Kaleidoskoop Musiek

Items for "Pay forward"/ Items om later te betaal...
Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Kaleidoskoop Musiek

Post by Carl »

More almal,
Kyk dis nou nie jag goed nie maar ek wil net graag 'n lansie breek vir die 2 jong mense! Ek is nie 'n groot aanhanger van meeste afrikanse musiek nie - tegnies is dit soos spook asem en ek vir eenselwig nie met meeste "kunstenaars" nie. Gisteraand het ons en 'n paar pelle na ons lokale "Barnyard" gegaan - Tarentaal Teater. Jouba en Anique skryf hulle eie liedjies en sing 'n paar bekendes van ander sangers.

Hulle musiek is fantasties, uit die hart uit laat jou sommer weer jonk en verlief voel. Perfek vir 'n lekker kuier en luister aand. Tussen in gesels die man te lekker en hy het my sommer weer met trots laat kyk na jong Afrikaanse mans (het nie 'n tatoo gesien;-). 'n Wonderlike positiewe houding, met humor sonder om eenkeer te moet vloek om "cool" te wees. En beste van als is albei het 'n baie mooi getuienis gegee en God geprys vir hulle sukses en talente.

As hulle in jou omgewing is, vat bietjie vir mamma uit om te gaan luister - jy gaan baie punte kry vir volgende jaar se jag! :angel:
http://www.kaleidomusiek.co.za/page/Die-Band.aspx
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply