n Walther loop in kaliber 6.5x 55 laat kom, n stuk hout gekoop,gedroom ,gespaar en 4 jaar gewag vir my lisensie maar dis n storie vir n ander dag as iemand dalk n kas hardehout het en tyd het sal ek die storie vertel.
Intussen het my loop by hierdie selfde geweersmid opgeroes sodat ek nou die loop gaan vervang na n volle 400 skote want ek is gatvol vir die doppies wat nie wil uittrek agv n geroesde reamer wat gebruik is en die voorste 6 duim wat so geroes is dat soos n ander geweersmid met n boreguide dit vir my gestel het"ek dink ek sal darem van die gate daar voor met n tigwelder kan toekry".Maar soos voorheen genoem dis n storie vir n ander tyd.
Dis in baie opsigte my droom geweer maar met sy foute het dit al in n nagmerrie verander.
My vrae aan u is asb die volgende.
Watter Musgrave aksie het ek hier beet want 4 geweersmede kon nog nie hierdie aksie vir my positief id nie.
Waar kan ek n follower vir hierdie aksie kry.Ek het tans n model 90 se follower wat glad nie pas nie.
Wat kan ek doen on die extractor op te "beef" soos wat die engelsman se.
Ek hoop die fotos wat ek geneem het wys en ek hoop van harte dat u my vrae kan andwoord.
By voorbaat baie dankie
Groete
Johan van der Merwe
Musgrave Model ???????
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
Musgrave Model ???????
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Musgrave Model ???????
Naandse Johan
As ek so na daai aksie van jou kyk lyk dit soos n Musgrave Model 90. Baie lekker aksies en glad ook.
Hoop dit help.
Sou dink dat enige wapensmid darem dit vir jou kon se het.
Groetnis

Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave Model ???????
Hallo Johan,
Dit is een van drie, Mod80, 83 of soos SJ se, miskien n Mod 90? Die extractor sal dit v my moontlik maak om te se. Die 80 & 83 het n langer uittrekker as die 90. Probeer n foto van hom neem. Die follower behoort by LIW verkrybaar te wees, of hulle het dalk alles aan JJ Wapens verkoop?
Ek begryp nie mooi wat jy met die extractor wil doen nie, ek beleef seker n blonde oomblik? Die follower sal ook gemaak kan word, ek is oortuig dat ander fabrikate ook kan pas, dis mos staal, slaat hom tot hy pas

Jy is welkom om te vra, sal probeer help!
Groete
Daan (nie mnr of Oom nie)

n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
Re: Musgrave Model ???????
Daan
Dankie vir die terug kom.
Ek het toe fotos geneem en ek brand om te hoor watter aksie jy dink dit is.
Ek het ook fotos geneem van die magasyn kas.In die binnekant sal jy sien dat dit n step het aan beide kante wat die follower naastenby na n koeeldop sal laat lyk,dws n nek,n skouer en die res van die lyf.
Ek het n follower by JJ wapens gekry en die follower het reguit sye wat geen step down het soos die magasyn kas nie.Dit is n Model 90 se follower.Ek het ook al na al die ander fabrikate gekyk nml Mauser ens ens en die naaste wat ek aan so n stepdown taper kon kry was my broer se Sako maar ongelukkig is dit n Magnum aksie en te groot om te pas.
Wat ek bedoel het met die extractor is dat as ek n patroon in die kamer instoot,die grendel toemaak d en dan die kamer ontlaai dan gebeur dit dat die extractor van die dop se rand afklim met die cam aksie.
Soos wat ek genoem het het ek probleme met die kamer van dag een af en ek hoop dit is die rede.Ek dink die dop sit vas en kan dan nie saam met die grendel se cam aksie beweeg nie en dus klim die extractor af.
Weereens my betroubare geweersmid het gese dat die extractor in spec is en selfs beter is as die meeste wat hy al tee gekom het.!!!!!
Ek het net gewonder of n mens die extractor meer aggresief kan laat werk deur bv n sterker spring onder die extractor te sit of om die byt van die extractor groter te maak.
Ek hoop dit verduidelik my vrae n bietjie beter.
Weereens dankie vir jou tyd en kennis.
Ons praat weer
Groete
Johan

Jy het n Mod80! Die twee problem wat jy ervaar is ongelukkig eie aan die 80, daarom die rede hoekom ons juis op daardie twee plekke verander het.
Die magasynkas het n "Z" tipe bladveer. Die veer skuif in die vloerplaat deur n gleufie en ook so onder die magasynplaat. Ek is oortuig dat n wapensmid die twee kan versoen.
Die uittrekker het n baie skerp bekkie wat oor die dop glip as jy die slot toemaak. Omdat die Kant van uittrekker punt skerp is, byt dit in die dop rand en glip dan oor. Ek twyfel of jou kamer enigsins foutief is.
Hoe nou gemaak?
As jy die grendel oopmaak beweeg die uittrekker anti kloksgewys in die Dop rand, jy moet daardie randjie "breek" met n klein instrument fyltjie. Moenie aan die haak gedeelte karring nie, net die deel wat op die dop rand vryf, slegs klein shamfer is nodig. Dit behoort jou probleem op te los. Vat Klein pons en tik die pennetjie liggies uit, passop daar is ook n klein veertjie, moenie verloor. Hou sommer uittrekker tussen vingers en breek die skerp hoekie, indien die probleem aanhou voorkom, breek ook die uittrekker lip se skerp hoekie, inteendeel, doen dit terwyl die uittrekker uit is. Jy behoort sommer dadelik te sien waarna ek verwys.
Sterkte en laat weet as dinge werk.
Daan
Die magasynkas het n "Z" tipe bladveer. Die veer skuif in die vloerplaat deur n gleufie en ook so onder die magasynplaat. Ek is oortuig dat n wapensmid die twee kan versoen.
Die uittrekker het n baie skerp bekkie wat oor die dop glip as jy die slot toemaak. Omdat die Kant van uittrekker punt skerp is, byt dit in die dop rand en glip dan oor. Ek twyfel of jou kamer enigsins foutief is.
Hoe nou gemaak?
As jy die grendel oopmaak beweeg die uittrekker anti kloksgewys in die Dop rand, jy moet daardie randjie "breek" met n klein instrument fyltjie. Moenie aan die haak gedeelte karring nie, net die deel wat op die dop rand vryf, slegs klein shamfer is nodig. Dit behoort jou probleem op te los. Vat Klein pons en tik die pennetjie liggies uit, passop daar is ook n klein veertjie, moenie verloor. Hou sommer uittrekker tussen vingers en breek die skerp hoekie, indien die probleem aanhou voorkom, breek ook die uittrekker lip se skerp hoekie, inteendeel, doen dit terwyl die uittrekker uit is. Jy behoort sommer dadelik te sien waarna ek verwys.
Sterkte en laat weet as dinge werk.
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave Model ???????
Johan,
Hier is nog n metode om die uittrekker se gedrag dop te hou.
1. Neem n lee dop, sonder slagdop asb!
2. Verwyder grendel uit romp.
3. Pas nou die dop, SONDER SLAGDOP, in die grendel gesig en draai die Dop anti kloksgewys terwyl jy die uittrekker dophou, jy behoort te voel as hy byt, moenie krag gebruik nie en sorg dat die Dop se agterkant mooi plat teen grendel gesig druk.
Hoop hierdie toets gaan jou op regte pad sit.
Mooi loop,

Johan, ai ek dink stadig vanaand, so verskoon my skrapnel antwoorde.
Jy kan altyd die magasynkas "af blank" sodat jy enkelskote voer, wie benodig in elke geval magasyn op bokjag, leeus, ens verseker!
n Wapensmid kan altyd die follower netjies in soldeer wat jy altyd kan verwyder.
Net n voorbeeld sodat jy darem die geweer kan benut.
Cheers
Daan
Jy kan altyd die magasynkas "af blank" sodat jy enkelskote voer, wie benodig in elke geval magasyn op bokjag, leeus, ens verseker!
n Wapensmid kan altyd die follower netjies in soldeer wat jy altyd kan verwyder.
Net n voorbeeld sodat jy darem die geweer kan benut.
Cheers
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
Re: Musgrave Model ???????
Daan
Dankie vir die raad.
Ek het die geweer by Johan Morkel gehad en hy is die man wat met die borescope in die loop afgeloer het.
Ek het reeds al n loop bestel,die follower is hier by my en ek gaan kyk of Johan vir my kan help.
As ek enigsins nog probleme het sal ek jou weer kontak as dit reg is met jou.Hopenlik hoof ek jou nie te vra of jy van iemand weet wat n model 80 met minder as 300 skote deur die aksie en n nuwe Walther loop wil koop nie.
Dankie vir jou tyd en moeite om al ons vrae te andwoord.
Groete
Johan
Dankie vir die raad.
Ek het die geweer by Johan Morkel gehad en hy is die man wat met die borescope in die loop afgeloer het.
Ek het reeds al n loop bestel,die follower is hier by my en ek gaan kyk of Johan vir my kan help.
As ek enigsins nog probleme het sal ek jou weer kontak as dit reg is met jou.Hopenlik hoof ek jou nie te vra of jy van iemand weet wat n model 80 met minder as 300 skote deur die aksie en n nuwe Walther loop wil koop nie.
Dankie vir jou tyd en moeite om al ons vrae te andwoord.
Groete
Johan
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave Model ???????
Groot plesier en ek hoop jy wen! Jy is altyd Welkom!