FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Freek »

Ek het uiteindelik die FLIR PATH FINDIR toets eenheid in ontvangs geneem. Hier sal dan amptelik terug voering gegee word oor hoe hierdie kamera kan bydra tot nag roep en skiet van probleem predatore. Die tegnologie is ongelukig duur en gaan ek dan so volledig as moontlik probeer om tydens die veld toets te bepaal of die kool die sous werd is. Is dit 'n opsie om te oorweeg of nie?

Net ter inligting, die hoof verskil tussen hitte/thermal  kameras en nag sig kameras is soos volg:
1. Hitte/Thermal kameras kan in die nag en dag gebruik word en is glad nie lig sensitief nie - hierdie toerusting maak hoofsaaklik van hitte radiasie/bestraling gebruik om 'n beeld te sien.

2. Nag sig kameras sien'n visuele beeld onder baie swak lig toestande met die hulp van 'n infra rooi beeld versterker. Hierdie toerusting is erg lig sensitief en mag onder geen omstandighede aan helder lig bloodgestel word wanneer gebruik word.

Die vervaardiger beweer dat die FLIR PATHFINDER kamera 'n mens se lyf/ligaams hitte tot op 880m kan sien in die nag. Dit is ontwerp en gebou om as adisionele veiligheid matreel in voertuie gebruik te word juis omdat dit die bestuurder van die voertuig in staat stel om obstruksies op die pad te kan identifiseer lank voordat hy/sy dit met die voertuig se ligte raak lig en sodoende ongeluke te voorkom. Hierdie toerusting is robuust en waterdig en behoort die normale stampe en stote te kan hanteer wanneer die voertuig beweeg.

Die gedagte is om met behulp van die thermal kamera die lig faktor tydens die roep en skiet sessie so veel as moontlik uit te skakel. Met ander woorde indien daar geroep word by die staanplek word slegs die kamera(sonder enige onnatuurlike lig) gebruik in plaas van die normale gebruik van die skiet lig/spotlight om die terrein te scan vir enige inkomende jakkalse/rooikatte. Die kamera moet instaat wees om die inkomende dier op te tel en die jagter  vroegtydig te waarsku dat die kwaad doener oppad is. Sodra die teiken binne skiet afstand is, word die skiet lig aangeskakel om die teiken finaal te identifiseer deur die teleskoop en van daar die nodige te doen. Met die vermindering van die gebruik van die spotlight/ on natuurlike lig  om elke 40 sekondes die "kill zone" te scan glo ek dat die jakkalse/rooikatte minder bedag kan wees en sodoende die jagter se kans op sukses verbeter.

Die volgende hoof punte is vir my belangrik tydens die veld toets:

1. Sig afstand en beeldkwaliteit
2. Kamera se vermo? om 'n jakkals/rooikat in die nag (onder normale jag toestande) op te tel
3. Effektiwiteit van lig uitskakeling om jakkals en rooikat in te roep

[img width=560 height=332]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... IRLOGO.jpg[/img]

[img width=560 height=234]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... LLOTEC.jpg[/img]
Last edited by Freek on Tue Dec 04, 2012 2:21 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Chris101 »

Sien uit na jou toetse.
Knou die gediertes AF.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Jaktrap »

Hi Freek
Dit is ook iets waarna ek gekyk het en sal baie graag wil hoor hoe jou toets vorder.
Het jy reeds die kamera gekoop of is dit onderhewig aan uitslae.
Ek het net so n vermoede hy sal dalk beter werk in die winter maar dit klink soos iets wat ek nodig het.

Seker daarvan almal sien uit na die toetse.Soos hulle se neem baie fotos.
Sterkte
Jaktrap
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by BLOK »

Aitsa!!

Lekker om te hoor. Iets wat ek oor gewondr het is hoe goed mens diere tussen mekaar kan identifiseer. Bv die jakkals spesies, almal omtrent die selfde bouform sal dit moontlik wees om onder hulle te onderskei wat is rooi en wat is maanhaar, wat is draai en wat is bakoor.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Jaktrap »

Hi Blok
Ek dink dit hang net af hoeveel geld jy wil spandeer.Daar is van hierdie goed wat omgelooflik is
en op TV het hulle van hierdie gevorderde kameras gebruik op Wildebees migrasie in Kenia.
Mens kan duidelik verskille in diere sien en sal wat wil gee vir so n kamera.Dit sal seker net heelwat groter
wees as die Flir PathfindIR.
Sterkte
Jaktrap
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Beretta »

Blok
Daardie toerusting is ongelooflik het dit al so n paar keer gebruik as jy hom mooi piets dan sie jy die bloed trek met die toerusting as jy geld het is dit die way om te gaan. Hulle word goedkoper.
Beretta
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by savage(P Coetzer) »

Ek het gistraand met die hand held model gaan voorsit om te kyk of ek jagters met hul honde kan vastrap. Hulle het nou nie kom jag nie maar daardie thermal is lieflik. Kon die kameelperde se koppe duidelik op verder as 800m bo die bome sien uitsteek en kon die wild maklik identifiseer op 600m plus. Al nadeel is dat hy swaar op batterye is en dat die oog waarmee mens deur hom kyk vir n ruk nagblind is as mens normaal wil kyk.
.223 Sako
.303 lee enfield
cz 9mm
miroku mk 70 o/u
Ruger mini 14ATI tac
Anshutz .22
6.5x55 cz550
maverick 88 12br
marlin 30-30
Tikka varmint .243AI
Pietersburg
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Jaktrap »

Dit is een van die redes hoekom ek dink die Pathfind kan goed werk want mens kyk op n skerm en nie deur
oogstuk nie.Dit behoort te help vir die nagblindheid.
Kom ons hoor wat se Freek na sy toets.
Jaktrap
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Freek »

Manne, op hierdie stadium is ek net so nuuskierig en opgewonde soos julle. Nee ek het nie die eenheid gekoop nie - nog nie ;D prys steek nog so bietjie vas. Ek wil net graag Yellotec (die FLIR agent in SA) bedank dat hulle bereid was om 'n toets eenheid beskikbaar te stel. Sal vir julle later hul pedigree en kontak nommers deur gee.

Here goes... so paar voorbeelde van hoe sake nou huidiglik staan.

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... PSTOEL.jpg[/img]



Die hoof komponente, let wel die bedrading en kabel harnas is reeds in die stoel in gebou... julle sal nog genoeg foto's van dit sien

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... ONENTE.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... ONTEER.jpg[/img]



Ek moet bieg die skermpie maak dinge baie makliker om die beeld te monitor. Vir hierdie tiepe jag werk 'n oogstuk nie so gemaklik nie, jou oog raak moeg van al die konsentreer. Ek meen dit is nie asof die probleem dier jagter net 2 of 3min op 'n slag na die beeld kyk nie, nee my vrind jy sit vir ure en hou die prentjie dop. Daarom dink ek die TV gaan beter werk. Met die skerm sit jy gemaklik agter oor en monitor die beeld terwyl jy vir TA wag om nader te kom. O ja, die skerm se kleur en lig kan natuurlik helder en dowwer stel.

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... ONENTE.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... ABREIN.jpg[/img]



Nou ja, daar het julle dit nou - somaar 'n mooi idee van hoe dinge in mekaar pas. Laat ons duim vas hou hy werk in die veld. Hoe s? die ingelsman... "talk is cheap, money buys the whisky"... of so iets.

[img width=560 height=332]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... IRLOGO.jpg[/img]

[img width=560 height=234]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... LLOTEC.jpg[/img]
Last edited by Freek on Tue Dec 04, 2012 2:22 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Kalahari »

Freek

Sterkte en geniet die jagtery met die "grand" toerusting. Sien uit na jou verslag.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by BLOK »

Freek

Twee goed wat ek oor wonder as ek die setup so bekyk.

1 - Met die wat die kamera in lyn met die loop en demper sit gaan die hitte uitgestraal deer die twee nie n effek he na twee of drie skote nie.

2 - Die skerm wat met n angle na jou toe wys, gaan dit nie jou die jagter op die stoel verlig en moontlik die jakkals blootstel aan jou nie. Sou dit nie beter gewees het om hom eerder soos in die tweede foto op te laat skyn en die ligstraal weg van jou nie.

Maggies ek sal by jou moet uitkom en die ding saam jou toets lyk voorwaar na n beter stuk toerusting. Net jammer die goed is so duur, maar soos jy se hul word goedkoper.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by MEERKAT »

Hallo

Allan Truter het 'n jaar of 5 gelede dieselfde tipe toetse gedoen sover ek weet. Die monitors was gekoppel aan 4 kameras rondom die stoel geinstaleer elkeen met 'n screen. Voordat die projek voltooi was het die prys al grillerig geklink. Freek sterkte met jou projek.

Groetnis
MEERKAT
 
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Freek »

Blok ek hoor wat jy s?, geldige punte wat jy noem. Die manier hoe die sisteem huidiglik op die skietstoel gemonteer is (veral die skerm) is baie gamaklik vir die jagter - jy hoef nie te soek na goeters nie en jy kan jou oog vinnig van die TV skerm na die scope beweeg en visa versa.

Wat die kamera eenheid langs die geweer betref, sien jy net 'n klein stukkie van die knaldemper se voorkant in die hoek van die beeld op die skerm. Ek sal hom eers so toets en indien die loop hitte pla sal ek die nodige verstelling doen.

Vir nou gaan ek nie te veel v?rder peuter nie, die ding moet veld toe en vandaar af sal ons krap en skuif om die situasie te verbeter indien nodig.

Ons almal is bewus dat die koste op die ding nie laag is nie maar indien hy die nodige waarde gaan toevoeg kan ek jou waarborg is daai prys nie so 'n groot issue nie. Alles kom teen 'n prys en indien jy oordentlike kwaliteit benodig kom dit nie verniet nie. Ek persoonlik voel dat indien hy nie die mas opkom nie, ja dan kan ons redeneer dat hy te duur is andersins moet ons maar seker net vrede maak met die situasie. Wat kos 'n oordentlike Europese of Nightforce geweer teleskoop? Meeste jagters (wat nie hou van sukkel nie) koop die goed sonder om te skroom want hulle weet waarin hulle bel?. In my opinie is hierdie situasie nie veel anders nie.

Die rede hoekom die tegnologie so duur is, is die detector/microbolometer agter die lens. Hierdie goed word met die hand gemaak en is mikroskopies klein. Indien daar die geringste foutjie gebeur word dit "gescrap" en begin die tegnikus van voor af. Daar is nie 'n masjien wat hierdie detectors op grootmaat kan vervaardig nie - die werk wat hier ingaan is dood eenvoudig net te fein.
Last edited by Freek on Thu Nov 29, 2012 8:04 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Freek »

Meerkat, dit is baie interesant. Ten spyte van die koste, sal ek graag wil hoor wat was  Allan se bevindinge tydens die projek? Het hy die produk in die veld getoets ens.? Watter maak kamera het hy gebruik, was dit ook die FLIR?

Ek kan nogals dink dat 4 kameras 'n redelike belegging verg en dit was sekerlik die een groot rede hoekom Allen nie v?rder gegaan het met die gebruik van hierdie tegnologie vir probleem dier beheer nie.

FLIR is op hierdie stadium, w?reld wyd, die mark leier in hierdie veld. Hulle produk kwaliteit staan beslis uit en die diens en "back-up" wat die agent in Suid Afrika bied, staan nie terug nie.

Hopelik lewer die enkele kamera wat ek beplan om te gebruik die nodige resultate. Indien wel glo ek dat die R38000 wat hy kos, nie die wa sal ontspoor nie deurdat die boer en voltydse profesionele probleem dier jagter die voordeel gaan ontvang wat die tegnologie bied.

Vier jaar terug toe die PATH FINDIR bekend gestel is, het die eenheid R54000 gekos.... :o Nogals 'n aansielike verskil soos wat die tyd aanstap.
Last edited by Freek on Thu Nov 29, 2012 9:09 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Smirre »

Freek
Die R38k is dit vir die toerusting op die fotos?

Smirre
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Raven »

Freek,

Ek wag vir die terugvoering..baie interesant.

Net so ietsie anders.. kan jy daai geweer rus ook maak vir my??? Groot asb.

Laat weet maar.
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Freek »

Smirre my vrind... ongelukig nie. Dit is slegs vir die Kamera sisteem, die hele pakket saam met die stoel (uitsluitende my voertuig en geweer) lyk soos volg:

1. FLIR PATH FINDIR = R38k
2. BOSVARK SKIETSTOEL = R8k

Jy kan die FLIR sisteem op enige skietstoel monteer, dit hoef nie nood wendig 'n "Bosvark" skiet stoel te wees nie. Die kamera sisteem werk met 12V krag.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Smirre »

tnx
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Freek »

Raves, daai geweer rus idee het ek by Ian Beytel gekry. Ek moes 'n plan maak om die kamera te akomodeer aangesien my standaard rus op die skietstoel nie sou werk vir hierdie toets nie. Ian het voorwaar 'n eenvoudige plan gebruik en 'n uitstekende geweer rus gebou. Die setup is nogals 'n groot verbetring.

Ek bou met graagte vir jou een... gaan jy homself kom afhaal? Jy reis mos gereeld SA toe, sal seker nie skade doen as jy vinnig oor stop vir koffie nie. Ek benodig die mates op jou geweer - vanaf die agterkant van jou "pistol grip" tot reg onder die brug (gedeelte waar die loop in die aksie in skroef) asb.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Sarelss »

Hi Freek,
Sien uit na jou toets. Dit kan net lekker wees. Lankal lus vir so 'n outjie vir 'n otjie...
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Freek »

Sarel die uitsien na die toets is eending - hel ons moet duim vas hou die ding werk. Hierdie naweek, as die weer dit toelaat, gaan hy veld toe en behoort ons 'n redelike klompie inligting te versamel - ek het hulp nodig om die videos te edit (dooie materiaal uit te haal en slegs lewendige beeld te hou) ek glo hier is 'n paar eksperds op die forum, julle bystand word benodig asb., ek wag in spanning.


Sien die manne soek juis raad hier oor lig sku jakkalse - Louis en Taffie dans rond om die regte tips deur te gee. Hopenlik l? nog 'n oplossing hier voor ons neuse...
Last edited by Freek on Fri Nov 30, 2012 11:26 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by iceman1982 »

Freek,
Ek is al n rukkie op die thermal pad en probeer vas stel wat se toestel die regte keuse is. Hierdie opset van jou was een van die opsies en die ander opsie was die "Patrol" dink ek noem hulle hom. Dit is die toestel wat jy met altwee hande vashou soos n verkyker maar wat net een lens voor het.
Sien baie uit vir die terugvoering. Sal in Duitsland wees in Jan, so het gedink om hom daar te koop.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Dawie D »

Freek

Dis n baie lekker speelding wat jy daar beet het en dit sal baie interesant wees om te hoor hoe hy werk.

Ek het al met die grote gewerk wat hulle aan helicopters mount en ek was baie imprest met wat ek daar gesien het.
Hy het baie goed gewerk in die dag ook solank dit net so onder 28 grade is, die oomblik wat die kwik verby 29 styg werk hy nie meer so goed op klein teikens soos jakkalse nie.

En teen 1.5Bar sal jy n klomp jakke moet verongeluk om dit te regverdig ;)

Sien uit na jou terugvoer.

Sterkte Dawie
As ek jou sien gaan jy val
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Jaktrap »

Hi Freek
Ek sit hier op warm kole om te hoor hoe dit toe gegaan het met die Flir.
Jy hoef nie nou al die video op te sit nie. Se net vir ons hoe dit gegaan het.
Sterkte
Jaktrap
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS

Post by Dawie D »

Jaktrap

Dit wil vir my lyk of Freek so goed doen met daai speelding van hom hy het nognie agtergekom die naweek is al verby nie, daai man skiet die jakkalse nog by die hope dood. ;) ;D ;D

Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
Post Reply