'n Canned lion word in 'n kamp geteel vir die volgende rede.
As jy 'n leeu op jou plaas moet teel tot hy reg is om gejag te word, gemiddeld van 3-4jaar af, dan gaan hy jou so +-R300 000 se wild eet, hang af wat vang hy, as jy buffels en sable het kan dit BAIE meer wees.
Ek kan nie verwag om 'n klient daai prys te vra nie, maar kom ons vat die boonste voorbeeld, en ek laat 'n wyfie jag teen 'n mal prys van R80 000, dan is nogsteeds R220 000 se wild kort, m.a.w. ek boer agteruit teen 'n helse verlies.
Die ander punt is soos ek bo genoem het, hok leeus het geen vrees vir die mens nie, en is nie in die minste "mak" nie, hy sal jou verskeur met die kleinste kans wat hy kan kry.
Wat dan gebeur, 'n klient bespreek die leeu, en dan moet 'n permit uitgereik word vir die jag, ons laat die leeu veld toe gaan(dit vat so week vir die permit), as die klient en permit kom, dan jag ons hom, die plaas waar ons jag is 17 000ha, jy moet regtig hard werk en jou storie ken om hom te kry, en die slag wat jy hom kry is dit "sports", die kans dat 'n hok leeu gaan storm is 80-90%, veral die wyfies!
Ek kan 'n bladsy skryf oor hoekom hokleeus beter is om te jag, maar hierdie is my hoof redes, en dat ons die getalle en gene baie beter onder beheer kan hou.
Daar is 'n behoefte is om leeus te jag, hoekom mag mens hom nie teel vir daai doeleinde nie?
As daar genoeg is om te laat jag dan bly die getalle en prys reg vir die jagter en wildboer, anders kan dit baie moontlik dieselfde uitdraai as die renoster poaching, jy gaan dit nooit kan stop nie.
Ek gaan November 'n wyfie jag, die man wat se dis onregverdig kan saam kom, maar sonder 'n geweer, en dan na die tyd vir my vertel wat hy dan dink, hy GAAN sy opinie verander...'n leeu kan 80m in net 3 sekondes toemaak, dis iets om oor te dink, jy het 1 skoot, daar is amper nooit tyd vir 'n 2de skoot nie, dis hoekom "back-up" so belangrik is, so eintlik is die kaarte teen jou, jy het een kans, en jy is in sy speelplek, jy begin klaar met 'n nadeel....
Hoop dit dring die hele storie oor "hok leeus" meer in perspektief, ek is nie hier om daaroor te baklei nie, ek moet kos op die tafel vir my gesin en gelukkig (of ongelukkig
Groete.
Chris.

