Ek wag nou al baie geduldig vir my lidmaatskapkaart na die jaarlikse hernuwing. Ek dag ek bel sommer vir interessantheid SA jag om uit te vind hoe lank ek nog gaan moet wag. (Ek wag alreeds 6 weke van dat my debietorder afgegaan het) Die vrou wat die foon antwoord s? aan my dit vat 7-10 weke!
Ek weet die poskantoor werkers het gestaak, maar kan dit aanvaarbaar wees om so lank te wag?
As jou kredietkaart verval kry jy die nuwe een voor die oue verval! Nou moet julle onthou die nuwe SA jag kaarte het nou n magnetiese "strip" op wat jy gaan swipe by die baan waar jy oefen, vergadering bywoon of skiet kompetiesie bywoon. Die inligting is van waarde as jy n TJ/TS is.
So ek kan vir die eerste 2 maande nie my kaartjie elke jaar gebruik nie.
Hoe voel julle wat ook aan SA jag behoort? Is dit aanvaarbaar?
Ek dink dit is pateties om die minste te s?. Die 2 maande wat ek nou aktiwiteite gaan bywoon moet nou weer met die hand ingevul word ens.
Die afslag wat n lid ontvang by sekere winkels, kan ook nie van gebruik gemaak word in die 2 maande nie, omdat jy nie jou nuwe kaart kan toon nie.
Ek luister by die radio.
Mooiloop
PJ
