Manne, ek is 'n beginner is hierdie saak, en ek soek raad.
Daar was toe 'n jakkals wat mooi inkom tussen die granaatbosse in, maar identifikasie is moeilik. Toe bly lê daar 'n maanhaar. Die boer was nie ontsteld toe dit genoem word nie.
Toe kom daar ander dag weer 'n jakkals teen 'n spoed in, weer tussen granaatbosse. Gedagtig aan oorlede maanhaar wil daar toe seker gemaak word van die identifikasie. Kom van granaatbos na granaatbos, loer hy agter die granaatbos uit na die roeper, lê weer, en so aan. Wie is jy? Uiteindelik staan hy op, draai om en is weg.
Dit kom dan daar op neer dat daardie rooihond nie weer sou skaapvleis proe as dit nie was vir positiewe identifikasie nie.
Nou help asseblief. Vir my lyk dit asof daar maar soms 'n foutjie sal wees, silwer of bakoor of wat ook al, tensy die identifikasie altyd positief is, en dan sal daar definitief maar rooies wegkom wat eintlik moes bakkie ry.
Die boer was maar ontsteld dat die rooie weg gekom het, nie 'n goeie saak nie.
As bakore en maanhare nie lammers vang nie, hoekom kom hulle op die roep? Die goed is ook stil, antwoord nie, kom net.
Wanneer word die beste gepoog om te identifiseer? Wanneer die oog die eerste keer opgetel word, of naby? Ek verstaan dat om die lig te verhelder altyd 'n risiko is dat die jakkals omdraai, of is ek verkeerd?
Hierdie jakkals roep saak is moeiliker as wat ek gedink het.
Voorspoed!
Johan Smit
Identifikasie probleem
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Identifikasie probleem
Ek weet ek klink soos 'n neulgat, maar hierdie onderwerp is al breedvoerig behandel, lees maar onder Tafjak tips, en nog ander threads wat dit ook bespreek.
Identifikasie is maklik met die regte uitrusting en ondervinding in die meeste gevalle, maar laat hom eerder weg kom, en later skiet as verkeerd skiet. R10 000 is nogal baie om te betaal vir verkeerd skiet. Bestudeer die veskillende maniere wat hulle in kom, silver bok spring gewonlik in, maanhaar kom reguit in met sy kop meestal hoog, en vlekkie met so draffie, partykeer stop stop.
Hulle kom in want hulle sal nooit 'n vrye maal mis nie, as die ding nou reeds swkreeu, moet hulle in wees voor vlekkie.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Identifikasie probleem
Dankie, sal Tafjak tips deurlees. Dis nogal groot.
10 000? Erg.
Voorspoed
Johan Smit
10 000? Erg.
Voorspoed
Johan Smit
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4242
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Identifikasie probleem
Ek lees nou ook tafjak tips...bl 8...daars ook maar afwykings of "hikacks" tussen in....baie makliker om vraag te vra soos hier en 'n antwoord te kry...Mac,ek sal jou 3 punte oor silver,maanhaar en vlekkie,in my lewe nie vergeet nie,dankie
Was dit nou so moeilik?...daars baie topics wat oor en oor bespreek word.....so what!
Cheers
Was dit nou so moeilik?...daars baie topics wat oor en oor bespreek word.....so what!
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Identifikasie probleem
Nee wat, deur 86 bladsye gewroeg, en nie antwoorde gekry nie, sien niks, nerens breedvoerig behandel nie.Mac wrote: hierdie onderwerp is al breedvoerig behandel, lees maar onder Tafjak tips
Sal sien, moeilik as hy tussen granaatbosse inkom.Bestudeer die veskillende maniere wat hulle in kom, silver bok spring gewonlik in, maanhaar kom reguit in met sy kop meestal hoog, en vlekkie met so draffie, partykeer stop stop.
Stteds, wanneer om te identifiseer onder om jakkals te laat omdraai as gevolg van lig?
Groete
Johan Smit
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Identifikasie probleem
Johan
watse teleskoop gebruik jy? minimum vergroting, 8x, en minimum objective 50mm. anders mors jy jou tyd, en die boer se geld.
watse lig gebruik jy?
met die regte scope, sien jy jakkals maklik 200m+ raak.
die groot ding is, ervaring.
ek jag nou 18maande. en het net so gesukkel.
nou is dit al bittermaklik.
maar, al hoewel dit makliker raak, elke liewe jakkals wat ak al geroep het, het anders reageer, anders ingekom.
maar jy begin kry 'n gevoel vir die ding.
as die dier hardlopop, kan jy ook die lig helderder maak, om hom te identiviseer.
net nie as hy staan nie.
vra maar as jy nie verstaan nie.
my kleine kennis deel ek graag.
MOET NOOIT OOIT VIR VLEKKIE ONDERSKAT!

HOU HOM DAAI DIKTE
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Identifikasie probleem
Dankie Cassie,
Ek PM jou liewer, dar is nog baie vrae en teenstrydighede, as jy nie omgee nie.
Groete
Johan Smit
Ek PM jou liewer, dar is nog baie vrae en teenstrydighede, as jy nie omgee nie.
Groete
Johan Smit
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Identifikasie probleem
dis reg my maat.
hoop net nie ek gooi jou in die sloot nie.
hoop net nie ek gooi jou in die sloot nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Identifikasie probleem
Johan
Jy gaan hier en daar verkeerd skiet-maak vrede daarmee en gaan aan-solank dit nie 'n skaap ens. is nie--daar is skote wat jy nie mooi kan sien nie soos lang gras ens. maar jy weet dis 'n jak en dan gooi jy en as dit 'n draaijak is-ek blaai hulle-maanhare is baie "makker" as ek dit so kan noem en hy gaan aan met sy dinge en stap baie keer sommer naby jou lorrie verby.Soos jy hoor--'n goeie scope en lig gaan jou baie help.
Henry