Verligte Reticles

Post Reply
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Verligte Reticles

Post by JohanP »

Hallo.

Ek sien baie teleskope het desdae die opsie van "illumunated reticles".
Gewoonlik rooi vir nagskiet, en groen vir dagskiet, in verskillende grade van helderheid

Werk die verligte kruishaar regtig so goed, of is dit maar net ? foefie wat lekker is om jou pelle te wys?
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Verligte Reticles

Post by James Wilson »

Johan, ek vir meer as n jaar met so n scope geskiet. Die scope het 11 verstellings van helderheid gehad. Ek kon maar netnie reg kom nie. Al skiet ek op die floeste verstelling. Miskiem was ek maar net gewoont om al die jare sonder dit klaar te kom. Die lig in my scope het heel my visie oorheers, ek het dit verskriklik iriterend ervaar.

Scopes met n iR kan in een fabrikaat op dieselfde scope afmetings tot R1500 met n iR en daarsonder verskil. Ek se vat die geld en voeg dit by en koop n scope met n groter inlaat.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Verligte Reticles

Post by Gerhard »

Ek is baie tevrede met my Nikon IR.

Hy werk baie lekker vir nag skiet.

Gebruik nie die IR in die dag nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Neels
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Wed Aug 31, 2011 6:25 pm

Re: Verligte Reticles

Post by Neels »

Ek gebruik ook nes Gerhard my Sightron om in die nag te skiet.Ek dink nie die verligte kruishaar is bedoel om in die dag te gebruik nie.

Groete
Neels
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Verligte Reticles

Post by Koos Barnard »

Johan
Die scopes met die kruishare waaar die hele kruishaar verlig werk nie goed nie, dit verblind jou te veel en jy kan nie sien wat agter die kruishaar is nie. kruishare waarvan net die senter kolletjie verlig werk baie goed. Ek sukkel met my o? en veral met nagsig nadat ek in 1996 my o? laat laser het om beter te sien en van my bril ontslae te raak. As jy die operasie ondergaan is jou nagsig daarmee heen. Sedertdien was dit vir my bitter moeilik om in die nag te skiet. Ek het in Junie hierdie jaar op twee agtereenvolgende aande springbokke help uitskiet. Die eerste aand met 'n normale scope sonder verligte senter kolletjie en die tweede aand het ek my Z6 swarovski met verligte kolletjie gebruik. Wat 'n reuse verskil. Ek het nie raker geskiet nie, maar kon wel baie vinniger skiet en het die aand skote geneem wat ek nie die vorige aand kon neem nie.

As jou o? nog goed is, is die verligte senter kolletjie seker nie nodig nie, maar ek sal nooit weer in die nag sonder een skiet nie. Ek het na Juniemaand dit weer gebruik en glo nou in die ding. Maar soos genoem, pasop vir scopes waar die hele kruishaar verlig. Dit werk net in skemerlig goed nie in die nag nie.
Mooi loop
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Verligte Reticles

Post by FHM »

Koos Barnard wrote: Ek sukkel met my o? en veral met nagsig nadat ek in 1996 my o? laat laser het om beter te sien en van my bril ontslae te raak. As jy die operasie ondergaan is jou nagsig daarmee heen. 
Johan ek hoop jy vergewe my as ek gou vir Koos iets vra van topic af hierso...

Koos,
ek is op die drumpel om dieselfde laser operasie te ondergaan in Windhoek om van die #^@%$^ brille ontslae te raak. Nou het jy my baie bekommerd. As jy se jou nagsig is daarmee heen - hoe ervaar jy dit - bv, kan jy dan glad nie in die nag bestuur ook nie? MAW jy is totaal nagblind?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Verligte Reticles

Post by Beretta »

FHM
jy kan elke jaar n nuwe bril kry en nie nuwe oe nie
Beretta
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Verligte Reticles

Post by FHM »

Beretta wrote: FHM
jy kan elke jaar n nuwe bril kry en nie nuwe oe nie
Beretta
Beretta, ek hoor jou argument en dit dra baie water.
Ek het geredeneer om die laser operasie te doen want om weer sonder n bril te wees vir die 1 ste keer in 20 jaar sal regtig lekker wees. Daai oogkwak in Windhoek het my NIKS gese van nagblind wees na die tyd nie. Dit kan ek nie bekostig nie want ek ry redelik baie in die aand langpad. Dis hoekom ek baie graag by Koos wil hoor wat presies is sy ondervinding in die nag, met veral bestuur.

Skies tog weereens Johan dat ek jou draad kaap ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Verligte Reticles

Post by JohanP »

Nee wat, geen probleem, dit is tog immers van belang, en het te doen met die oorspronklikke draad.
Groete
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
Rainbird
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am

Re: Verligte Reticles

Post by Rainbird »

n Verligte kruishaar, veral die met net n klein kolletjie help jou ook om baie vinniger op teiken te kom en gee ook die gemiddelde skut meer selfvertroue. Ons almal weet ook dat selfvertroue n groot rol speel in skiet.

In die ou dae was IR scopes meestal gebruik vir skemer en in die nag skiet, maar in vandag se Premium geweerteleskope soos Zeiss en Swarovski is die verligte kolletjie helder genoeg om ook in die dag te gebruik. Dit maak dit baie lekker om donkerder diere soos swart witpens, bosbok en blou wildebees te jag. Veral as hulle in diep skaduwee staan. 
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Verligte Reticles

Post by Koos Barnard »

FHM
Jammer ek sien nou eers jou vraag oor die nagsig. Ek kan bestuur, geen probleem nie, maar motorligte lyk ontsettend groot en ek kan nie die afstand skat na die ligte soos voorheen nie. 'n Bok se kop in die nag lyk soms net soos een groot koplig, soms (veral as my o? moeg is) is dit so erg dat as die bok sy kop draai sodat die skietleg reg in sy oog reflekteer, kan ek nie vir die kop skiet nie, want ek kan nie presies sien waar die kop is nie. Die "koplig" het ook 'n "halo" om. Ek moet dus wag dat die bok sy kop reg draai. In Junie het ek nie te sleg reggekom nie. Een aand 20 bokke geskiet waarvan 4 skote mis was, drie was as gevolg van sleg sien en met die vierde skoot het die windjie my gevang. Die skote het gewissel van so 120/130m (drie bokke) tot 220m. Die meestes was seker so 160 tot 180m. Vaal diere soos koedoes is vir my uiters moeilik om te sien in die nag met 'n lig met die blote oog. Terwyl ons skiet het daar drie koedoes teen 'n rant gestaan en almal kon hulle duidelik sien met die skietlig, maar ek moes my scope gebruik. Selfs met die scope op 250m sien ek 'n koedoe moeilik en sal dit vir my nie gewens wees om vir die kop te skiet nie.
Mooi loop
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Verligte Reticles

Post by FHM »

Baie dankie ou Koos! ;) ;)

Ek gaan maar die laserbehandeling los vir eers!!!
Ek is waaragtigwaar net te bang dit los my swakker af met sig as wat ek hudiglik met n bril aan gewoond is. Ek gaan nie daai kans vat terwyl ek nog goed met die glase regkom nie. Sal maar swets en sweis-woorde gooi as ek elke 2 minute moet bril skoonmaak - maar ten minste weet ek die afstand, wat en waar ek dit sien en na mik op die stadium.

Waardeer jou terugvoer ou mater! 8)

Groete
Last edited by FHM on Thu Dec 06, 2012 11:12 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verligte Reticles

Post by Wouter Roets »

JHM

Ek kan maar net bevestig wat Koos hier gese het en dit is dat jou nagvisie verseker n knock vat na die operasie. Alles in ag genome sal ek dit weer laat doen want die vyf jaar sonder n bril was hemel op aarde. As nagskiet enigsins n deel uitmaak van jou lewe sal ek dit nie oorweeg nie. Ek moet ook darem iets se en dit is dat Koos ook darem seker gewens het die operasie hou langer want daai skietbrille van hom gee enige insekkundige n nagmerrie! ;D

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Verligte Reticles

Post by Piet Breedt »

Stem saam met Koos. Ek het so 4 jaar gelede my linker oog laat doen aangesien ek glad nie meer in die nag met hom kon sien. Ek moes letterlik 15m van n groot pad aanduidings bord gewees het voor ek kon lees wat daarop staan.

Na my operasie het dit min of meer n jaar geneem vir die oog om behoorlik te herstel, en sien ek nou baie beter met hom as met die regter oog. Maar as ek moeg is, kry ek swaar in die nag om mooi met hom te sien. Hy sien nogsteeds beter en die beeld is meer in fokus as die regter in die donker, maar die beeld vertoon donkerder en moet ek baie konsentereer.

Ek kan nou glad nie meer hier naby kyk met hom, maar die dokter het vir my ges? dit gaan gebeur. Ek moet nou maar n bril dra vir naby kyk.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verligte Reticles

Post by Wouter Roets »

Pieta

Jy kan oorweeg om net jou linker arm ook langer te maak maar ek vermoed jy gaan simpel lyk! ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Verligte Reticles

Post by FHM »

Wouter Roets wrote: JHM

Ek kan maar net bevestig wat Koos hier gese het en dit is dat jou nagvisie verseker n knock vat na die operasie. Alles in ag genome sal ek dit weer laat doen want die vyf jaar sonder n bril was hemel op aarde. As nagskiet enigsins n deel uitmaak van jou lewe sal ek dit nie oorweeg nie. Ek moet ook darem iets se en dit is dat Koos ook darem seker gewens het die operasie hou langer want daai skietbrille van hom gee enige insekkundige n nagmerrie! ;D

Groetnis
Wouter
Wout baie dankie, waardeer.
Ek skiet baie selde in die nag, maar my werkvereistes verg dat ek baie in die nag ry en dit is waaroor ek bekommerd is as ek Koos se laast e-pos lees. Quote: "maar motorligte lyk ontsettend groot en ek kan nie die afstand skat na die ligte soos voorheen nie" stop quote.
Ek ry gereeld tussen Windhoek en Skp in die nag en dis 24/7 swaarvoertuie en Wamboland Taxis van voor af. Praat nie eens van die Kudus en Gemsbokke wat ek boonop moet pypkan in die aand nie. As ek nie meer afstand kan skat van ligte van voor nie, het julle een lid minder binnekort - dis nou maar seker.
Dankie Koos en Wout vir die inset. ;)
Last edited by FHM on Thu Dec 06, 2012 1:06 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Verligte Reticles

Post by Koos Barnard »

Wout
Ja, my vrou noem my Bennie Boekwurm as ek my skietbril op het en ek is seker as Prof Erik Holm my vinnig sien gaan hy dink hy't 'n nuwe insekspesie (motwurm, hottentotsgot of naaldekoker) ontdek. Met brille wat die anti-glare deklaag op het sien ek heel skaflik in die nag. Miskien is die grootste probleem die vaal goete en die feit dat ek glad nie 'n motor se afstand kan skat in die nag nie. My vrou vra baie male hoekom ek nie die voertuig voor my verbysteek as daar ander van voor af kom nie. Ek dink die voertuig is baie naby terwyl dit baie ver is. Ma s? ek kan maar verbysteek maar ek vertrou haar nie. Kan nogal hakkerig raak as ek moeg en befoeterd is. Vir daai Windhoek/Swakoppad met sy koedoes sal ek maar skrikkerig wees vir die laser-operasie. Kan wel soos Wout s?, dis die beste ding wat ek laat doen het. Het van 1996 tot 2010 bitter lekker gekyk in die dag.
Mooi loop
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verligte Reticles

Post by Wouter Roets »

Koos

Hulle se daar in NAM moet jy n lekker plat BMW koop met n M-badge op die gat vir nagry. Jy moet dan hom so teen 6500rpm ry in sy hoogste rat dan kyk jy in jou truspieel hoe spring die koedoes jou mis! ;D Wel dit is in elk geval die Oom se raad waar ons so klompie jare terug gejag het. :D

Sorry terug by die topic!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply