RSA enkelskoot sneller

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

RSA enkelskoot sneller

Post by Charles.308 »

Hein,wanneer kry ons fotos van geweer upgrade?  Is daar n verandering met die nuwe sneller teenoor die oue en wat se maak is die nuwe sneller? Ek het nog die ou musgrave sneller en is happy met hom,hy is better as die sneller wat op my .308 Bruno is-ZKK601(Hairtrigger)
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: RSA enkelskoot sneller

Post by Daan Els »

Die RSA sneller is ok as hy reg saamgestel was. Daar was uiteraard verskeie monteerders en net sommige het hom mooi verstaan, so jy het seker een van hulle gekry.
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: RSA enkelskoot sneller

Post by tripodmvr »

Daan Els wrote: Die RSA sneller is ok as hy reg saamgestel was. Daar was uiteraard verskeie monteerders en net sommige het hom mooi verstaan, so jy het seker een van hulle gekry.
Daan
Ek het ook 'n RSA en sal graag wil weet wanneer is die sneller reg en wanneer nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: RSA enkelskoot sneller

Post by Daan Els »

Hallo Tripod of soos ek sien die manne se "driepoot"
Die Musgrave sneller is tipies van daardie era waar CNC masjineering nie bestaan het nie. Die sneller konsep of ontwerp is egter puik. Die onderdele in die sneller is almal gietstukke met hier en daar n growwe en haak plekkie. Jy kan hom uitmekaarhaal en al die bewegende dele liggies poleer totdat dit lekker glad beweeg. Die glipnok of "sear" bo-op die sneller asook die bo-kant van die sneller is krities kontak punte en wrywingsvlakke. Hierdie vlakke was selde perfek en dit het veroorsaak dat die sneller nie altyd dieselfde "breek" of "glip" nie. Met moeite kan jy bv n swart "coukie"?? pen gebruik om die oppervlakkes se raakvlakke te bepaal wat n aanduiding sal wees oor hoe die raakvlakke op mekaar le en beweeg.
Maak ook seker dat jou glipnok se haakvlak aan die cockingpiece (slagpen) haaks koppel en dat daar nie enige obstruksie plaasvind nie.
Die volgende intervlakke speel die hoofrolle in die werking van n sneller.
1. Die vrylike beweging van die sneller en glipnok. Geen onnodige sywaartse spelings of haakplekke nie.
2. Die kontakvlakke van die glipnok bo-op die sneller, lekker glad en geen haakplekke.
3. Die oppervlakke van die glipnok waar hy aan die slagpen haak, weereens, lekker glad en haaks.

Die Musgrave sneller kan met TLC werklik n juweel wees.
2lb breekslag was algemeen.
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: RSA enkelskoot sneller

Post by Hein M. »

Charles.308 wrote: Hein,wanneer kry ons fotos van geweer upgrade?  Is daar n verandering met die nuwe sneller teenoor die oue en wat se maak is die nuwe sneller? Ek het nog die ou musgrave sneller en is happy met hom,hy is better as die sneller wat op my .308 Bruno is-ZKK601(Hairtrigger)
Hallo Charles

Jammer vir die no-show die afgelope paar dae.  Kom nie by die forum uit nie...

Die rede hoekom ek aan die sneller laat werk is omdat hy baie swaar trek.  Die smid doen presies wat Daan hierbo beskryf - en hy het het baie ervaring daarmee. Die RSA se sneller is goed genoeg en ek gaan nie R800+ spandeer op 'n ander sneller nie.  Ek haat ook hairtriggers - is te gevaarlik met my lomp vingers...

Ek gaan haal die geweer binnekort en sal beslis 'n paar foto's opsit.  Ek het al 60 patrone - met verskillende ladings gelaai ;D en kan nie meer wag om lood te gooi nie.

Mooiloop!

Hein


NS!  Mensig Daan.  Jy MOET jou kennis op skrif begin sit.  Jy is lewende Africana.
Last edited by Hein M. on Thu Jan 17, 2013 10:03 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: RSA enkelskoot sneller

Post by tripodmvr »

Daan Els

Dankie vir raad om die sneller mooi glad te kry. Sal 'n bietjie 'n hand op my 243 moet lê.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: RSA enkelskoot sneller

Post by Daan Els »

Stem saam met Hein, jy kan met bietjie moeite n lekker "skoon breek" sneller he.
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Post Reply