Swak werk

User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Swak werk

Post by SV MAD (Henk) »

Janee.

Dit is sulke dinge wat sal maak dat ek net velle laat looi en liewerste 'n mooi, vergrote foto opsit waar ek saam met my trofee dier sit...
ek soek nog wapens...
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swak werk

Post by Marc »

;D ;D ;D ;D  Wonner of daai man 'n Vrystaat hartskootjie gekry het, met daai grin en so  ;D ;D ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Swak werk

Post by BRNO (Pierre) »

Marc wrote: ;D ;D ;D ;D  Wonner of daai man 'n Vrystaat hartskootjie gekry het, met daai grin en so  ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Marc, ek dink hierdie foto bevestig jou vermoede:
[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... oedoe2.jpg[/img]
Veiligheid eerste manne!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Swak werk

Post by Beretta »

Hy adverteer tande pasta colgate smile lyk dit vir my ;D ;D ;D of is hy in die Kaapin gekiet 
Beretta
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Swak werk

Post by Stefan764 »

Beretta wrote: Hy adverteer tande pasta colgate smile lyk dit vir my ;D ;D ;D of is hy in die Kaapin gekiet 
Beretta
Of dalk kry sy tanne warm  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Swak werk

Post by Lourens Potgieter »

Hier in Pretoria net noord van Kerkplein in Paul Kruger Straat is so "Afrika Apteek/Toordokter" winkel met 'n opgestopte ding wat lyk asof dit 'n leeuwyfie was eens op 'n tyd.....lagwekkend...
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Swak werk

Post by Eugene »

Deeg wrote: Hier in Pretoria net noord van Kerkplein in Paul Kruger Straat is so "Afrika Apteek/Toordokter" winkel met 'n opgestopte ding wat lyk asof dit 'n leeuwyfie was eens op 'n tyd.....lagwekkend...
Kry vir ons 'n kiekie da....!
Aim small, miss small
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Swak werk

Post by Kallie404 »

Manne, ek hou hierdie post nou al n rukkie dop........hier is my beskeie opinie. Daar is swak werk en goeie werk wat swak word. Hierdie koedoe is n tipiese voorbeeld, ek dink hy was op sy dag nie te sleg nie maar het net hoegenaamd geen onderhoud/skoonmaak/ olie ens gekry nie. Hy hang in n oop lapa/ braaiplek en mens kan sien hoe die "lig" hom roer. Vra maar enige taksidermis dat "lig" een van die grootste vyand van opgestopte diere is. Ek dink dat sy bek/mond so hang/oop gebars het a.g.v vel uitdroging, ek het dit al baie gesien.

Ek behandel my trofees ten minste een maal per jaar op die volgende manier: stofsuig en stof eers af,  "was" hom met n klam lap met water en n ligte seep soos " cleen green"( vee hom eintlik net goed af ), laat hom goed droog word en dan behandel ek hom met  Nico van Rooyen se Olie-resep wat ek op verf met n kwas. Sodra al die olie in getrek het vee ek hom weer mooi af met n skoon lap. Die oe maak ek skoon met n bietjie spirits op n lappie en die horings sommer met Mr Min en n lap.Dan is dit terug muur toe  ;D

As iemand dalk die "olie resep" soek sal ek hom graag plaas om toekomstige voorbeelde soos die arme koedoe te voorkom  ;D ;D

Jag en taksidermie is peper- duur deesdae, so kyk mooi na jou trofee en hulle sal mooi terug kyk na jou vanaf die muur  ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Swak werk

Post by BRNO (Pierre) »

Kallie dat hier geen onderhoud op die trofee gedoen word nie, is jy 100% reg, en dit is n jammerte, want die trofee kon dalk beter vertoon het, indien dit onderhou was. Maar, jy moet saamstem, dat die hele form van die skedel, na n koedoe gelyk het, laas n sekond voor die skoot geklap het.

Plaas asb jy resep hier, aangesien ek self n trofee of twee het wat onderhou moet word.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Swak werk

Post by Kallie404 »

Raait Pierre hier volg hy........Wyle Taksidermis Nico van Rooyen se "Resep"

1 Deel Amandel olie ( vra by n apteek), 1 deel Vaseline ( gewone wit reuklose ) en 10 dele parrafien.  Neem n ou pot/kastrol en sit verkieslik op stoof plaat ( vermy oop vlamme ). Gooi 10 dele parrafien in en laat net warm word, moet glad nie kook of borrel nie, neem 1 deel Vaseline en los op in Parrafien, gooi een deel amandel olie in en roer stadig totdat alles mooi opgelos is. Haal af vanaf stoof en laat afkoel. Gooi in ou skoon 2 liter houers en gebruik soos nodig. Voor gebruik skud die bottel net goed om alles weer te meng.

Ek gebruik sommer n skoon kwas en verf dit mildelik op trofee. Pasop net vir trofees soos vaalribbok ens wat dik wollerige hare het, daar verf ek dit net op die dele wat nie so wollerig/ dik is nie en op die gesigte en ore. Julle sal sommer sien hoe slurp die trofee die mengsel op  :) en hoe dit intrek. Hierdie mengsel werk al jare vir my, hoop dit help ook iemand op die forum ;)
Last edited by Kallie404 on Mon Oct 01, 2012 6:23 pm, edited 1 time in total.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Swak werk

Post by Marc »

Kallie404 wrote: Raait Pierre hier volg hy........Wyle Taksidermis Nico van Rooyen se "Resep"

1 Deel Amandel olie ( vra by n apteek), 1 deel Vaseline ( gewone wit reuklose ) en 10 dele parrafien.  Neem n ou pot/kastrol en sit verkieslik op stoof plaat ( vermy oop vlamme ). Gooi 10 dele parrafien in en laat net warm word, moet glad nie kook of borrel nie, neem 1 deel Vaseline en los op in Parrafien, gooi een deel amandel olie in en roer stadig totdat alles mooi opgelos is. Haal af vanaf stoof en laat afkoel. Gooi in ou skoon 2 liter houers en gebruik soos nodig. Voor gebruik skud die bottel net goed om alles weer te meng.

Ek gebruik sommer n skoon kwas en verf dit mildelik op trofee. Pasop net vir trofees soos vaalribbok ens wat dik wollerige hare het, daar verf ek dit net op die dele wat nie so wollerig/ dik is nie en op die gesigte en ore. Julle sal sommer sien hoe slurp die trofee die mengsel op  :) en hoe dit intrek. Hierdie mengsel werk al jare vir my, hoop dit help ook iemand op die forum ;)
Klink na dieselfde mengsel wat ek by die Taxi kry om myne te onderhou.

Moet s? dat Trophy Care se produk my baie beindruk het  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply