Moedeloos!!!

Post Reply
Pieter101

Moedeloos!!!

Post by Pieter101 »

Hi ouens
Ek sukkel met jongerige jakkalse. Hulle kom nie in as ek kos klanke speel nie en sodra ek jakkals klanke gebruik, blaf hulle net vir my terug en kom ook nie nader nie. Het iemand dalk raad oor 'n ander strategie wat 'n ou kan volg?
HELP!
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Moedeloos!!!

Post by Tomcat »

Pieta

Ry hulle sommer by en maak die span klaar. Hein wys op sy nuwe dvd baie mooi hoe jy hulle gal kan werk.

Tomma
tafjak

Re: Moedeloos!!!

Post by tafjak »

Pieter

Ek het mos ges? in die Vrystaat kan jy met Beachbuggy of Landcruisers jag, pasop n net vir miershope. Ry die goed dood. :o :o :o

Het jy die kursus by Hein gedoen?

Taffie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Moedeloos!!!

Post by jaracal »

Pieter
Jy kan ook elsneus of mooihuil probeer.

Groete

heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Moedeloos!!!

Post by MEERKAT »

Hein

Hoe het die vergadering met Cape Nature en die boere op die 9.02.2009 in die Karoo toe afgeloop.
Ek verstaan die vonke het gespat. Enige bemoedigende nuus rakende die permitte?

MEERKAT
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Moedeloos!!!

Post by Caller »

Pieter

Jy was net te v?r van hulle af. Die jonges bly vir 'n ruk in die omgewing van die gate en wil dit nie te v?r daarvannaf waag nie. Veral as jy groot jakkies se klanke speel. Hulle ken die area naby die gate waar hulle gebore is, en beskou dit as die veiligste plek, maar die gebiede verder weg is vir hulle vreemd. As daar boonop nog groot jakkalse skree, waag hulle dit nie daar nie.

Jy moet na hulle toe probeer ry en dan vir elsneus (kleinjakkalsie roep) gebruik (soos Hein tereg s?).

Sterkte

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Moedeloos!!!

Post by WillJak »

Pieter, my bietjie ondervinding is ook soos Hein en Caller s'n. Jy moet naby wees en dan werk of die kos of die jong jakkalse, maar ek moet byvoeg, dit lyk of die ouens nou meer begin loop en ek kry redelik gereeld kleintjies wat inkom op Vlekkie 9 ook - maar jy moet binne so 350 tot 400m van hulle af wees. Party manne skiet hulle sommer al op daai afstande, maar ek is nie een van hulle nie en in die een geval wou ek nie nader ry nie want ek het net een spaarwiel by my gehad en die boknoorse het letterlik plate gestaan - maar ek het darem 3 uit daai span ingeroep en geskiet gekry. So dis maar naby gaan en geduld, broer, geduld. En skuif maar rondom hulle - so 800m tot 1km op 'n slag, al roep jy op van die plekke dwars op die wind - veral as die wind sterkerig is en die terrein is nie te plat nie. Die ander ding wat vir my ook lyk werk is as jy so naby is veral, moet jy die roepe sag speel, anders skrik die jonges vir daai haas wat klink of hy 'n ingeboude amp (jammer Langbroek) het....
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Moedeloos!!!

Post by jaracal »

Meerkat
Daar is 'n werksgroep benoem wat saam met Agri Weskaap, NWKV en RPO die saak met CN gaan uitklaar, so ons sal later terugvoering gee net soos wat die terugvoer tov DEAT se vergadering sloer. Ek wil nie voor die tyd enige op of aanmerkings maak nie.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Moedeloos!!!

Post by JACQUES BOTHA »

Die alternatief is pieter die kleintjies eet nog nie die skape nie, wag tot hulle groot is en roep hulle dan ion en skiet hulle.dan...
Shoot straight and tell the truth!
Ambessa

Re: Moedeloos!!!

Post by Ambessa »

Hallo almal daar

Die vraag aan Heinrich oor die vergadering (9/2/09)is baie relevant. Geduld gaan verder beproef word. Met al die baie gepratery (uit verskillende monde en ook oortuiginge) word groot verwarring onder boere, amptenare en ander rolspelers gesaai. Daar is poging aan die gang om al die sake/pratery/aktiwiteite ens te koordineer.  Soos dit nou gaan kan dit egter nie langer aangaan nie. Goeie verhoudings wat oor tyd opgebou is word nou letterlik oornag afgebreek. Wantroue jeens mekaar (boer op boer/ boer op amptenaar/ almal teen die boer/ roofdierjagters/ oordrewe humaniste teen almal) moet vinnig verwyder word.

Soos Hein se boodskap lees, almal wag nou vir sekere prosesse om uit te loop. Daar is ook pogings om die tempo waarteen die proses hanteer word te versnel maar dit ook weer gevare in.

Of ons dit nou wil weet of nie: roofdierbestuur sal net slaag as dit werklik op 'n nasionale vlak gekoordineer word. Onderliggend is ook aksies soos opleiding, monitering, beleidvorming en navorsing wat met dieselfde fokus implementeer (en befonds) moet word.

'n Wesentlike uitdaging is dat die DEAT's in hierdie proses om beleid te vorm en regulasies uit te vaardig ook met ander diere (nie net rooijakkalse en rooikatte) wat skade veroorsaak moet rekening hou.

Ja, die RPO's, NWKV's, SAMGA's en SA Wildbedryf(e) moet almal toegelaat word om hulle rolle as vennote met die owerhede te speel. Hierdie proses MOET 'n Wen-Wen oplossing baar. Die vraag is natuurlik hoe nou? Die jokkie wat dit sal moet bestuur/implementeer sal letterlik hare op sy tande moet he^.

Ambessa
Post Reply